Die nutsmaatskappy het onlangs tydens ’n mediakonferensie gesê sedert die begin van sy boekjaar in April is amper R12 miljard diesel deur sy oopsiklus-gasturbines verbrand.
Boonop skop twee beoogde projekte binnekort af wat bykomende druk op kragvoorsiening gaan plaas. Mnr. Jan Oberholzer, bedryfshoof van Eskom, het vroeër aan Landbouweekblad gesê boere kan hulle begin staal vir 24 maande van beurtkrag. Sy raad aan boere is om soveel moontlik selfvoorsienend te raak wat elektrisiteit betref.
“Ons sou vir diesel kon betaal as munisipaliteite ons net sal betaal. Dit is tyd dat wanbetalers besef wat die uitwerking van hul optrede op beurtkrag is.” Munisipaliteite alleen skuld Eskom al R52 miljard.