AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Sprinkaanswerms is ‘wild’, maar boere veg moedig voort

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
swerms kom reg oor die hele Karoo voor, onder meer die gebied rondom Richmond en De Aar, vanaf Cradock tot Middelburg dwarsdeur tot Nieu-Bethesda, Beaufort-Wes, die Benede-Oranjerivier, Kakamas, Upington en Kookhuis. Foto: Philip Kemp
swerms kom reg oor die hele Karoo voor, onder meer die gebied rondom Richmond en De Aar, vanaf Cradock tot Middelburg dwarsdeur tot Nieu-Bethesda, Beaufort-Wes, die Benede-Oranjerivier, Kakamas, Upington en Kookhuis. Foto: Philip Kemp
Bruinsprinkaanswerms krioel tans oor feitlik die hele Karoo, maar boere en die Noord-Kaapse departement van landbou doen wat hulle kan om die uitbreking te bekamp.

Die bruinsprinkaanswerms, wat feitlik oor die hele Karoo krioel en na verwagting ook in die Wes-Vrystaat sal uitbroei, is wild, sê dr. Gerhard Verdoorn, bedryfsbestuurder van CropLife SA. Danksy boere in dié gebied en die Noord-Kaapse departement van landbou, omgewingsake, landelike ontwikkeling en grondhervorming se bereidwilligheid om die swerms die stryd aan te sê, word alles moontlik tans gedoen om die uitbreking te bekamp.

“Ek is uiters bekommerd omdat daar nou ’n groot uitbreking van swerms naby Cradock is. Dit is naby aan gebiede waar gewasse verbou word. Maar ek moet my hoed lig vir die Noord-Kaapse departement van landbou en die boere wat almal goed saamwerk. Boere het hul eie rugsakspuite gekoop. Dit is spesiale gemotoriseerde toerusting wat ’n fyn mis blaas. Die regering het die nodige spuitprodukte verskaf. Ek is baie tevrede om te sien almal speel mooi saam.”

Verdoorn sê swerms kom reg oor die hele Karoo voor, onder meer die gebied rondom Richmond en De Aar, vanaf Cradock tot Middelburg dwarsdeur tot Nieu-Bethesda, Beaufort-Wes, die Benede-Oranjerivier, Kakamas, Upington en Kookhuis. Swerms kom selfs op pad na Prieska toe voor. “Dit is ’n enorme uitbreking. Die Karoo Nasionale Park is blykbaar bruin van die voetgangertjies.”

Sprinkane Philip Kemp
Sprinkaanswerks kom tans regoor die Karoo voor, onder meer suid en oos van Graaff-Reinet asook Nieu-Bethesda. Foto: Philip Kemp

Hy is egter baie dankbaar dat boere saamwerk om die uitbreking onder beheer te bring. “Ek het die groen boere van die Karoo, wat nie wil spuit nie, gevra of hulle sal help om die sprinkane met hul skaap- en springbokkuddes dood te trap. Hulle het só getrap dat daar nie meer ’n sprinkaan oor is nie!”

Hy sê sulke tipe samewerking sou nie 20 jaar gelede plaasgevind het nie.

Wes-Vrystaat

Volgens hom is dit waarskynlik dat swerms in die Wes-Vrystaat sal voorkom en daarom moet boere op hul hoede wees en enige swerms so vinnig as moontlik aanmeld. “Die maatskappye wat die spuitprodukte vervaardig, het reeds genoeg vir die volgende paar weke aan die kantore op Upington en De Aar gelewer.”

Hy sê swerms in die Wes-Vrystaat kan groot skade aan mielie-aanplantings aanrig. “Verlede jaar in Mei het daar ’n swerm van 20 ha in Bothaville opgedaag. Die boere het my daarvan laat weet en met hul samewerking is die swerm feitlik uitgewis. As die boere saamspan, kan ’n mens selfs ’n massiewe swerm onder beheer bring.

“Ek was aan die begin van die huidige uitbreking bitter bang, want ek het gedink hier kom ’n kataklisme. Daar is ’n enorme uitbreking, maar ek dink ons het nou ons vinger op die pols. Sowat 160 ton spuitprodukte is reeds afgelewer. Boere moet asseblief aanhou om swerms so vinnig as moontlik aan te meld.”

Lede van die publiek en boere word versoek om swerms by me. Mulalo Matodzi by 083 326 7773, me. Vuyokazi Mpumlwana by 084 760 8176 of dr. Ikalafeng Kgakatsi by 072 198 9882 aan te meld.

Boere kan swerms ook by die kantoor van die departement van landbou op De Aar aanmeld by 053 631 3122 of 053 631 3261, of by dr. Gerhard Verdoorn by 082 446 8946.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.46
+0.5%
Rand - Pond
21.27
+0.3%
Rand - Euro
18.31
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.69
+0.8%
Rand - Jen
0.13
+1.3%
Goud
1,767.24
-1.7%
Silwer
22.22
-4.1%
Palladium
1,874.00
-1.4%
Platinum
999.50
-2.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,543
+0.5%
Alle aandele
74,693
+0.5%
Hulpbronne 10
74,781
+1.0%
Industriële 25
91,501
-0.1%
Finansiële 15
15,595
+1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kok will Jou lewe bietjie geur gee
Ek is oop, spontaan, gemaklik, avontuurlustig en altyd n bok vir sports. Ek geniet die lewe en altyd n glimlag. Ek GLO die lewe kort altyd daai sprankel van n goeie humor sin.
Watter land volgende?
I am successful in business and love what I do. Looking for that special someone to share the sunsets with!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot