AFGRI
BEAN
07 Des
-
9350
0,00
CORN
07 Des
-
4415
0,00
SOYA
07 Des
-
10510
0,00
SUNS
07 Des
-
10700
0,00
WEAT
07 Des
-
6654
0,00
WMAZ
07 Des
-
4924
0,00
YMAZ
07 Des
-
4770
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Sneeu en swaar reën volgende week verwag

akkreditasie
'n Sneeubedekte landskap by Aarfontein in die distrik Fraserburg. Foto: Esgee Botha
'n Sneeubedekte landskap by Aarfontein in die distrik Fraserburg. Foto: Esgee Botha
Nadat goeie reën gister oor dele van die Wes-Kaap uitgesak het en sneeu vanoggend op die berge tussen Ceres en Worcester lê, moet Suid-Afrikaners hulself staal vir sterk frontale stelsels wat aan die begin van volgende week oor Suid-Afrika gaan beweeg.

Mnr. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige, sê volgens voorspellings word swaar reën van meer as 30 mm oor die Wes-Kaap, asook die Weskusgebiede tot so ver as die suidelike grens van Namibië van Maandag (12 Julie) af verwag.

Redelike swaar sneeuneerslae is moontlik vanaf Maandag oor die suidelike bergreekse van Suid-Afrika, wat insluit die berge van die Wes-Kaap, die suidelike bergreekse van die Noord-Kaap en die berge in die Suid- en Oos-Kaap. Teen laat Maandag kan die sneeu uitbrei na die suidelike Drakensberge op plekke soos Barkly-Oos, Elliot en Maclear. Dit lyk na die swaarste sneeuneerslae vir die winter tot op hede.

Baie koue toestande met minimum temperature onder -5 °C, en selfs so laag as -10 °C, is oor die sentrale en suidelike dele van die binneland moontlik van ongeveer Maandag tot volgende Vrydag. Minimum temperature onder vriespunt kan vir die eerste keer hierdie winter oor die noordelike dele van die land voorkom en rypskade veroorsaak. Ligte reën is ook moontlik, wat die gevaar vir kleinveeboere verhoog.

Vee en rypskade

Van den Berg maan boere om veral versigtig te wees vir veevrektes as gevolg van die koue toestande. Veral in die Oos-Kaap en aangrensende dele van die Vrystaat, KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap, asook die suidelike dele van die Noord-Kaap kan baie gevaarlike toestande van Maandag af voorkom.

Gevaarlike toestande vir veral kleinvee-vrektes is nat, koue en winderige weer. Boere moet toesien dat hul vee voldoende beskut is.

Baie koue toestande kan rypskade aan jong vrugte- en neutbome veroorsaak. Jong en onbeskutte bome en wingerdstokke kan vrek van die koue.

Hy sê in veral die noordelike dele van Suid-Afrika wat tot dusver hierdie winter nog nie baie koue toestande ervaar het nie, kan groente en sitrus rypskade opdoen. Maandag en Dinsdag gaan die koue die ergste wees. 

* Sneeu het Maandagmiddag in die distrik Ceres begin val. 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.13
+1.2%
Rand - Pond
20.92
+0.5%
Rand - Euro
18.00
+0.8%
Rand - Aus dollar
11.53
+0.6%
Rand - Jen
0.13
+0.7%
Goud
1,787.23
+0.9%
Silwer
22.73
+2.4%
Palladium
1,857.50
+0.4%
Platinum
1,008.50
+1.8%
Brent-ruolie
79.35
-4.2%
Top-40
67,863
-0.8%
Alle aandele
74,011
-0.7%
Hulpbronne 10
73,204
-1.1%
Industriële 25
90,783
-0.7%
Finansiële 15
15,619
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Avontuurlustig ⛄️🚣🏼‍♀️🚴🏍🛶⛱🎢🏖⛺️
Ek glo daarin om te lewe, nie net te bestaan nie! Die buitelug en avonture maak my opgewonde, asook die vermoë om die "klein dingetjies" raak te sien en te waardeer....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot