AFGRI
BEAN
07 Des
-
9350
0,00
CORN
07 Des
-
4374
-41,00
SOYA
07 Des
-
10400
90,00
SUNS
07 Des
-
10700
0,00
WEAT
07 Des
-
6620
-34,00
WMAZ
07 Des
-
4920
-4,00
YMAZ
07 Des
-
4724
-16,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Somer-oeste lyk al hoe beter

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Willem van den Berg
Foto: Willem van den Berg
Die tweede produksieskatting vir somergewasse het pas getoon dat Suid-Afrika die vrees van swak opbrengste weens baie reën aan die begin van die seisoen nou in ’n groot mate kan afskud.

Die verwagte oesgrootte van die vernaamste somergewasse is weer opwaarts aangepas.

Die jongste skatting van die nasionale oesskattingskomitee (NOK) toon dat die grootte van die verwagte kommersiële mielie-oes nou 14,7 miljoen ton is, wat 1% meer is as die vorige skatting, maar steeds 10% kleiner as verlede jaar se oes. Die produksieskatting van sojabone is verhoog met 3,5% tot 1,9 miljoen ton en die skatting vir sonneblomsaad is 959 000 ton, wat 5% meer is as die vorige skatting.

Mnr. Wandile Sihlobo, hoofekonoom van die landbousakekamer Agbiz, sê in sy reaksie op die skatting al is die mielie-oes heelwat laer as verlede jaar, is dit steeds ’n goeie oes wat aansienlik meer is as die tienjaar-gemiddelde van 12,8 miljoen ton. Dit is ook aansienlik meer as die jaarlikse verbruik van 11,8 miljoen ton.

“Die afname teenoor verlede jaar is hoofsaaklik weens ’n afname in aanplantings en laer opbrengste wat in sommige gebiede verwag word. Suid-Afrika sal egter ’n netto uitvoerder bly in die 2022-’23-bemarkingsjaar wat in Mei begin.”

Die hersiene skatting van die oppervlakte onder mielies is 2,6 miljoen ha, terwyl die verwagte opbrengs 5,6 t/ha is. Sowat 7,6 miljoen ton is witmielies en 7,1 miljoen ton is geelmielies. Die drie belangrikste mielieproduserende gebiede, die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes, gaan na verwagting 82% van die 2022-oes produseer.

Die sojaboonoes sal na verwagting die tweede grootste in die geskiedenis wees: 1% kleiner as verlede jaar. Dit word toegeskryf aan die uitbreiding van aanplantings en beter opbrengste in sommige gebiede. Sihlobo sê die sonneblomoes sal waarskynlik ook die tweede grootste in die geskiedenis wees. Dit word toegeskryf aan groter aanplantings en beter opbrengste op plekke.

“Die verbetering in die sonneblomsaadoes en ook wat ander groente-olies betref, kom op ’n baie welkome tyd waar daar kommer oor die voorraad op die wêreldmark in die komende maande is. Die Russiese inval het Oekraïne se uitvoer en landboubedrywighede verwoes en beperkinge geplaas op die uitvoer van sonneblomolie. Daarby was daar ook ander probleme op die oliemark met swak oeste van palmolie in Indonesië. Suid-Afrika se groter oes kan sy afhanklikheid van invoer bietjie verminder.”

Wat ander somergewasse betref, het die NOK die verwagte grondbone-oes op 74 250 ton geraam, wat 7% meer is as die vorige skatting van 69 200 ton met ’n opbrengs van 1,7 t/ha. Die produksieskatting van sorghum is 137 220 ton, wat 6% minder is as die vorige skatting en in die geval van droëbone is die produksieskatting dieselfde gehou op 59 690 ton.

Mnr. Corné Louw, hoof van toegepaste ekonomie en lededienste by Graan SA, sê dit is opmerklik dat dit net sorghum se skatting is wat laer is as verlede maand. Hy sê die meeste sorghum word deesdae in Limpopo geplant. “Die reën het daar weggebly en dit kan nou in die tweede skatting gesien word.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.33
+0.0%
Rand - Pond
21.00
+0.1%
Rand - Euro
18.12
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.60
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.5%
Goud
1,772.29
+0.1%
Silwer
22.29
+0.4%
Palladium
1,878.50
+1.5%
Platinum
990.50
-0.1%
Brent-ruolie
79.35
-4.2%
Top-40
68,207
-0.3%
Alle aandele
74,209
-0.5%
Hulpbronne 10
73,589
-0.5%
Industriële 25
91,048
-0.4%
Finansiële 15
15,681
-0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom. Ons skryf ons eie roman
Ek is Baie pisetiewe men's wat Al's Kan bied wat jy nie het nie kook goed braai leke kuier leke maak die beste koffie in die oggend
Bok vir Sports ....nie sommer iets wat ek nie sal try nie
Ek is n opwindende mensie wat glad nie kan of wil stilsit nie. enige iets wat buite die huis gedoen kan word is ek game voor. lank genoeg toe gesluit gewees
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot