AFGRI
BEAN
26 Nov
-
7600
0,00
CORN
26 Nov
-
3615
0,00
SOYA
26 Nov
-
7427
0,00
SUNS
26 Nov
-
11170
0,00
WEAT
26 Nov
-
6202
0,00
WMAZ
26 Nov
-
3420
0,00
YMAZ
26 Nov
-
3651
0,00
AMT
Beeste A2/3
12 Nov
-
53,56
-0,07
Beeste AB2/3
12 Nov
-
51,91
-0,45
Beeste B2/3
12 Nov
-
49,04
-0,89
Beeste C2/3
12 Nov
-
46,15
0,38
Bevrore Hoender
12 Nov
-
29,34
0,37
Bokkies (onder 30 kg)
12 Nov
-
66,06
-1,00
Bokooie
12 Nov
-
46,92
1,10
Groot (meer as 40 kg)
12 Nov
-
39,53
-1,69
Hoender (IQF)
12 Nov
-
27,78
1,63
Medium (30-40kg)
12 Nov
-
54,15
0,97
Pork Average
12 Nov
-
27,78
-0,41
Poultry Average
12 Nov
-
29,22
0,77
Skaap A2/3
12 Nov
-
84,63
-0,14
Skaap AB2/3
12 Nov
-
75,86
0,10
Skaap B2/3
12 Nov
-
72
0,11
Skaap C2/3
12 Nov
-
69,61
-0,41
Speenkalf
12 Nov
-
40,08
-1,39
Spekvarke
12 Nov
-
29,62
0,34
Stoorlammers
12 Nov
-
45,41
-0,52
Varkwors
12 Nov
-
22,96
-0,51
Vars Hoender
12 Nov
-
30,54
0,29
Vleisvarke
12 Nov
-
27,62
-0,45
Wol (skoon)
12 Nov
-
167,2
-2,88

Só help landbou om hongeres te voed (en jy kan ook help!)

akkreditasie
Die Covid-19-inperking het duisende van ons land se gesinne sonder inkomste en gevolglik basiese lewensmiddele gelaat. Die Suid-Afrikaanse boerderygemeenskap skenk kos om die voedselnood te help verlig.
Die Covid-19-inperking het duisende van ons land se gesinne sonder inkomste en gevolglik basiese lewensmiddele gelaat. Die Suid-Afrikaanse boerderygemeenskap skenk kos om die voedselnood te help verlig.
Unigrain, die bekende graanhandelshuis, is een van ’n aantal landboubesighede wat druk besig is met planne om kos van Suid-Afrikaanse boere na van die land se weerloostes te kry te midde van die Covid-19-krisis wat talle mense sonder inkomste laat.

Unigrain se welwillendheidsfiliaal, Grain Care, het reeds begin om skenkings van graanboere te koördineer. Volgens mnr. Gert van der Walt, uitvoerende hoof van Unigrain, gaan ’n folio-nommer by al die groot silo’s geskep word waarin produsente skenkings kan bemaak.

“Dit maak ’n mens nederig om te sien hoe barmhartig ons boere kan wees in tye waar soveel van ons mense erg swaar kry. En die swaarkry gaan nog geruime tyd aanhou,” sê hy. Unigrain se inisiatief is die jongste in die #PayFoodForward-veldtog, wat van stapel gestuur is om momentum te gee aan wat die landbou reeds doen om behoeftige Suid-Afrikaners by te staan. Verskeie videos is al op sosiale media geplaas wat die landbousektor bedank vir sy belangrike rol in dié tyd.

MOMENTUM

Terwyl duisende Suid-Afrikaners reeds sonder inkomste en dus ook kos sit, het talle boere van reg oor die land reeds welwillendheidsorganisasies van kosskenkings voorsien. In die Wes-Kaap is meer as 5 ton vars produkte aan die FoodForward SA, ’n welwillendheidsorganisasie wat uit varsproduktemarkte werk, geskenk.

Op Swellendam het sitrusboere meer as 100 ton vrugte aan die munisipaliteit geskenk, terwyl die landboubesigheid SSK ook ruim skenkings gemaak het. Die absolute noodsaaklikheid om sulke welwillendheidspogings te steun en momentum te gee was vir Brand Republic, die vervaardiger van onder meer die Landbouweekliks-TV-reeks, sentraal tot die skep van die #PayFoodForward-veldtog, wat reeds die ondersteuning van Landbouweekblad en Graan SA geniet.

“En dit is net die begin. Die landbou gaan hopelik pens en pootjies in die projek inklim. Ons moet die momentum van dié welwillendheidsprojekte help bou. Te veel van ons mense gaan nog bitter swaar kry,” sê mnr. Werner Scholtz, uitvoerende hoof van Brand Republic.

AANSOEKE STROOM IN

Volgens me. Jacqueline van der Walt, hoof van Grain Care, stroom die aansoeke om voedselhulp reeds in van hul bestaande netwerk van meer as 150 welwillendheidsorganisasies. Sy gee die versekering dat Grain Care ’n geregistreerde welwillendheidsorganisasie is wat jaarliks ekstern ge-oudit word om te ver- seker alle skenkings word doeltreffend aangewend.

“Produsente sal ’n skenkingsdokument van Unigrain ontvang waarop die folio-nommer aangebring sal word. Die produsent kan dan sy skenking op hierdie folio-nommer lewer en Unigrain sal die verhandeling van die graan behartig. Die geld sal aan Grain Care bemaak word en binne Grain Care sal dit aangewend word om verligting aan behoeftige mense te bring. “Ons netwerk van begunstigde-organisasies strek landswyd en selfs tot in ons buurlande.”

Skenkings aan Grain Care is belastingaftrekbaar. FoodForward SA neem ook skenkings van boere. Dié welwillendheidsorganisasie samel sedert 2009 surplus vars produkte en verwerkte voedsel vanaf varsproduktemarkte, supermarkte en fabrieke in en versprei dit landswyd aan behoeftiges deur meer as 850 ander welwillendheidsorganisasies. Via ander organisasies verskaf FoodForward SA daagliks ontbyt aan meer as 50 000 kinders.

Volgens mnr. Andy du Plessis, besturende direkteur van FoodForward SA, is hulle tans oorval met aansoeke vir skenkings, maar eweneens het talle produsente hulle reeds gekontak om produkte te skenk. “Die skenkings van vars vrugte en groente verhoog die voedingswaarde van die voedsel wat ons aan die kwesbare mense in gemeenskappe kan gee en tans is dit ongelooflik belangrik. “Ons is baie dankbaar vir die skenkings wat produsente maak.”

Die skenkings word hoofsaaklik aan ouetehuise, weeshuise, kinders wat met MIV en vigs leef, en ander behoeftiges versprei. FoodForward SA het ’n gevestigde landwye netwerk met verspreidingsentrums in ses van die nege provinsies waar welwillendheidsorganisasies skenkings kan optel en verder versprei.

FoodForward SA is ’n geregistreerde welwillendheidsorganisasie en skenking aan hom is belastingaftrekbaar. Vir nog inligting, kontak Anél Knoetze by 011 278 2144 of graincare@unigrain.co.za, of FoodForward SA by www.foodforwardsa.org of info@foodforwardsa.org.

PayFoodForward logo
#PayFoodForward

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.27
-1.9%
Rand - Pond
21.71
-0.0%
Rand - Euro
18.42
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.0%
Rand - Jen
0.14
+0.2%
Goud
1,792.60
0.0%
Silwer
23.13
0.0%
Palladium
1,751.49
0.0%
Platinum
955.50
0.0%
Brent-ruolie
72.72
-11.6%
Top-40
62,411
-2.6%
Alle aandele
68,615
-2.8%
Hulpbronne 10
64,074
-2.5%
Industriële 25
92,909
-1.3%
Finansiële 15
12,995
-6.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Pensionaris / Wewenaar soek gepaste pasmaat vir n langtermyn verhouding
Is n ekstrovert met redelike algemene kennis van sake van belang. Hou van persoonlike kontak - is n " aanraakmens" wat soms lighartig kan wees om spanning te verlig....
Opgewekte boskind!!
I am fun to be with and am full of joy! Painting is my favorite hobby and I also enjoy dancing!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot