AFGRI
BEAN
08 Aug
-
8940
0,00
CORN
08 Aug
-
3920
0,00
SOYA
08 Aug
-
8653
0,00
SUNS
08 Aug
-
10306
0,00
WEAT
08 Aug
-
7140
0,00
WMAZ
08 Aug
-
4195
0,00
YMAZ
08 Aug
-
4176
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
29 Jul
-
60,38
0,45
Beeste AB2/3
29 Jul
-
58,48
0,27
Beeste B2/3
29 Jul
-
54,96
0,03
Beeste C2/3
29 Jul
-
47,7
-0,33
Bevrore Hoender
29 Jul
-
30,92
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
29 Jul
-
73,56
1,33
Bokooie
29 Jul
-
52,68
3,15
Groot (meer as 40 kg)
29 Jul
-
43,74
0,12
Hoender (IQF)
29 Jul
-
29,99
-0,06
Medium (30-40kg)
29 Jul
-
58,6
1,92
Pork Average
29 Jul
-
25,84
0,52
Poultry Average
29 Jul
-
30,84
0,04
Skaap A2/3
29 Jul
-
103,69
3,19
Skaap AB2/3
29 Jul
-
87,73
0,49
Skaap B2/3
29 Jul
-
80,62
-1,33
Skaap C2/3
29 Jul
-
77,93
-0,08
Speenkalf
29 Jul
-
37,01
0,05
Spekvarke
29 Jul
-
27,46
0,21
Stoorlammers
29 Jul
-
48,06
0,15
Varkwors
29 Jul
-
21,63
-0,07
Vars Hoender
29 Jul
-
31,63
0,08
Vleisvarke
29 Jul
-
25,68
0,50

Só vang jy 'n veediefstalsindikaat

akkreditasie
Op die foto bo is ván die vee waarmee die vermeende diewe betrap is. Foto: Verskaf
Op die foto bo is ván die vee waarmee die vermeende diewe betrap is. Foto: Verskaf
Die grootskaalse veediefstal waarvan ’n jong prokureur van Pretoria, sy makker van Bela-Bela en ’n groep mans van die distrik Ermelo verdink word, gaan al vir langer as ’n maand aan.

Hulle is vroeër vandeesmaand op heter daad op ’n plaas in die distrik Breyten betrap. 

“Dit het begin met ’n klomp beeste wat vroeër op die plaas van mnr. W. Stein gesteel is,” vertel mnr. Bester Maree van ACSU Sekuriteit op Ermelo. Steenberg het sy beeste egter dadelik opgespoor waar hulle in ’n kraal sowat 45 km van sy grond af gehou is, en teruggeneem na sy plaas.

"Op 15 Maart het die diewe weer toegeslaan en 24 koeie by mnr. Sarel van der Merwe gesteel. Op 11 April keer hulle terug om nog 87 verse te steel. Intussen het Maree in samewerking met die Middelburgse veediefstaleenheid en boere in die distrik Breyten begin om inligting onder die plaaslike gemeenskappe in te win. Hulle het ’n databasis opgebou van mense wat waarskynlik by die diefstal betrokke was.

“Ons het inligting ontvang van waar hulle volgende sou toeslaan, en het hulle gaan voorlê.” 

Betroubaar

Die veediewe het opgedaag, maar die boer op wie se plaas hulle wou toeslaan het sy trekker en stroper voor die drukgang parkeer. Hulle kon dus nie die beeste laai nie en het die toneel verlaat. Dit het egter bevestig dat Maree se bronne hom van akkurate inligting voorsien, en die volgende wenk wat hulle gekry het, het tot die arrestasie van die diewe gelei.

“Ons het hulle van Donderdag 2 Mei elke aand voorgelê. Die roofbende het eers seweuur Maandagaand (6 Mei) daar opgedaag en die beeswagter aangerand en vasgebind. Maree, vergesel van twee van ACSU se bestuurders, drie boere van die distrik Breyten en twee polisielede van die veediefstaleenheid op Middelburg, het egter kalm gebly en gewag.

