AFGRI
BEAN
02 Feb
-
9793
0,00
CORN
02 Feb
-
4625
0,00
SOYA
02 Feb
-
9627
0,00
SUNS
02 Feb
-
11502
0,00
WEAT
02 Feb
-
6736
0,00
WMAZ
02 Feb
-
4431
0,00
YMAZ
02 Feb
-
4453
0,00

Só kan landbou en Transnet die wa deur die drif trek

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Kaapstad-hawe. Foto: Verskaf deur Transnet
Die Kaapstad-hawe. Foto: Verskaf deur Transnet
Logistieke sleutelkorridors word ondersoek met die oog op vennootskappe tussen Transnet en die private sektor.

Deur die noodsaaklikste vervoerkorridors vir landbouprodukte in Suid-Afrika te karteer hoop Agbiz om die weg te baan vir vennootskappe tussen die staat en die private sektor wat ’n einde kan maak aan bottelnekke in die bedryf se logistiek.

Mnr. Theo Boshoff, uitvoerende hoof van Agbiz, het op die onlangse Subtrop-bemarkingsimposium op Witrivier gesê Agbiz het pas ’n memorandum van verstandhouding met Transnet onderteken wat die staatsinstelling, Agbiz, produsente- en ander landbou-organisasies sal laat saamwerk om te bepaal watter volumes moet langs watter roetes vervoer word. Dit sal aandui wat die noodsaaklike roetes is en wat die belangrikste infrastruktuurbehoeftes is om logistieke vloei te verbeter.

Hy het gesê hoewel Transnet die afgelope tyd vir homself baie slegte publisiteit op die hals gehaal het, is die instelling bereid om te luister en te leer.

Agbiz het byvoorbeeld vroeër op ’n vergadering met van Transnet se bestuurslede agtergekom dat dié staatsinstelling se bestuur nie bewus is van die seisoenale verskepingsbehoeftes van die landbou nie.

Daar is aan die bestuur gewys hoe landbou die aandrywer van sekere spitstye op hawens is. In die somermaande is dit byvoorbeeld die uitvoer van tafeldruiwe en ander vrugte wat skeepsvragverkeer uit die Kaapstadhawe laat toeneem. In die winter kom die hawens in die Oos-Kaap en Durban weer onder druk omdat dit die sitrusuitvoerseisoen is.

“Deur hierdie inligting onder die Transnet-bestuur se aandag te bring stel ons hulle in staat om deeglik te beplan vir diensonderbrekings vir onderhoudswerk.”

Hulp van buite

Boshoff het gesê hoewel privatisering amper ’n vloekwoord in die Suid-Afrikaanse politiek is, is die regering bewus van sy beperkinge en besef hy dat die private sektor deel sal moet wees van die oplossings.

Die afgelope twee jaar is daar dus baie klem gelê op die noodsaaklikheid vir vennootskappe tussen die regering en private sektor.

Transnet is bereid om vennootskappe aan te gaan wat die bedryf en bestuur van infrastruktuur betref waar dit slegs spesifieke bedrywe dien. Dit kan byvoorbeeld spoortaklyne wees wat nodig is om vrugte in ’n sekere gebied op te laai.

Daar kan gekyk word na konsessies en kontrakte om lokomotiewe te bedryf wat treine haak en sleep.

Boshoff het gesê Agbiz beywer hom ook vir die uitbreiding in kapasiteit en die gedeeltelike privatisering van vraghouerterminale by hawens. Dit is egter moeiliker om daarvoor te onderhandel omdat vraghouers nie net deur die landbousektor gebruik word nie en daarom gooi Agbiz daarvoor sy gewig agter Busa, wat namens verskeie sakesektore onderhandel.

Dit kan beteken dat verskillende bedrywe aan die karteringproses deelneem om ’n groter geheelbeeld van die behoeftes en potensiële oplossings vir Suid-Afrika se logistieke probleme te kry.

Die memorandum van verstandhouding, het Boshoff gesê, gaan egter baie doen om landboubedrywe vinniger by die regte vennootskappe uit te bring en dit beter te struktureer.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.12
-0.2%
Rand - Pond
20.90
-0.0%
Rand - Euro
18.64
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.08
+0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Platinum
1,023.01
+1.2%
Palladium
1,667.07
-0.1%
Goud
1,915.10
+0.1%
Silwer
23.51
+0.2%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,629
0.0%
Alle aandele
79,802
0.0%
Hulpbronne 10
74,686
0.0%
Industriële 25
102,624
0.0%
Finansiële 15
16,551
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lekkerseergemaak
Ek wil weer geluk vind en weet hoe om die regte vrou lief te he en weet hoe om weer een gelukkige Family tw kan wees
Plain Jane
Oor die onnodige drama, wil net die lewe geniet. Goeie hart en weet wat ek uit die lewe wil he 😊
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot