
Volgens die vereniging is verskeie ander brandstrook tans skoon gemaak en hulle maak brandstroke rondom huise.
Die Suid-Kaap Forum berig mnr. Grant Riddles, die burgermeester van die Hessequa-munisipaliteit, het aangekondig die munisipaliteit gaan aansoek doen om die gebied as ’n rampgebied te verklaar. Die besluit is op ’n spesiale raadsvergadering geneem en die versoek sal aan die Tuinroete-distriksmunisipaliteit gerig word. Dit is die tweede groot brand wat die gebied vanjaar tref.
Ongeveer 100 boere en plaaswerkers uit die distrikte Heidelberg en Riversdal het ook gaan hand bysit om die brande, wat in die fynbosduine rondom Vermaaklikheid ontstaan het, te gaan blus. Brandbestryders probeer onder meer om te voorkom dat die brand die ryp graan op die lande bereik.
Die brand het na bewering Sondag ontstaan toe kraglyne naby Vermaaklikheid deur die sterk wind omgewaai is.
Volgens die Working on Fire se Facebookblad is daar reeds nege strukture in die brand verwoes, hoewel die negende nog nie bevestig nie. Een persoon het ook weens die brand gesterf.
Riddles het die munispaliteit, distriksmunisipaliteit, SKBBV, Working on Fire Overberg, Mosselbaai-helikopters, die weermag, Cape Nature, Envire Wild Fire, plaaswagte en al die brandweerdienste en brandbestryders, asook die vrywilligers, bedank.
Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.