Die diewe het teen elfuur al die diere bymekaar gehad en vuur gemaak, waar hulle lekker gesit en kuier het tot die oggend, toe drie vragmotors en ’n dubbelkajuitbakkie opdaag. “Ek het vir die ouens gesê ons wag tot hulle twee van die vragmotors vol het en die derde een wil laai voor ons toeslaan,” vertel Maree.

Om twintig oor nege die oggend het die span tot aksie oorgegaan en ’n groep van agt mans gearresteer, onder meer die prokureur en sy makker. Drie van die vermeende diewe wat op die vlug geslaan het, is later die oggend gearresteer. 

Mnr. Jan-Spruyt Steenkamp, ’n prokureur van Pretoria, oomblikke ná sy arrestasie in verband met die beweerde betrokkenheid by veediefstal in die distrik Breyten. Foto: Verskaf

Buit

Daar is beslag gelê op 122 beeste wat reeds gelaai was en 54 beeste wat in die kraal was, reg om gelaai te word. Vragbriewe van die vorige twee vragte beeste wat gesteel is, is ook in die verdagtes se besit gevind. Dit is na die veilingkrale op Bela-Bela geneem, waar dit glo deur ’n bekende veilingshuis verkoop is.

Die vragmotors behoort aan ’n vervoerkontrakteur van Mokopane. Maree sê die kontrakteur is nie ’n verdagte in die saak nie. “Die kontrakteur het geen rede gehad om onraad te vermoed nie. Dit is nie ongewoon om vroegoggend beeste te laai nie,” verduidelik hy.

Daar is ook beslag gelê op die prokureur se vuurwapen en R95 000 kontant, wat waarskynlik as “betaling” aan die ander verdagtes vir die beeste sou dien.

Die plaaseienaar, mnr. Martiens van der Merwe, is oorlede en sy dogter het die beeste geërf. Sy woon egter nie op die plaas nie en soos in die ander gevalle het niemand onraad vermoed toe die beeste helder oordag gelaai is nie, verduidelik Maree.

Brandmerk

Mnr. Willie Clack van die nasionale veediefstalforum sê veilingshuise kyk nie altyd of die brandmerk op die diere met die besonderhede van die verkoper ooreenstem nie. Vir hulle is dit dikwels genoeg om te sien dat die diere wel ’n brandmerk op het.

“Dit is nie reg nie en dit hoort nie so nie, maar Suid-Afrikaners gaan almal meer verantwoordelikheid moet neem vir die manier waarop die land se wette gehoorsaam en onderhou word.

"Daar is byvoorbeeld net meer as sestig agente geregistreer by die Suid-Afrikaanse Federasie vir Lewende Hawe Afslaers, en boere is tevrede om met mense sake te doen wat nie geregistreer is nie. Tot dinge skeefloop. Dan soek hulle antwoorde.”

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op Whatsapp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.64
-0.2%
Rand - Pond
20.15
-0.4%
Rand - Euro
17.01
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.61
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.2%
Goud
1,791.21
+0.1%
Silwer
20.61
-0.3%
Palladium
2,198.81
-2.0%
Platinum
941.00
-0.4%
Brent-ruolie
96.65
+1.8%
Top-40
63,771
0.0%
Alle aandele
70,266
0.0%
Hulpbronne 10
65,045
0.0%
Industriële 25
85,829
0.0%
Finansiële 15
15,741
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na my lewens maat deur dik en dun en lus vir die lewe.
Ek is lief vir die buite lewe en natuur. Geniet my vriende en familie. Hou van kuier saam goeie geselskap. En ek love my braai.
êrens is jy..: Antjie Krog
Ek is opreg. Liefdevol. Getrou. Maklik. Prettig. Lief vir die lewe. Musiek. Die natuur. Wil lag. Weer lewe saam my spesiale mens. Ek is lief vir diere. Ek dink soms meer as vir...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot