AFGRI
BEAN
27 Jan
-
8209,4
209,40
CORN
27 Jan
-
3788,4
72,40
SOYA
27 Jan
-
8030
142,00
SUNS
27 Jan
-
9771
27,00
WEAT
27 Jan
-
5985
-3,00
WMAZ
27 Jan
-
3592,2
34,20
YMAZ
27 Jan
-
3680
30,00
AMT
Beeste A2/3
14 Jan
-
56,61
2,35
Beeste AB2/3
14 Jan
-
54,81
1,61
Beeste B2/3
14 Jan
-
52,96
1,07
Beeste C2/3
14 Jan
-
46,06
-1,62
Bevrore Hoender
14 Jan
-
28,5
-0,41
Bokkies (onder 30 kg)
14 Jan
-
62,54
1,93
Bokooie
14 Jan
-
44,21
0,09
Groot (meer as 40 kg)
14 Jan
-
48,55
2,07
Hoender (IQF)
14 Jan
-
26
-1,55
Medium (30-40kg)
14 Jan
-
52,27
3,21
Pork Average
14 Jan
-
27,97
0,34
Poultry Average
14 Jan
-
27,83
-1,03
Skaap A2/3
14 Jan
-
83,51
-0,65
Skaap AB2/3
14 Jan
-
76,19
-0,44
Skaap B2/3
14 Jan
-
74,22
1,03
Skaap C2/3
14 Jan
-
69,25
-0,28
Speenkalf
14 Jan
-
40,35
-0,21
Spekvarke
14 Jan
-
27,93
-0,20
Stoorlammers
14 Jan
-
40,66
-0,02
Varkwors
14 Jan
-
22,58
0,42
Vars Hoender
14 Jan
-
29
-1,13
Vleisvarke
14 Jan
-
27,96
0,36
Wol (skoon)
14 Jan
-
172,35
-8,38

Só vergelyk SA se daling in melkboere met ander lande s'n

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Carien Kruger
Foto: Carien Kruger
Suid-Afrika het soos talle ander groot melkproduserende lande duisende melkboere verloor, maar hy tel ook onder die toplande met groot stygings in die produksie van onverwerkte melk.
melkboere getalle tabel
Bron: Sampro

’n Vergelyking van die getal melkboere in 24 groot melkproduserende lande en die Europese Unie (EU) toon die daling in die getal melkboere in Suid-Afrika was van 1996 tot 2018 die vierde hoogste, maar die groei in produksie van onverwerkte melk was terselfdertyd die vierde hoogste.

Die Suid-Afrikaanse Melkprosesseerdersorganisasie (Sampro) het dié lande se getal produsente van onverwerkte melk en hul produksie in die tydperk vergelyk en sê die syfers toon dit is nie net in Suid-Afrika dat die getal produsente daal nie.

Mnre. Alwyn Kraamwinkel en Jan Theron, onderskeidelik uitvoerende hoof en ’n navorser van Sampro, sê in ’n verslag sulke dalings, waar markkragte die struktuur van die suiwelbedryf (die getal produsente en hul markaandeel) vorm, kom ook voor in lande waar die suiwelbedryf gereguleer word.

“In Kanada bestaan omvattende maatreëls, wat prysbeheer en produksiekwotas rakende onverwerkte melk, asook hoë beskerming teen invoer insluit. Dit is onder meer daarop gemik om die struktuur van die bedryf vir onverwerkte melk te handhaaf. Die prys van onverwerkte melk in Kanada is ook beduidend hoër as in Amerika en ander groot melkproduserende lande,” sê hulle.

Volgens die vergelykende syfers, gegrond op inligting in die internasionale plaasvergelykingsnetwerk (IFCN) se suiwelverslae van 2019 en 2020, het Kanada se getal melkprodusente van 23 800 in 1996 tot 10 600 in 2018 gedaal, naamlik met 55,46%. Produksie het egter in dieselfde tyd met 33,19% gestyg.

In Suid-Afrika het die getal melkboere in dié tyd van sowat 8 000 tot 1 400 gedaal (82,5%) en produksie het met 80,86% gestyg. Die TABEL toon die syfers van die EU en lande, buiten Suid-Afrika, waar die getal melkprodusente met meer as 70% gedaal het, asook die persentasie verandering in produksie.

Kleiner dalings in melkboergetalle het in onder meer Nieu-Seeland voorgekom, naamlik 18,37%, en daar het produksie met 111,86% gestyg. In Mexiko en Ierland het die getal produsente met onderskeidelik 22,69% en 30,17% gedaal en produksie het met onderskeidelik 58,23% en 65,19% gestyg. (Ierland se syfers is net vanaf 2002 beskikbaar.) 

Koöperasies se impak

“Die afname in die getal produsente van onverwerkte melk het ook plaasgevind in lande waar koöperasies, waarvan die produsente lede is, groot produsente van verwerkte melk en vervaardigers van ander suiwelprodukte is. Die bestaan van koöperasies integreer die sakebelange van die entiteite wat onverwerkte melk produseer (boere) en die entiteite verantwoordelik vir die produksie van verwerkte melk en die vervaardiging van die ander suiwelprodukte (verwerkers),” sê Kraamwinkel en Theron.

Die implikasie hiervan is volgens hulle dat melkboere beduidende bedingingsmag het rakende onder meer die prys van onverwerkte melk, maar dat dié mag nie die daling in die getal melkboere in die betrokke lande voorkom het nie. 

Daling lyk onvermydelik

Dit is volgens Kraamwinkel en Theron dus duidelik dat die daling in die getal produsente van onverwerkte melk in die betrokke lande nie voorkom is nie deur omvattende regeringsingryping deur maatreëls soos produksiekwotas, prysbeheer en hoë beskerming teen invoer, gemik op die handhawing van die struktuur van die suiwelbedryf; hoë pryse vir onverwerkte melk; en/of integrering van die sakebelange betrokke by die produksie van onverwerkte melk (boere), verwerkte melk en ander suiwelprodukte (verwerkers) nie.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.29
+0.3%
Rand - Pond
20.54
+0.6%
Rand - Euro
17.12
+0.7%
Rand - Aus dollar
10.84
+0.6%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Goud
1,813.56
-0.3%
Silwer
23.25
-1.1%
Palladium
2,342.14
+0.3%
Platinum
1,030.50
-0.4%
Brent-ruolie
89.96
+2.0%
Top-40
66,568
-1.2%
Alle aandele
72,959
-1.1%
Hulpbronne 10
74,557
-0.9%
Industriële 25
90,010
-1.6%
Finansiële 15
14,828
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Rustige, standvastige natuur en reis liefhebber, kom jy saam?
Ek sal sê ek het oor die jare meer rustig geraak maar ver van gevrek af. Hou van goeie geselskap maar ook net stilte. Ek hou van braai met 'n wyntjie of so iets, amateur...
Voltooi my sirkel
Eks n vriendelike outgoing mens - As ek van jou hou. 😜L Lag baie Omgee mens MAl oor dans. 3 dogters
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot