AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
8703
-87,00
CORN
31 Mrt
-
4445,8
-72,20
SOYA
31 Mrt
-
8071,2
-127,80
SUNS
31 Mrt
-
8700
-102,00
WEAT
31 Mrt
-
6605
-90,00
WMAZ
31 Mrt
-
3798
-55,00
YMAZ
31 Mrt
-
4012,8
-51,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Staatmakers wen met boerepatente

Deelnemers wat al dekades lank Graan SA/Omnia se boerepatente-kompetisie op Nampo ondersteun, was vanjaar die wenners in hulle onderskeie afdelings.

In die afdeling vir nuwe masjinerie en werktuie was mnr. Jannie Boshoff van die plaas Doornhoek, distrik Delareyville, die wenner met ’n masjien waarmee ongewenste plantmateriaal vooraf uit grondbone verwyder kan word om die dopproses te versnel.

Mnr. Bertus Goosen, ’n bekende by Nampo wat jaarliks vanaf Matlakeng in Botswana deelneem, was tweede in die afdeling met ’n unieke toestel waarmee hy plastiese pype ongeskonde uit boorgate kan verwyder.

In die afdeling vir aangepaste masjinerie en werktuie was die Qualtin-ingenieursaanleg van mnr. Quintin le Roux van Stilfontein eerste vir die herboude stropertafel. Hy het nuwe lewe in ’n ou Case-tafel, wat vir die skrootwerf bestem was, geblaas en teen ’n fraksie van die prys van ’n nuwe werktuig, herstel. Mnr. Jannie Myburgh van Ermelo, ook ’n bekende deelnemer, was tweede met ’n aangepaste kommersiële rotsbreker wat gebruik word om pale maklik te plant.

Goosen se nood om pakke sonpanele en waterverwarmers maklik op die dakke van geboue vir installasie te hys, het hom genoop om met die ontwerp van ’n mobiele hyser vorendag te kom. Daarmee het hy die eerste plek in die afdeling vir nuwe gereedskap verdien. Die naaswenner, met ’n boorgatskoonmaker, was mnr. Willie Crous van Klerksdorp, wat vir die 22ste keer aan die kompetisie deelneem. Crous en sy seun, Tinus, was vanjaar bedrywig met hul ontwerpe wat met die herstel van windpompe te doen het.

Nog ’n staatmaker in die kompetisie was mnr. Gerrit Smith van Klerksdorp, wat in die afdeling vir aangepaste gereedskap met ’n unieke manier om die binddraad rondom sparre vas te draai, vorendag gekom het.

boerepatenteBeoordelaars_JohanNorval

Op dié foto verskyn: Die beoordelaars van Graan Suid-Afrika se 27ste jaarlikse patentkompetisie met Omnia-kunsmis, wat al 22 jaar lank betrokke is. Van links is mnre. W.H. van Zyl (GSA), Andries Theron (ondervoorsitter van GSA), Piet Groenewald (Omnia), Chris Schoonwinkel (voorsitter van die paneel), Hannes Haasbroek (GSA) en Donald Brink (Omnia). Foto: Johan Norval

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.74
+0.3%
Rand - Pond
21.91
+0.7%
Rand - Euro
19.28
+0.8%
Rand - Aus dollar
11.88
+0.6%
Rand - Jen
0.13
+0.5%
Platinum
995.19
+1.5%
Palladium
1,465.83
-0.8%
Goud
1,978.68
-0.1%
Silwer
24.15
+1.0%
Brent-ruolie
79.27
+1.3%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na liefde
Ek is eerlike opreg en weet hoe om ' n dame spesiaaal te laat voel. Ek hou ook van buite lewe en avontuurlustig
Rustig
.,. . . . . . is byna sigbaar vir ander Die volgende beskrywings gee lede 'n voorsmakie van jou persoonlikheid en wie jy werklik is. Moenie bekommerd wees om dit die eerste...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot