AFGRI
BEAN
07 Des
-
9350
0,00
CORN
07 Des
-
4415
0,00
SOYA
07 Des
-
10510
0,00
SUNS
07 Des
-
10700
0,00
WEAT
07 Des
-
6654
0,00
WMAZ
07 Des
-
4924
0,00
YMAZ
07 Des
-
4770
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

KYK! Só het boere Kliprivier lanklaas sien loop

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
’n Land naby die Kliprivier in die Heilbron-omgewing lê onder water ná minstens 100 mm se reën Vrydagnag. Die foto is uit ’n vliegtuig geneem. Foto: Frans Muller
’n Land naby die Kliprivier in die Heilbron-omgewing lê onder water ná minstens 100 mm se reën Vrydagnag. Die foto is uit ’n vliegtuig geneem. Foto: Frans Muller
Die Kliprivier naby Heilbron in die Vrystaat het sy walle die derde keer dié seisoen oorstroom.

Minstens 100 mm het Vrydagnag in die Heilbron-omgewing in die Vrystaat geval en die Kliprivier ver buite sy normale wydte laat loop.

Mnr. Danie Myburgh, wat saam met sy pa, Marius, en broer, Alzan, op Boomplaas boer, sê hy kan net van een vorige keer onthou wat die rivier só wyd geloop het.

Die Myburghs het 100 mm se reën gemeet. “Van die boere in die omgewing het eenuur laasnag hul meters gaan uitgooi.” Boere wie se reënmeters meer as 100 mm kan meet, het sowat 150 mm gemeet.

Die Myburghs boer met mielies, soja, sonneblom, skape en beeste. Myburgh sê hulle het in die nag 19 lammers weens die reën verloor.

Dit het vanjaar al minstens 600 mm by hulle gereën en Myburgh sê die Kliprivier het al drie keer sy walle oorstroom. Die veld lyk baie mooi danksy die baie reën.

“Plek-plek is ons mielies mooi, maar plek-plek is daar lelike versuipskade. Waar die sandkolle is, is daar meer versuipskade, en waar die swaarder kolle is, is die mielies mooier. Dit is moeilik om nou al te bepaal hoe groot die skade is.”

kliprivier
Die Kliprivier het baie lanklaas só sterk geloop. Foto: Danie Myburgh
kliprivier
Só het die Kliprivier Saterdag by Boomplaas in die Heilbron-omgewing gelyk.Foto: Danie Myburgh
heilbron
Die Myburghs het in die nag 19 lammers weens die reën verloor. Foto: Verskaf
kliprivier
Wanneer ’n mens na dié foto van die Kliprivier op Boomplaas in die Heilbron-omgewing kyk, wat ‘n tyd gelede geneem is, besef jy hóé wyd die rivier Saterdag geloop het. Foto: Danie Myburgh

Ná laasnag se baie reën, wat gelukkig deur die nag geval het en nie in ’n kort tydperk nie, is paaie in die omgewing onder water en Myburgh sê daar is van hul plase wat hulle vandag nie kan bereik nie.

Mnr. Frans Muller van die plaas Stillerust in die omgewing van die Hoogte-silo sê hy en ’n ander boer het vanoggend vir mekaar gesê dit het “100 mm plus” gereën, en “die plus is die eintlike ding”.

Om 100 mm se reën te kry, is nie so ongewoon nie, maar dis ongewoon dat alles so besonder nat is. Vir die hoeveelheid reën wat al die seisoen geval het, is die skade eintlik min, sê Muller, wat ’n gemengde boerdery het.

Muller en sy vrou, Cathy, het vanoggend oor die omgewing gaan vlieg. “Ons sal nie sommer gou weer die Kliprivier só wyd sien loop nie.” Die water loop na die Vaaldam.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.16
+1.0%
Rand - Pond
20.95
+0.4%
Rand - Euro
18.03
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Goud
1,787.50
+0.9%
Silwer
22.73
+2.4%
Palladium
1,854.00
+0.2%
Platinum
1,007.50
+1.7%
Brent-ruolie
79.35
-4.2%
Top-40
67,863
-0.8%
Alle aandele
74,011
-0.7%
Hulpbronne 10
73,204
-1.1%
Industriële 25
90,783
-0.7%
Finansiële 15
15,619
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom ons geniet die lewe
Ek is n baie liefdevolle vrou Hou van stap tennis speel. Bak en brou graag, verf doen allerhande kreatiewe goed Hou van uithaal. Mal oor die see Eenvrou man .
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot