Me. Leona Archary, waarnemende direkteur-generaal van die departement, het verlede week in die Parlement gesê die wetsontwerp op die regulering van grondbesit, wat ook grondbesit deur buitelanders beperk, hoef nie teruggehou te word tot die hersiening van die eiendomsklousule in die Grondwet afgehandel is nie.
Sy sê mense verbind die wetsontwerp op die regulering van grondbesit met die ANC se beleid van onteiening sonder vergoeding. Die ander wetsontwerp wat vanjaar vir die departement voorrang geniet, is die een op kommunale grondregte, wat verblyfreg in kommunale gebiede reguleer.
Dit maak voorsiening vir die oordra van eienaarskap aan gemeenskappe en individue. teruggetrek Archary het gesê die wetsontwerp oor grondplafonne het reeds verlede November voor die Kabinet gedien. Ná die ANC se resolusie oor onteiening sonder vergoeding in Desember is dit egter teruggetrek sodat veranderinge gemaak kon word.