“Die wisselvalligheid en fluktuasies van die marges tussen plaashekpryse en die prys wat verbruikers vir sekere voedselitems betaal, is gereeld ’n onderwerp van bespreking,” luidens die Nasionale Landboubemarkingsraad (NLBR) se November-verslag wat die wisselwerking tussen die twee pryse ondersoek.
“Die redes vir fluktuasies en die grootte van hierdie verskille kan aan verskeie faktore, soos bykomende koste, invoer en aanvraag toegeskryf word.”
Die November-verslag verskaf marges (plaashekwaardes en plaas-tot-kleinhandelprysverspreidings) van uitgesoekte noodsaaklike landbouprodukte soos suiwel, pluimvee en beesvleis van Augustus tot Oktober 2022.