AFGRI
BEAN
09 Des
-
9600
95,00
CORN
09 Des
-
4405,4
14,40
SOYA
09 Des
-
10400
72,00
SUNS
09 Des
-
10530
69,00
WEAT
09 Des
-
6751
-13,00
WMAZ
09 Des
-
4780
-31,00
YMAZ
09 Des
-
4730
-2,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Somber November: Einde van tabakbedryf?

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Johan van der Merwe
Foto: Johan van der Merwe
Daar word gevrees dat die begin van die einde van die tabakbedryf se totale waardeketting aangebreek het.

Die tabakbedryf bevind hom volgens die Suid-Afrikaanse tabaktransformasie-alliansie (Satta) in “Somber November”, sy donkerste periode nog. Daar word gevrees dat dit die begin van die einde vir die plaaslike bedryf kan beteken.

Luidens ’n verklaring deur Satta het die maand begin met die navorsingsmaatskappy Ipsos se bevindinge oor onwettige tabakhandel wat daarop dui dat dié sektor buite beheer is. Volgens die bevindinge verkoop drie uit elke vier winkels in die Vrystaat (76%) en die Wes-Kaap (77%) onwettige sigarette en kan onwettige sigarette in die helfte van die land se winkels gevind word.

Ipsos se bevindinge is opgevolg met die publikasie van navorsing deur Tax Justice South Africa (TJSA) wat bevind het dat winkeleienaars onwettige sigarette verkoop teen tot vier keer minder as die wettig haalbare prys in 96% van die winkels wat hulle in Kaapstad, Johannesburg en Pretoria besoek het. Om die situasie te vererger, stort onwettige vervaardigers groot bokse wat elk 500 pakkies bevat, teen uiters lae pryse op die mark.

TJSA het bevind handelaars is nie bang vir die polisie of die Suid-Afrikaanse Inkomstediens nie, selfs al is dit duidelik dat geen aksynsbelasting betaal is nie omdat die sigarette verkoop word vir so min as R6 per pakkie, ’n fraksie van wat net dié belasting sou gewees het. Dié pryse is volgens TJSA amper 20% laer as verlede jaar, wat dui op ’n prysoorlog in die onwettige handel.

30 boere besighede kwyt

Die gevolg van die onwettige handel is dat minstens 30 van Satta se lede, almal swart boere in Mpumalanga en Limpopo, die afgelope paar maande hul besighede kwyt is weens ’n afname in die wettige handel van sigarette. Dit beteken daar is nie meer genoegsame vraag na die tabak wat hulle kweek nie.

Volgens Satta is dit ironie dat, terwyl die handelaars van onwettige sigarette soos ’n georganiseerde misdaadnetwerk funksioneer, is die tabakbedryf een van die mees gereguleerde bedrywe in die Suid-Afrikaanse ekonomie. Produksie by vervaardigingsaanlegte moet gemeet word, daar is beheermeganismes rondom advertering en baie spesifieke vereistes vir die hoeveelheid aksynsbelasting wat die wettige boere, verwerkers en vervaardigers moet betaal.

“Die onwettige handelaars hoef nie daaroor bekommerd te wees nie. Hulle is onbeperkte toegang tot die mark gebied gedurende die belaglike covid-19-verbiedinge op die handel van sigarette en maak sedertdien geld soos bossies.”

Satta sê die situasie raak nie net boere nie, maar ook werkers regdeur die tabakbedryf se waardeketting wat nou deur ’n droewige toekoms in die gesig gestaar word. Daarom moet die regering volgens Satta duidelikheid gee oor of dit werklik verbind is tot optrede teen die onwettige handel van sigarette en die vervolging van die misdadigers wat daarby betrokke is.

“Wat sê die Suid-Afrikaanse regering aan boere wat hul besighede verloor het, hul gesinne en afhanklikes? Wat sê die regering oor die dood van ’n belangrike landbou-inisiatief wat probeer het om waardigheid en trots aan swart Suid-Afrikaanse boere te gee? Gee die regering om? Of sal ons Somber November verbygaan soos elke ander maand en gevolg word deur Somber Desember, Somber Januarie en uiteindelik ’n Somber Ewigheid?”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.36
-1.1%
Rand - Pond
21.29
-1.3%
Rand - Euro
18.29
-0.9%
Rand - Aus dollar
11.81
-1.5%
Rand - Jen
0.13
-1.2%
Goud
1,797.73
+0.5%
Silwer
23.50
+1.9%
Palladium
1,963.22
+1.7%
Platinum
1,030.76
+2.1%
Brent-ruolie
76.15
-1.3%
Top-40
68,351
+0.1%
Alle aandele
74,548
+0.1%
Hulpbronne 10
73,315
-0.7%
Industriële 25
92,605
+1.0%
Finansiële 15
15,401
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Ek soek my sielsgenoot, die een wat by my sal pas
Ek is baie saggeaard en my liefde vir my familie en diere vorm deel van wie ek is. Glo dat God ons nie gemaak het om alleen te wees nie
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot