AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Staat wil grondeise binne vyf jaar afhandel

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Of dit realisties is, is nog onseker, maar daar is uiteindelik ’n nuwe teikendatum gestel vir die afhandeling van die nagenoeg 9 000 uitstaande grondeise.

Me. Nomfundo Ntloko-Gobodo, hoofgrondeisekommissaris, noem in die 2020-’21-jaarverslag van die kommissie op die herstel van grondregte dat die navorsing vir die uitstaande eise teen 2023 voltooi sal wees. Indien die begroting dit toelaat, is die plan om uitstaande eise binne die volgende vyf jaar af te handel.

Die interministeriële komitee op grondhervorming, waarvan adj.pres. David Mabuza aan die hoof staan, het aan die begin van 2020 die kommissie opdrag gegee om ’n behoorlike bestekopname te doen van die uitstaande grondeise wat teen einde Desember 1998 ingedien is sodat ’n realistiese teikendatum vir die afhandeling daarvan gestel kan word. Projek Kuyasa is van stapel gestuur, wat behels dat die kommissie sy administratiewe en sakeprosesse hersien om die uitstaande eise vinniger te kan afhandel. Daar word beraam dat R65 miljard benodig word om dié eise af te handel.

Altesaam 82 198 grondeise is teen einde Maart 2021 afgehandel, met 3,7 miljoen hektaar grond wat aan begunstigdes oorgedra is. Die koste beloop R24 miljard. Finansiële vergoeding van meer as R18 miljard is uitbetaal en R5,2 miljard se ontwikkelingstoelaes is aan begunstigdes van restitusie toegestaan. Altesaam 2,2 miljoen begunstigdes wat lede van 442 948 huishoudings is, het voordeel uit restitusie getrek.

Me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, sê baie sal steeds gedoen moet word om die pas te versnel waarteen die minder as 9 000 ou uitstaande eise verwerk en afgehandel word, asook om die uitkomste van restitusie ten opsigte van landbouproduktiwiteit en werkskepping te verbeter. Volgens jaar kon die kommissie beter met die afhandeling van eise gevaar het indien hy net op die verwerking en afhandel van eise gekonsentreer het en nie belas was met take wat buite sy wetlike mag val nie. Dit is nie die kommissie se verantwoordelikheid om nasorg-ondersteuning te bied aan plase wat teruggegee is, plaaslike ekonomiese ontwikkelingsprosesse te bedryf en finansiering te verskaf wat nie deel van die afhandelingsproses van grondeise is nie.

Didiza het aangekondig dat die kommissie ’n besigheidsaak gevestig het wat hom onafhanklik van die departement sal maak. Dit sal ook beteken dat die kommissie nie die swaar geldelike las van nasorg-ondersteuning hoef te dra nie.  Die kommissie het ten spyte van die struikelblokke wat die covid-19-pandemie meegebring het, sy prestasiemikpunt vir die 2020-’21-boekjaar oorskry wat die afhandeling van eise betref. Hy het ook sy hele begroting bestee.

’n Eis word as heeltemal afgehandel beskou wanneer die navorsing voltooi en die geldigheid van die eis bepaal is en ná die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling dit bekragtig het. Verder word ’n eis as gefinaliseer beskou wanneer die vergoeding aan die begunstigde uitbetaal is of die titelakte van die grond in die naam van die begunstigde geregistreer is. 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.54
+0.1%
Rand - Pond
21.57
+0.1%
Rand - Euro
18.48
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.92
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Goud
1,797.91
0.0%
Silwer
23.15
0.0%
Palladium
1,900.00
0.0%
Platinum
1,020.00
0.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom ons begin ons eie storie met Vriendskap
Nr 1 sal altyd my Here wees want Hy is my provider, Aleph en Sovereign God. Al wat ek soek is n maaitjie saam wie ek die lewe kan geniet, lag, gesels, laf wees en dan kyk na...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot