Spanje beleef tans die ergste droogte in 70 jaar en boere in die suide van die land wat reeds skade van sowat 14 miljoen Euro gely.
Luidens ‘n berig op News24.com krimp dié land se watervoorade terwyl oeste verdroog en veldbrande toeneem.
Spanje se gemiddelde watervoorraad per vierkante meter is 200 liter, maar gedurende die noordelike halfrond se wintermaande het dié gemiddeld op 55 liter per vierkante meter te staan gekom. “Ons het drie wintermaande met minimale vlakke van reën oor die hele Spanje beleef. Desember, Januarie en Februarie was die droogste sedert ten minste die 1940’s,” sê mnr. Angel Rivera, woordvoerder vir die staatsweerdiens in die land.
Volgens mnr. Gregorio Juarez, van die ASAJA, ‘n vereniging vir jongboere, trek blaarryke plante, groente en grane tans die swaarste. Hy waarsku dat olywe, wingerde en amandels volgende gaan wees. Hy sê groot dele van die Andalucia en Aragon se oeste reeds verlore is, of dit nou reën of nie.
Bron: News24.com
5 Maart 2012