AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Sommige amptenare trek glo skouers op oor brandgevare

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Byna 600 000 ha is in brande in Noordwes verniet. Foto: Verskaf
Byna 600 000 ha is in brande in Noordwes verniet. Foto: Verskaf
Talle boere in sentraal Suid-Afrika voel hul is op hulself aangewese na talle brande die afgelope weke oor dele voorgekom het.

Terwyl boere in die Noord-Kaap ’n valkoog hou op verwoestende brande, sê boere in die Vrystaat en Noordwes hulle is op hul self aangewese aangesien heelwat amptenare nie graag “kommersiële boere bystaan” nie.

Volgens georganiseerde landbou het 300 000 ha in die John Taolo Gaetsewe-distrik van die Noord-Kaap teen middel September afgebrand en tot die dood van 600 grootvee-eenhede gelei. In Noordwes het 597 000 ha weiding afgebrand, met die omvang van veeverliese onbekend. Sowat 6 000 groot- en kleinvee-eenhede en wild is in die Vrystaat dood en een plaaswerker is in die waakeenheid van die Pelonomi-hospitaal opgeneem. Sowat 400 000 ha is van Julie tot middel September in die Vrystaat verswelg.

Noord-Kaap

Die brande in Botswana is nog nie geblus nie en volgens mnr. Nicol Jansen, voorsitter van Agri Noord-Kaap, het boere noord van die N8-roete ’n valkoog op die brande gehou. “As die wind weer draai, kan die Van Zylsrus-, Kuruman-, Daniëlskuil- en Koopmansfontein-gebiede weer in gevaar wees. Toestande bly droog en die gras het nie begin uitloop nie,” het hy gesê.

“Ons is nie buite gevaar totdat die kouefronte en meegaande sterk winde nie verby is nie. Die onlangse brande in die gebied het getoon dat die staat se wiele stadig knars om hulp te verleen.

“Die plaaslike brandverenigings en ander betrokkenes het grootse werk gedoen om die brande te blus. Die rampbestuursentrum in die distrik kon nie die Werk met Vuur-span betyds ontplooi nie, waarna ’n vliegtuig gehuur is om die brande te blus. Ons glo beter koördinering tussen die provinsiale en nasionale regerings kan help om lugondersteuning betyds te verkry wanneer brandslaners nie meer alleen die brande kan blus nie.”

Hy is verheug oor ’n komende vergadering met mnr. Bentley Vass, LUR vir samewerkende regering, en sê hulle wag op bevestiging van ’n datum. “Baie lesse is met die onlangse brande geleer, en dit is belangrik dat die georganiseerde landbou en staatsinstellings saam hul logistieke paraatheid opskerp. Elke party se rol om brande te bestuur moet uitgeklaar word. Departemente skakel ook nie genoegsaam met mekaar nie.”

Intussen het grondeienaars langs die R31-roete tussen Kuruman en Daniëlskuil klagtes van brandstigting by die polisie ingedien. “Sedertdien doen ons veiligheidstrukture en die polisie gereeld patrollies op die roete, wat hopelik vrugte afwerp. Vier van die onlangse brande het langs die pad ontstaan, terwyl daar geen natuurlike oorsake soos weerlig was wat die brande kon veroorsaak het nie. Die ander probleme is stortingsterreine wat nie goed bestuur word nie, en inwoners in informele gebiede wat hul vullis verbrand. Een van die brande het op dié manier ontstaan.”

Vir eers is die boere wat verliese gely het, geholpe met alternatiewe weiding binne die distrik. Aanbiedings van weiding is ook van buite die distrik ontvang.

Noordwes

Mnr. Naudé Pienaar, adjunkhoofbestuurder van Agri Noordwes, sê hoewel hulle dankbaar is dat die departement van landbou ’n vragmotor beskikbaar gemaak het om veevoer te vervoer, het hulle min bystand van die staat gehad om brande te blus. “Die amptenare sal dalk wakker skrik wanneer die hele provinsie om hulle afbrand. Hoewel die belastingbetaler hul salarisse betaal, doen hulle geen voorafbeplanning of onderhoud nie, en is daar is ook nie toerusting beskikbaar nie. Boere is op hul eie aangewese.

“Ander staatsentiteite, soos Eskom, Sanral en Transnet, maak ook nie brandpaaie nie, en help nie om brande te blus wat op hul grond ontstaan het nie.”

Die brande het die naweek van 18 en 19 September grootliks om Ottoshoop, Zeerust, Mafikeng, Vryburg en Lichtenburg gewoed.

Vrystaat

Dr. Jack Armour, kommersiële bestuurder van Vrystaat Landbou, sê die ergste skade is die 104 000 ha wat tussen Petrusburg en Edenburg vernietig is. 

“Boere het assesseringsvorms voltooi sodat die gebrande gedeeltes as ’n rampgebied verklaar kan word. ’n Rampverklaring hou baie voordele in vir boere wat geraak is.

“Die wantroue onder sommige boere wat geweier het om die vorm in te vul omdat dit baie persoonlike inligting vereis, skep egter probleme.”

Armour sê amptenare is gou om opkomende boere by te staan wanneer brande uitbreek, maar nie kommersiële boere nie. “Ons leun nou op ander mense se goedhartigheid en moet ook op ons eie veerkragtigheid steun. Gelukkig het boere onder mekaar voerbanke geskep waarin hulle 10% van hul bale terughou om hulself of ander boere in geval van nood te help.”

Armour meen amptenare stel geen brandplanne op wat hulle op ’n gereedsheidsgrondslag plaas nie.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.48
+0.4%
Rand - Pond
21.48
+0.1%
Rand - Euro
18.42
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.90
+0.4%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Goud
1,798.42
-0.3%
Silwer
23.21
+2.0%
Palladium
1,898.90
-2.4%
Platinum
1,021.00
-2.2%
Brent-ruolie
86.88
-0.1%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
See,Bosveld en Kamp
My geloof is vir my baie belangrik, is spontaan, het ñ goeie sin vir humor. Reik uit na mede gelowiges en minder bevoorregtes. Ek is ñ baie liefdevolle persoon.
Kom ons begin ons eie storie met Vriendskap
Nr 1 sal altyd my Here wees want Hy is my provider, Aleph en Sovereign God. Al wat ek soek is n maaitjie saam wie ek die lewe kan geniet, lag, gesels, laf wees en dan kyk na...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot