AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Soete sukses danksy Tongaat Hulett en Sefa se vennootskap

akkreditasie
Mnr. Khumbulani Mthethwa. Foto: Verskaf
Mnr. Khumbulani Mthethwa. Foto: Verskaf
Tongaat Hulett se ses-jaar-diensvlakooreenkoms met die kleinsakefinansieringsagentskap (Sefa) het vrugte afgewerp vir 68 kwekers en kontrakteurs, asook 652 werksgeleenthede in KwaZulu-Natal geskep. Dit sluit einde vandeesmaand af.

Die ooreenkoms is in 2014 aangegaan. Sefa het R50 miljoen kapitaal verskaf as ’n vergunningslening vir Tongaat Hulett se swart kwekers en kontrakteurs.

Me. Nkonzo Mhlongo, korporatiewe sakebestuurder by Tongaat Hulett, sê die maatskappy het nou met aansoekers vir lenings saamgewerk om te verseker dat die nodige dokumentasie in orde is sodat hulle die beste kans op ’n suksesvolle aansoek kon hê wanneer hul aansoeke aan die kredietkomitee oorhandig is.

Benewens die hulp wat aan kwekers gegee is en die nuwe werksgeleenthede wat geskep is, het die feit dat dit ’n langtermynlening was gelei tot die behoud van 998 werksgeleenthede vir kwekers en kontrakteurs.

Gedurende die ooreenkoms se termyn is R39,5 miljoen uitbetaal aan swart kwekers en kontrakteurs om boerderye uit te brei en die nodige gereedskap aan te koop. Van die lenings wat terugbetaal is, is gebruik om lenings vir ander aansoekers te finansier. Gedurende die eerste jaar van die ooreenkoms is R20 miljoen uitbetaal. Weens die droogte in KwaZulu-Natal is gedurende die 2015-’16- en 2016-’17-boekjaar minder lenings uitbetaal.

Mnr. Jack Govender, een van die ontvangers van ’n lening, boer met suikerriet op die plaas Clifton by Amatikulu. Hy is ook ’n oeskontrakteur en karweier van 34 000 ton suikerriet per jaar.

Hy het by Sefa om ’n lening aansoek gedoen omdat die goedkeuringsproses vinniger verloop vergeleke met ander banke. Hy het R800 000 met sy eerste aansoek en ’n verdere R800 000 met ’n tweede lening ontvang. Hy het die voorskot gebruik om gereedskap vir die voorbereiding van die grond op sy plaas van 320 ha te koop en die onderhoud van die riete se wortels en uitlope aan te spoor.

Danksy Sefa is 25 werksgeleenthede op sy plaas geskep en is die plaas se produksie ook verhoog.

Nog ’n ontvanger van ’n lening, mnr. Rodney Mbuyazi, is ’n begunstigde van grondhervorming wat sy besproeiingsplaas in 2007 deur die Pals-program bekom het. Hy boer op die plaas Concur, ’n plaas van 120 ha by Heatonville in die distriksmunisipaliteit King Cetshwayo.

Hy het besluit om weens bedryfsbeperkings om ’n lening aansoek te doen. “Concur is in ’n besproeide gebied, maar daar was geen besproeiing op die plaas self nie. Ek het probeer om finansiering deur handelsbanke te bekom, maar my aansoeke is verwerp. Sefa se aansoekproses was eenvoudiger.”

Mbuyazi het ’n lening van R899 000 ontvang om besproeiingspype te lê, nuwe landerye op sy plaas te beplant en die wortels en uitlope te onderhou. Dit het hom in staat gestel om 20 werksgeleenthede op sy plaas te skep.

Mnr. Khumbulani Mthethwa, nog ’n begunstigde, besit twee plase van onderskeidelik 271 ha en 119 ha wat onder die naam Mvelenhle Farming bestuur word. Hy is ook ’n oeskontrakteur wat sowat 270 000 ton suikerriet per jaar vir boere in die kommunale gebiede van die distriksmunisipaliteit Ilembe oes.

Standard Bank het hom gehelp om een van sy plase in 2011 te koop. Weens klimaatsomstandighede was die meeste banke huiwerig om aan boere in die omgewing verdere finansiering te verskaf.

In 2014 het hy 50% van die finansiering wat hy nodig gehad het, by die Black Business Supplier Development-program kry en het Sefa vir die ander 50% genader. Sefa het ’n lening van R1,6 miljoen aan hom toegestaan. Hy het trekkers, sleepwaens en ander werktuie daarmee gekoop. Hy kon ook van 80 tot 120 seisoenale werkers in diens neem en 15 permanente werkers behou.

Danksy Tongaat Hulett se betrokkenheid en begrip van die komplekse omstandighede waaronder kwekers moet werk, is sy terugbetalingstydperk van drie jaar verleng omdat hy hard deur die 2014-’15-droogte getref is.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.54
+0.1%
Rand - Pond
21.57
+0.1%
Rand - Euro
18.48
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.92
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Goud
1,797.91
0.0%
Silwer
23.15
0.0%
Palladium
1,900.00
0.0%
Platinum
1,020.00
0.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Goeie
Goeie sin vir himor, baie eerlik, hou van die bosveld dan die see en wil net mens wees. en lewe nie alleen oud word Nie.
Kom ons kyk wat wag
Ek is opreg met n goeie hart maar kan lekker Hardkoppig wees. Ek aan vaar ook iemand nes hulle is moet nooit iemand verander nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot