AFGRI
BEAN
27 Jan
-
8110
232,00
CORN
27 Jan
-
3798
59,00
SOYA
27 Jan
-
8060
172,00
SUNS
27 Jan
-
9000,2
67,20
WEAT
27 Jan
-
5997
9,00
WMAZ
27 Jan
-
3547
37,00
YMAZ
27 Jan
-
3650
31,00
AMT
Beeste A2/3
14 Jan
-
56,61
2,35
Beeste AB2/3
14 Jan
-
54,81
1,61
Beeste B2/3
14 Jan
-
52,96
1,07
Beeste C2/3
14 Jan
-
46,06
-1,62
Bevrore Hoender
14 Jan
-
28,5
-0,41
Bokkies (onder 30 kg)
14 Jan
-
62,54
1,93
Bokooie
14 Jan
-
44,21
0,09
Groot (meer as 40 kg)
14 Jan
-
48,55
2,07
Hoender (IQF)
14 Jan
-
26
-1,55
Medium (30-40kg)
14 Jan
-
52,27
3,21
Pork Average
14 Jan
-
27,97
0,34
Poultry Average
14 Jan
-
27,83
-1,03
Skaap A2/3
14 Jan
-
83,51
-0,65
Skaap AB2/3
14 Jan
-
76,19
-0,44
Skaap B2/3
14 Jan
-
74,22
1,03
Skaap C2/3
14 Jan
-
69,25
-0,28
Speenkalf
14 Jan
-
40,35
-0,21
Spekvarke
14 Jan
-
27,93
-0,20
Stoorlammers
14 Jan
-
40,66
-0,02
Varkwors
14 Jan
-
22,58
0,42
Vars Hoender
14 Jan
-
29
-1,13
Vleisvarke
14 Jan
-
27,96
0,36
Wol (skoon)
14 Jan
-
172,35
-8,38

Staat se saak teen Horner-beskuldigdes val plat

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Op 16 Oktober 2020 het die twee vermeende moordenaars van mnr. Brendin Horner van Paul Roux ’n tweede keer in die landdroshof op Senekal verskyn. Ondanks ’n beroep deur die georganiseerde landbou het ’n paar duisend mense van oor Suid-Afrika heen weer op dié Vrystaatse dorp toegesak. ’n Paar groepe het protes aangeteken teen geweld op plase, en ’n groot groep EFF-ondersteuners het Kill the boer gesing. Foto: Willem van der Berg
Op 16 Oktober 2020 het die twee vermeende moordenaars van mnr. Brendin Horner van Paul Roux ’n tweede keer in die landdroshof op Senekal verskyn. Ondanks ’n beroep deur die georganiseerde landbou het ’n paar duisend mense van oor Suid-Afrika heen weer op dié Vrystaatse dorp toegesak. ’n Paar groepe het protes aangeteken teen geweld op plase, en ’n groot groep EFF-ondersteuners het Kill the boer gesing. Foto: Willem van der Berg
Die klagtes van moord en roof teen twee beskuldigdes in die Brendin Horner-moordsaak is laat vaar.

Die staat moes sy klagtes van moord en roof teen twee beskuldigdes in die Brendin Horner-moordsaak laat vaar. Dit beteken mnre. Sekola Matlaletsa en Sekwetje Mahlamba sal net van die diefstal van twee skape aangekla word, berig EWN.

“Dit is ’n groot teleurstelling, maar ons is nie verras nie,” sê mnr. Herkie Viljoen, voorsitter van die Bethlehem-gebiedskantoor en opsteller van veiligheidsverslae wat die plaaslike polisie by veediefstal in die distrikte Paul Roux, Senekal en Bethlehem betrek het.

Plaaslike boere is oortuig dat Brendin Horner (22) se dood verhinder kon word as ag geslaan is op hul waarskuwings en opgetree is teen polisielede wat kop in een mus met veediefstalsindikate is. Horner is op 1 Oktober 2020 op ’n plaas van mnr. Gilly Scheepers in die distrik Paul Roux vermoor nadat hy veediewe op heter daad betrap het.

Die moord het wye opspraak verwek. Op Senekal, waar die beskuldigdes vir die eerste keer op 6 Oktober in die hof verskyn het, het dit tot grootskaalse protesaksie deur boere, plaaslike inwoners en aktiviste teen plaasmoorde gelei. Daarna het die internasionale kollig op plaasmoorde in Suid-Afrika geval en mnr. Bheki Cele, minister van polisie, het onder meer Horner se ouers besoek om sy medelye uit te spreek.

“Die hele saak is van dag een af swak aangepak. Wil jy vir my sê die ondersoekbeamptes kon in 12 maande nie die vingerafdrukke op Horner se bakkie of die DNS-bewyse positief met iemand uit hierdie klein gemeenskap verbind nie?” sê die ontstelde Viljoen. Hy hou voet by stuk dat die polisie self by die moord betrokke was. “Maar ons sukkel om dit te bewys, want hulle beskerm mekaar.”

Polisie betrokke?

Ná die moord het plaaslike boere in ’n petisie geëis dat opgetree word teen korrupte polisielede wat by veediefstal betrokke is. ’n Taakspan is aangestel en Viljoen sê daar word steeds gereeld vergader om vordering te monitor. “Selfs die taakmag kry nie genoeg inligting om enigeen aan te kla op die bewerings wat ons gemaak het nie. Die moord se ondersoek val in dieselfde bevelstruktuur en ons weet die plaaslike polisie is betrokke.”

In Julie vanjaar is vyf polisiebeamptes van Ladybrand deur die Valke vasgetrek oor beweerde betrokkenheid by veediefstal, maar Viljoen beklemtoon dat dit buite die gebied val waar Horner vermoor is en dat die korrupsie in dié gebied nog nie vasgevat is nie.

Ondanks die aanduidings dat daar tot vyf aanvallers kon wees, is slegs Matlaletsa en Mahlamba aangekla. Netwerk24 berig dat daar in die hofsaak dié week in die rondgaande hof op Bethlehem getuig is dat tot drie mense wat nog nie in hegtenis geneem is nie, se DNS met die moord verbind kon word. Daar was egter geen DNS-getuienis wat Matlaletsa en Mahlamba met die saak verbind het nie.

Die staat se saak het al vroeg in die week ’n terugslag beleef toe ’n staatsgetuie, mnr. Boy Khambuhle, sy aanvanklike verklaring aan die polisie teruggetrek het. Daarin het hy beweer dat hy die twee beskuldigdes met bebloede klere uit die veld sien kom het.

Die staat se saak het hierna staatgemaak op hoorsê-getuienis van mnr. Moses Mokwena, ’n inwoner van die township Fateng Tse Ntsho by Paul Roux, wat die twee beskuldigdes geïdentifiseer het as deel van ’n groep van vyf mense wat in ’n plaaslike taverne vertel het dat hulle die aand van 1 Oktober 2020 ’n wit man aangeval het.

EWN berig die staatsaanklaer, adv. Jacque Harrington, het Donderdag bevestig dat hy nie voldoende bewyse het om die twee beskuldigdes met die moordsaak te verbind nie. Hulle word nou slegs aangekla van veediefstal. Dit hou verband met twee skape wat in Maart 2020 gesteel is.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.32
+0.1%
Rand - Pond
20.57
+0.5%
Rand - Euro
17.15
+0.5%
Rand - Aus dollar
10.84
+0.6%
Rand - Jen
0.13
+0.3%
Goud
1,812.92
-0.3%
Silwer
23.22
-1.2%
Palladium
2,332.50
-0.1%
Platinum
1,028.00
-0.6%
Brent-ruolie
89.96
+2.0%
Top-40
66,368
-1.5%
Alle aandele
72,760
-1.4%
Hulpbronne 10
74,286
-1.3%
Industriële 25
89,884
-1.7%
Finansiële 15
14,754
-1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons kyk war gebeur
Ek het n saggesardheid Hou van die buite lewe en die natuur Wil nie in n stad bly nie Stap graag
Wees net jouself.
Ek is soms nie n maklike men's nie, maar ek love om grap of 2 te maak. Ek het geleer deur al my voute en leer nou nog. Soms maak dit jou te hart. Ek is n plain men's...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot