AFGRI
BEAN
23 Mrt
-
9710
-275,00
CORN
23 Mrt
-
4408,2
-50,80
SOYA
23 Mrt
-
8245,2
-212,80
SUNS
23 Mrt
-
8855
-270,00
WEAT
23 Mrt
-
6405
-61,00
WMAZ
23 Mrt
-
3822
-42,00
YMAZ
23 Mrt
-
4010
-74,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Sommige werkgewers begin minimum loon betaal

akkreditasie
Foto: Johan Norval
Foto: Johan Norval
Me. Mildred Oliphant, Minister van Arbeid, sê sommige werkgewers het reeds begin om hul werkers se loon tot op die vlak van die verwagte loon aan te pas.

Mildred het haar departement se begroting van R3,2 miljard in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê.

Suid-Afrika se eerste nasionale minimum loon van R20 per uur sal ná die afhandeling van parlementêre prosesse in werking gestel word.

Oliphant het in haar begrotingsrede gesê dat die instelling van ’n minimum loon die enigste “beleidsvereiste” in die Vryheidsmanifes is wat nog uitstaande is. “Wanneer dit gefinaliseer is, kan ons terugstaan en met reg afkondig dat die opdrag voltooi is.”

Sy het ook houe uitgedeel aan diegene wat die loon teenstaan en gesê hulle gee nie werklik vir die werkers om nie. “Ten minste weet almal vandag wie werklik vir die kwesbare werkers omgee en wie voorgee.” Volgens haar is van die propaganda teen die instelling van die minimum loon niks anders as ’n verkiesingsfoefie om punte aan te teken voor volgende jaar se nasionale verkiesing nie.

“Dit is ironies dat daar heelwat werkgewers is wat reeds hul werkers se loon aangepas het, terwyl die wetgewers besig is met skyngevegte oor die nasionale minimum loon. Dit is ook bemoedigend dat hierdie werkgewers die werkers se loon opwaarts aanpas en nie afwaarts, soos ander ons wil laat glo, nie.”

Op 1 Maart het die sektorale vasstelling vir die landbou met 5,7% gestyg, wat neerkom op R16,25 per uur.

Die landbousektor het spesiale vergunning gekry om by die minimum loon aan te pas wanneer dit ingestel word. Sy loon sal begin met 90% van die verpligte R20 per uur, wat neerkom op R18 per uur (R3 150 per maand) wat oor twee jaar ingefaseer moet word.

Departement misluk

Daar is reeds 9,2 miljoen werklose mense in Suid-Afrika en die instelling van die minimum loon kan ’n verdere miljoen werksverliese meebring, het mnr. Michael Bagraim, die DA se skaduminister van arbeid, gesê.

Volgens hom bestuur Oliphant ’n mislukte departement en speel sy met haar duime terwyl Suid-Afrika brand. “Weens die Regering se mislukking om werk te skep en omdat die arbeidsregulerende gesag die handrem op indiensneming getrek het, het misdaad en armoede toegeneem.”

Hy het gesê die Kommissie vir Versoening, Bemiddelling en Arbitrasie (KVBA) is die enigste deel van die departement wat nog reg funksioneer, maar sy begroting by dieselfde. “Tog wil die ANC-regering by die werkmag spog oor die minimum loon wat hy gaan instel. Dit sal die werklading van die KVBA met meer as 30% verhoog.”

Die kommissaris van die KVBA het al gesê met ’n verhoging in werklading sal hy nie die begroting hê om die nasionale minimumloon in werking te stel nie.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.13
+1.0%
Rand - Pond
22.34
+0.4%
Rand - Euro
19.75
+0.6%
Rand - Aus dollar
12.20
+0.2%
Rand - Jen
0.14
+0.7%
Platinum
989.30
+0.4%
Palladium
1,460.71
+1.3%
Goud
1,976.02
+0.3%
Silwer
22.86
-0.5%
Brent-ruolie
76.69
+1.8%
Top-40
69,928
+0.3%
Alle aandele
75,426
+0.2%
Hulpbronne 10
65,833
+0.1%
Industriële 25
102,178
+0.5%
Finansiële 15
15,276
-0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Hoop om die regte een te vind
Ek is n middeljarige man wat nog graag die meeste wil maak van die jare wat ek oor het. Ek het vele belangstellings en beskou die lewe as n avontuur. Ek is opsoek na iemand wat...
Wees net jou selfEks
Eks n mense men's hou van gesels lag. Wil dinge deel wat saak maak vir Ander omgee. Ek wil nie net elke keer verander om in te pas nie aanvaar my soos ek is.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot