AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Só kan bek-en-klouseer versprei

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
VOORSORG. ’n Voertuig word voor ’n veiling ontsmet om die verspreiding van bek-en-klouseer te voorkom. Foto: JASPER RAATS
VOORSORG. ’n Voertuig word voor ’n veiling ontsmet om die verspreiding van bek-en-klouseer te voorkom. Foto: JASPER RAATS
Verskeie gerugte doen tans die ronde oor hoe bek-en-klouseer kan versprei. Dr. Chris van Dijk, ’n spesialisveearts, gee meer duidelikheid hieroor.

Die virus wat bek-en-klouseer veroorsaak, kan regstreeks of onregstreeks versprei. Die meeste gevalle van regstreekse oordraging vind plaas wanneer diere met gesplete hoewe, wat van nature vatbaar vir die siekte is, in aanraking kom met diere wat besig is om die virus af te skei.

Die siekte kan ook onregstreeks versprei word deur voertuie (bande of laaibakke), mense (wat byvoorbeeld die virus vir tot 48 uur in die boonste lugweg kan dra), klere soos oorpakke, instrumente soos neustange, voer, ongepasteuriseerde melk en deur die lug deur klein druppeltjies wat in suspensie is. “Ander diere, veral wild, en voëls kan moontlik verantwoordelik wees vir meganiese oordraging.”

Faktore wat volgens hom bydra tot die verspreiding van bek-en-klouseer is:

  • Die hoeveelheid (konsentrasie), duur en metode hoe die virus in die omgewing beland;
  • Die vermoë van die virus om buite die liggaam van ’n dier te oorleef; en
  • Die konsentrasie van die virus benodig om ’n volgende dier siek te maak.

In diere waar die virus in die liggaam sirkuleer en aktief verdeel, kan die virus deur liggaamsvloeistowwe (speeksel, urine, mis, semen en melk) uitgeskei word tot twee weke nadat die dier besmet is. “Siek diere se speeksel bevat gewoonlik baie hoë vlakke van die virus, wat drinkwater kan besmet.”

Daar is volgens hom ook ’n verskil in uitskeiding tussen die verskillende tipes bek-en-klouseervirusse. Hierdie uitskeiding begin reeds vier dae of meer voor enige kliniese tekens getoon word. “Om hierdie rede is dit moeilik om ’n besmette dier te identifiseer voordat daar kliniese tekens is. Daarom is die moontlike verspreiding van die virus deur ongepasteuriseerde melk veral kommerwekkend.”

Hy sê varke wat besmet is, skei baie meer van die virus uit as byvoorbeeld beeste.

Draerdiere is volgens hom dalk die grootste probleem as dit by virusuitskeiding kom. “Draerdiere is diere waarin die virus vir meer as 28 dae ná die aanvanklike besmetting in die sagte verhemelte, farinks en eerste gedeelte van die slukderm oorleef. Beeste, skape, bokke, buffels en ander wild kan draers wees. Varke en kamele word gewoonlik nie draers nie.”

Hy sê in tot 20% van draerdiere kan die virus langer as ’n jaar oorleef.

Oorlewing van virus buite diere

Volgens hom is die virus baie gevoelig vir suur en alkaliese oplossings. Oplossings met ’n pH van minder as 6 of meer as 10 vernietig baie van die virusse. “Nadat diere geslag is, word melksuur binne 48 uur in die spiere gevorm en verlaag die pH van die vleis tot tussen 5,5 en 6 wat die vleis in die meeste gevalle vry van die virus maak.

“Die probleem is dat hierdie pH-verandering nie in limfknope plaasvind nie. Die virus kan tot 120 dae in die limfknope oorleef. Dieselfde geld die beenmurg en die groot bloedvate.”

Van Dijk sê die virus kan in vleis oorleef wat nie voldoende gekook is nie. In melk kan die virus in kaseïenmolekules oorleef en selfs hitteprosesse soos onvoldoende pasteurisasie deurstaan.

“Omgewingstemperatuur het min of geen effek op die oorlewing van die virus buite die dier nie. Die virus kan egter nie oorleef by ’n humiditeit laer as 55% nie. Die virus kan ’n onbekende tydperk oorleef op hooi, veral as die humiditeit hoog is.”

Afloopwater waarin die virus voorkom, kan nog ’n bron van besmetting wees. Die moontlikheid daarvan is egter volgens hom baie minder vergeleke met regstreekse kontak weens water se verdunningseffek op die viruslading, asook organiese materiaal wat die virus vernietig.

“Vlieë kan ’n rol in die meganiese verspreiding van die virus speel, maar dit is nog nie onteenseglik bewys nie,” sê hy.

Voorkoming

Om verspreiding te voorkom, moet mense met die nodige diskresie by boere se diere toegelaat word. “Jy weet nie waar hulle was voordat hulle op jou plaas aangekom het nie. Laat hulle waterskoene dra wat met ’n geregistreerde middel ontsmet is. Moenie enige voertuie onnodig op jou plaas toelaat nie.”

Verder moet alle nuwe diere vir minstens 30 dae minstens 30 m tot 50 m weg van die bestaande kudde in kwarantyn gehou en dan ondersoek word deur ’n veearts wat die groen lig kan gee dat die diere gemeng kan word. “Slegs ’n aangewese persoon moet in die kwarantyntydperk dan met hierdie diere werk.

“As daar enige kliniese tekens is, byvoorbeeld klap van lippe, speekselloop of letsels in die bek of op die pote, moet die staatsveearts dadelik verwittig word. Bek-en-klouseer is ’n beheerde siekte en alle moontlike gevalle daarvan moet aangemeld word.”

Lees hier meer oor biosekerheidsmaatreëls.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.65
+1.0%
Rand - Pond
20.14
+0.3%
Rand - Euro
17.55
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.48
+1.2%
Rand - Jen
0.12
+1.0%
Goud
1,713.98
+0.8%
Silwer
20.95
+1.2%
Palladium
2,332.84
+4.9%
Platinum
927.50
+2.5%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,638
+3.1%
Alle aandele
66,102
+2.9%
Hulpbronne 10
64,311
+4.3%
Industriële 25
79,706
+2.8%
Finansiële 15
14,059
+1.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lus vir lekker lag
Ek is n hardwerkende man wat hou van avontuur en goeie geselskap, n lekker kuier en goeie vriende. Ek is oop vir nuwe dinge in die lewe.
Lag en leef
Ek is n liefdevolle mens en sien die positiewe altyd in mense. Die lewe is te kort om ongelukkig te wees.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot