AFGRI
BEAN
06 Des
-
9430,4
88,40
CORN
06 Des
-
4425
6,00
SOYA
06 Des
-
10500
-20,00
SUNS
06 Des
-
10500
-146,00
WEAT
06 Des
-
6655
-18,00
WMAZ
06 Des
-
4861
-23,00
YMAZ
06 Des
-
4420
-9,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Sprinkane broei in Noord- en Oos-Kaap uit

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Amelia Genis
Ter illustrasie. Foto: Amelia Genis
Sprinkane het in die Noord- en Oos-Kaap uitgebroei nadat sprinkane teen middel Augustus in die Wes- en Oos-Kaap aangemeld is.

In die Oos-Kaap is groot hoeveelhede reeds op 5 September in die omgewing van Somerset-Oos, Patterson en Makhanda opgemerk. Sprinkaanbeheerbeamptes het reeds insekdoders begin toedien, hoewel hulle nog nie kontrakte met die nasionale departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling het nie.

Mnr. Gunther Pretorius, Agri Oos-Kaap se bestuurder van ekonomie en natuurlike hulpbronne, sê hulle het nie ’n ander keuse gehad as om reeds te bespuit nie.

“Ons moet die voetgangers so vinnig moontlik bespuit voordat hulle vlieërs raak, want dan raak dit onmoontlik om te beheer. Verlede jaar het ons vlieërswerms tot so groot as 20 ha gehad.”

Hy het ’n foto ontvang van derduisende sprinkane wat op ’n pad tussen Addo en Kariega sit.

“Die georganiseerde landbou is vanjaar beter oorgehaal as in die verlede om sprinkaanbeheer toe te pas. Ons hoop en glo dat kontrakte so vinnig moontlik aan die sprinkaanbeheerbeamptes, voormanne en werkers gegee sal word. Diegene wat reeds begin spuit het, glo dat hulle betaling sal ontvang in die afwesigheid van ondertekende kontrakte.”

Luidens ’n inligtingstuk van die provinsiale departement van landbou en landbouhervorming is die uitbrekings in gedeeltes van die distrikte Chris Hani, Sarah Baartman, Joe Gqabi en Amathole. Gemeenskapslede, boere en grondeienaars wat sprinkaanswerms waarneem, moet dit dadelik by die departement by 072 160 4428 aanmeld.

Ander amptenare wat ook geskakel kan word is mnr. Khosi Rebe by 066 478 3776, of ms. Nolitha Sikhenjana by 072 160 4429 of mnr. PK Sisilane by 071 675 4335.

Me. Janine Byleveld, Agri Noord-Kaap se bedryfsbeampte vir ekonomie en natuurlike hulpbronne, sê die eerste uitbrekings is by Upington aangemeld. Sedertdien is insekte by Kliprand, Gamoep, Carnarvon en Loeriesfontein aangemeld.

“Hoewel ons nog nie nuwe kontrakte van die nasionale departement ontvang het nie, hoop ons dit sal volgende week gebeur. Dit kos tyd omdat vele departemente moet saamwerk, maar gelukkig is amptenare vanjaar beter voorbereid as in die verlede. Die nuwe administrasie se maatreëls verloop vlotter.

Nuwe tariewe

“Ons is ook verheug dat die nasionale tesourie nuwe tariewe goedgekeur het wat brandstofprysstygings en slytasie vir bakkies wat op bykans onbegaanbare terrein moet ry agter sprinkane aan, in ag neem. Die onderhandelinge om nuwe tariewe te beding, het meer as ’n jaar geduur.

“Die spuittoerusting is reeds beskikbaar, maar ons is onseker of insekdoder al oral afgelewer is. Nuwe spesifikasies vir die beskermende persoonlike toerusting is ook uitgereik en tenders daarvoor aangevra.”

Mnr. Zandisile Luphahla, Noord-Kaapse woordvoerder van die departement landbou, omgewingsake en landelike ontwikkeling, sê die uitbreking is weens warmer weertoestande, terwyl die grond ook klammer is na ’n goeie reënseisoen in dele van die provinsie.

“Meer uitbrekings sal in ander distrikte voorkom namate dit warmer word en reënvooruitsigte verbeter.

“Ons departement, met die samewerking met die nasionale departement van landbou en landelike ontwikkeling, het reeds sprinkaanbeheerspanne geaktiveer en na die geaffekteerde gebiede gestuur.

“Me. Mase Manopole, LUR, versoek grondeienaars om met die spanne saam te werk en toegang tot hul grond te gee sodat die swerms onder beheer gebring kan word. Sy het motoriste ook gewaarsku om versigtig te bestuur omdat die paaie baie glad word wanneer die voetgangers doodgery word.”

Motoriste en boere moet dadelik enige sigbare swerms in die Noord-Kaap by amptenare aanmeld. Die betrokke amptenare is me. Mulalo Matodzi by 083 326 7773, me. Vuyokazi Mpumlwana by 084 760 8176 en dr. Ikalafeng Kgakatsi by 072 198 9882.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.36
+0.6%
Rand - Pond
21.14
+0.7%
Rand - Euro
18.21
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.66
+0.3%
Rand - Jen
0.13
+0.5%
Goud
1,771.84
+0.2%
Silwer
22.45
+0.9%
Palladium
1,876.00
-0.1%
Platinum
996.00
-0.4%
Brent-ruolie
82.68
-3.5%
Top-40
68,416
-0.2%
Alle aandele
74,574
-0.2%
Hulpbronne 10
73,805
-1.3%
Industriële 25
91,405
-0.1%
Finansiële 15
15,785
+1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom. Ons skryf ons eie roman
Ek is Baie pisetiewe men's wat Al's Kan bied wat jy nie het nie kook goed braai leke kuier leke maak die beste koffie in die oggend
Tot die einde.. deur goed en sleg...
EK DINK EK IS VRIENDELIK, BAIE LIEFDE OM TE GEE, N MENSE MENS EN LEWE OM N PERSOON OP MY HANDE TE DRA EN N MAAT TE HE. EK GLO IN EERLIKHEID, OPREGTHEID EN GLO IN WAARDES. EN EK...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot