AFGRI
BEAN
02 Jun
-
9580
0,00
CORN
02 Jun
-
4677
0,00
SOYA
02 Jun
-
7767
0,00
SUNS
02 Jun
-
8137
0,00
WEAT
02 Jun
-
6670
0,00
WMAZ
02 Jun
-
3681
0,00
YMAZ
02 Jun
-
3802
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Sprinkane: Lugsteun gestaak weens tekort aan insekdoder

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Daar is tans slegs ’n beperkte voorraad van ’n stuifpoeier beskikbaar wat met ’n blaser in die swerms gespuit kan word. Foto: Fredalette Uys
Daar is tans slegs ’n beperkte voorraad van ’n stuifpoeier beskikbaar wat met ’n blaser in die swerms gespuit kan word. Foto: Fredalette Uys
Die insekdoder wat tans vir die bekamping van sprinkaanswerms beskikbaar is, is besig om spoedig op te raak – en dit is net vir grondbespuiting geskik.

Nadat daar weke geworstel is om lugsteun te kry om die swerms te bekamp, sê mnr. Willem Symington, voorsitter van Agri SA se afdeling vir natuurlike hulpbronne, dat dr. Ikalafeng Kgakatsi, direkteur vir klimaatsverandering en rampbestuur by die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling aangekondig het dat lugsteun vir die bekamping van sprinkane opgeskort gaan word.

Volgens Symington het die distriksprinkaanbeamptes en die georganiseerde landbou egter die nodige beplanning gedoen sodat voorraad van die insekdoder wat vir lugbespuiting geskik is, beskikbaar is, veral aangesien die Oos-Kaap tans onder reuse-uitbrekings gebuk gaan. Ten spyte daarvan het die departement opdrag gegee dat dié 20 dromme aan die grondspuitspanne gegee moet word.

Mnr. Peter Cloete, voorsitter van Agri Oos-Kaap, sê hulle is 22 Maart sonder verduideliking ingelig dat lugsteun gestaak sou word. Volgens hom meen Agri Oos-Kaap dat die departement, spesifiek Kgakatsi, die huidige en vorige sprinkaan-uitbrekings swak bestuur het en die georganiseerde landbou se pogins om te help, gekniehalter het.

“Indien  Kgakatsi aanhou om die belanghebbendes, wat die departement probeer bystaan, teen te werk, moet hy uit sy pos verwyder en elders geplaas word waar swak besluitneming nie voedselsekerheid in Suid-Afrika beïnvloed nie.”

Mnr. Eben du Plessis, ondervoorsitter van Agri Oos-Kaap, sê die sprinkane is tans sowat 70 km van Kirkwood af.

Dr. Gerhard Verdoorn, bedryfsbestuurder van Croplife SA, sê daar is tans slegs ’n beperkte voorraad van ’n stuifpoeier beskikbaar wat met ’n blaser in die swerms gespuit kan word.Volgens hom het die departement ’n bestelling vir insekdoder geplaas. Die probleem is egter dat alle insekdoders nie vir lugbespuiting geskik is nie. Tensy daar duidelik op produkte se etiket aangedui word dat dit vir lugbespuiting van sprinkane geskik is, sou dit onwettig wees om dit daarvoor te gebruik.

Die bestanddele vir die insekdoder wat bestel is, sal volgens hom eers middel April aankom, waarna dit geformuleer moet word. Die insekdoder sal dus eers teen einde April vir die spuit van sprinkane gebruik kan word.

Volgens Verdoorn hy het reeds in November 2019 gewaarsku dat reuse-uitbrekings op pad is en dat die nodige voorbereidings daarvoor getref moet word. “Nou skrik almal eers wakker.”

Hy verwag nie dat verdere swerms ná middel April sal uitbroei nie, maar dat die voetganger- en vlieërswerms sal voortgaan tot die derde week van Mei, wanneer die winter aanbreek. “Glo my, einde Augustus sal daar weer sprinkane wees. Sonder twyfel. En dan is almal Desember weer in rep en roer.”

Verdoorn sê daar is ’n biologiese middel vir die bekamping van sprinkane beskikbaar wat deur Namibië en Angola gebruik word. Volgens hom weier die departement egter om dié produk te gebruik. “Die vraag is, hoekom? Ingevolge wetgewing moet biologiese middels oorweeg word. Die middel word met groot sukses in ander Afrikalande gebruik. Hoekom nie hier nie?”

ONDERSOEK OOR CHEMIKALIEë

Mnr. Reggie Ngcobo, woordvoerder van die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, sê daar is in Desember verlede jaar 600 000 liter chemikalieë aan boere en kontrakteurs vir die bekamping van sprinkane gegee. Daar was volgens hulle ook voldoende insekdoder in poeiervorm vir gevoelige gebiede.

Teen Februarie en vroeg Maart vanjaar is daar aan die departement gesê dat die chemikalieë op is.’n Span senior beamptes het ondersoek ingestel om te bepaal hoekom die chemikalieë so vinnig opgeraak het. Volgens Ngcobo is lugsteun toe gestaak om vas te stel wat met die chemikalieë gebeur het.

Nog voordat die ondersoek afgehandel kon word, is daar bevind dat chemikalieë in die Wes-Kaap gevind is. Nadat dié chemikalieë gevind is, is daar opdrag gegee dat lugsteun hervat word.

Volgens Ngcobo het die departement tot dusver R50 miljoen bestee om die sprinkane te bekamp. Die departement sal verseker dat diegene wat help om te swerms te bestry, die nodig steun ontvang. Die departement bedank ook lede van die publiek en die private sektor wat help om die uitbrekings te bestry.

Hy sê die departement het die nodige bestellings geplaas vir geregistreerde insekdoders om die stryd teen die uitbrekings voor te sit en die impak op voedselsekerheid te minimaliseer. Daar sal ook ’n gesamentlike komitee op die been gebring word om die sprinkane te monitor.

“Die departement versoek betrokkenes soos Agri SA, Agri Oos-Kaap en Agri Noord-Kaap om deur die regte kommunikasiekanale te werk en nie die werk wat die departement doen, teen te werk nie.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.51
+0.6%
Rand - Pond
24.30
-0.0%
Rand - Euro
20.93
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.90
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
1,003.50
0.0%
Palladium
1,420.36
0.0%
Goud
1,948.15
0.0%
Silwer
23.63
0.0%
Brent-ruolie
76.13
+2.4%
Top-40
71,993
+1.9%
Alle aandele
77,126
+1.7%
Hulpbronne 10
70,299
+1.9%
Industriële 25
105,036
+2.0%
Finansiële 15
14,803
+1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wees not jou self
Down to earth. Very passionate and loving. Strait too the point, no nonsense person. Love Motorsport. Love animals. Braai and enjoy good friend's
Humble with a hint of Kanye
Ek kan braaibroodjies maak, beter braai as jy en my gedra ( so sê hulle). Ek werk hard, kan spel en is nie clingy nie. Ek sal n dic pic vra as ek een wil hê😉
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot