AFGRI
BEAN
26 Me
-
9774
78,00
CORN
26 Me
-
4526,4
41,40
SOYA
26 Me
-
9226
149,00
SUNS
26 Me
-
11025
155,00
WEAT
26 Me
-
7546
-20,00
WMAZ
26 Me
-
4555
43,00
YMAZ
26 Me
-
4653
46,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
13 Me
-
168,05
3,02
Ave Wool - RWS
13 Me
-
179,53
-4,62
Beeste A2/3
13 Me
-
62,31
1,46
Beeste AB2/3
13 Me
-
59,74
1,26
Beeste B2/3
13 Me
-
54,18
-1,02
Beeste C2/3
13 Me
-
49,36
1,98
Bevrore Hoender
13 Me
-
31,09
0,25
Bokkies (onder 30 kg)
13 Me
-
59,25
-12,01
Bokooie
13 Me
-
48,53
-2,68
Groot (meer as 40 kg)
13 Me
-
43,21
-1,79
Hoender (IQF)
13 Me
-
29,58
0,11
Medium (30-40kg)
13 Me
-
55,89
4,30
Pork Average
13 Me
-
27,45
0,15
Poultry Average
13 Me
-
30,77
0,18
Skaap A2/3
13 Me
-
95,1
-1,87
Skaap AB2/3
13 Me
-
78,75
-0,91
Skaap B2/3
13 Me
-
75,51
-0,87
Skaap C2/3
13 Me
-
70,69
-1,09
Speenkalf
13 Me
-
38,26
0,47
Spekvarke
13 Me
-
27,63
-0,20
Stoorlammers
13 Me
-
47,29
-0,99
Varkwors
13 Me
-
21,94
0,00
Vars Hoender
13 Me
-
31,64
0,19
Vleisvarke
13 Me
-
27,41
0,12

Sowat 200 SA boere stel in Rusland belang

akkreditasie
Van links is mnre. Johan du Toit, ’n Suid-Afrikaanse sendeling in Rusland wat as tolk opgetree het, Vladimir Poluboyarenko, leier van die afvaardiging, en Louis Meintjes, voorsitter van TLU SA. Foto: Nico van Burick
Van links is mnre. Johan du Toit, ’n Suid-Afrikaanse sendeling in Rusland wat as tolk opgetree het, Vladimir Poluboyarenko, leier van die afvaardiging, en Louis Meintjes, voorsitter van TLU SA. Foto: Nico van Burick
Sowat 200 Suid-Afrikaanse boere en ondernemings het al formeel met die proses begin om hulle in Rusland te vestig, sê mnr. Vladimir Poluboyarenko, leier van ’n Russiese afvaardiging wat Suid-Afrika onlangs besoek het.

Poluboyarenko is die adjunk-menseregtekommissaris van die Stavropolstreek suid van Moskou wat met die StavroBoer-projek begin het om geleenthede vir Suid-Afrikaanse boere in Rusland te bied. Dit is ’n private inisiatief wat aan Suid-Afrikaners verskeie opsies bied.

Mnr. Johan du Toit, ’n Suid-Afrikaanse sendeling in Rusland wat as tolk opgetree het, sê in die eerste plek is daar die moontlikheid om Rusland as ’n halfwegstasie te benut om die Oosterse markte te ontgin, soortgelyk aan wat Jan van Riebeeck in 1652 in Suid-Afrika gedoen het. “Rusland, Indië en China bied binne die Brics-vennootskap ’n geweldige mark en geleenthede vir Suid-Afrikaners.”

Hy sê in die tweede plek kan Suid-Afrikaners beleggings in vennootskappe in Rusland oorweeg. “Baie boere sal verkies om met een voet in Suid-Afrika te staan en met die ander voet in Rusland. Daar is ’n groot behoefte aan Suid-Afrikaanse boere se kundigheid. Baie boere in Rusland soek Suid-Afrikaners as vennote of plaasbestuurders.”

Die derde opsie is om te emigreer en ’n nuwe lewe in Rusland te begin. Die StavroBoer-projek is begin om Suid-Afrika met al hierdie opsies by te staan. Die streke waar boere hulle kan vestig, is die Moskou-streek, Kaluga (sowat 250 km suid van Moskou) en Stavropol (nog 1 000 km verder suid). 

Du Toit sê die Stavropol-gebied is bekend vir die verbouing van katoen en boomneute, sowel as vir veeboerdery. Kaluga en Moskou is kouer dele waar daar agt maande van die jaar aktief geboer word. Kaluga is baie bekend as ’n aartappelproduserende gebied, en in Kaluga én Moskou kan koring en ander grane van ‘n hoë gehalte verbou word. “Hoewel dit in die winter daar sneeu, het die koue ook sy voordele.” 

Kommer

Poluboyarenko het tydens ’n besoek aan TLU SA gesê hy dink nie daar is nog ’n land wat soveel solidariteit met Suid-Afrika se wit kommersiële boere het nie.“Die Russiese publiek weet hoe twee Russiese generale en 220 soldate saam met die Boere teen Britse imperialisme geveg het. Ons Russe is ook deeglik bewus van onteiening sonder vergoeding, Marxisme en kommunisme soos ons dit self sedert 1917 ervaar het. Daarom is ons baie bekommerd oor wat in Suid-Afrika besig is om te gebeur, veral wat betref onteiening sonder vergoeding en veiligheid.”Hy sê hulle kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir wat in die voormalige Sowjet-unie gebeur het nie, maar dit bestaan gelukkig nie meer nie.

Sedert April verlede jaar het Suid-Afrikaners nie meer visums nodig om Rusland te besoek nie. Hoewel buitelanders nie grond kan besit nie, is dit moontlik om 49 jaar huurpag te kry.

Onsekerheid

Hy sê hy het met baie boere in Suid-Afrika gesels en is bewus van hul onsekerheid oor die toekoms. “Ons het jul kreet gehoor en gaan nie ophou om ons stem te laat hoor sodat ons kan veg vir geregtigheid vir julle nie. Ons kan julle ’n nuwe Kaap van Goeie Hoop bied.”

’n Mediaspan was deel van die afvaardiging om eerstehands oor die lot van wit kommersiële boere en plaasveiligeid verslag te doen. Joernaliste is onder meer by TLU SA oor plaasmoorde ingelig. Genl.maj. Chris van Zyl, adjunkhoofbestuurder van die TLU SA, het hulle meegedeel dat daar sedert 1990 al 1 987 mense op plase vermoor is, waarvan 1 213 wit kommersiële boere was. ’n Gewone burger se kans is 31,1 uit 100 000 om vermoor te word, dié van ’n polisielid aan diens 54 uit 100 000 en dié van die boer 132,8 uit 100 000.

Terwyl hy met die voorlegging besig was het die nuus deurgekom van die aanval op die oud-rugbyspeler Naka Drotské.   

Die projek kan op e-pos (stavroboer@gmail.com) of WhatsApp (+27 79 695 4082) gekontak word.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.72
+0.1%
Rand - Pond
19.81
-0.1%
Rand - Euro
16.86
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.15
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.1%
Goud
1,852.78
-0.0%
Silwer
22.03
+0.2%
Palladium
2,021.04
+0.6%
Platinum
949.88
+0.2%
Brent-ruolie
114.03
+0.4%
Top-40
63,019
+2.9%
Alle aandele
69,484
+2.7%
Hulpbronne 10
76,495
+2.7%
Industriële 25
75,125
+3.3%
Finansiële 15
15,846
+2.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Liefde Respek elke dag i Voorreg vir nog i dag
Elke dag is iVoorreg met dieselfde mooi gesindheid. Die lewe is net te vinnig en te kort vir enige drama' dankie Onse Vader indi Hemel vir U Genade liefde vir nog i dag...
Vriendskap is waar romanse begin
Spontaan, eerlik, netjies, kyk na myself, liefdevol, energiek, hou van visvang, uiteet, dans, kan kos maak What you see is what you get
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot