AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Staatsrede: Landbou vra planne met beurtkrag

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS
Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS
Die landbousektor hoop om Donderdag kragdadige en indringende planne oor hoe die regering die kragkrisis vorentoe gaan bestuur, uit die mond van die president self te hoor.

Pres. Cyril Ramaphosa spreek Suid-Afrika Donderdag toe wanneer hy sy staatsrede vir 2023 in Kaapstad lewer. Daadwerklike planne vanaf regeringskant wat sal aandui hoe die kragkrisis, bedrywighede by Eskom, beurtkrag en voedselsekerheid vanjaar deur die stormwater gestuur gaan word, blyk hoog op die wenslysies van opposisiepartye, burgerlike organisasies en die landbou te wees.

Voedselsekerheid in gedrang

Waarskuwings oor die moontlike gevolge van voortslepende beurtkrag op die landbousektor en voedselsekerheid klink uit verskeie oorde al hoe harder op.

Volgens Anchor Capital kan voortslepende beurtkrag ’n aansienlike impak op voedsel in Suid-Afrika hê.

“Beurtkrag verhoog regstreeks en onregstreeks die koste van die voedselketting, byvoorbeeld as gevolg van vermorsing en verrotting. Hierdie koste kan nie in die waardeketting opgeneem word nie, maar word grotendeels aan verbruikers oorgedra. Suid-Afrika se unieke energiekrisis gaan moontlik die hoofrede wees waarom die land se ekonomie nie vanjaar die wêreldwye neiging van dalings in kosprysinflasie gaan volg nie, maar voedselsekerheid in die land gaan vererger.”

Agri SA sê dit gaan nie genoeg wees om net ’n nasionale ramptoestand af te kondig om die kragkrisis te bestuur en voedselsekerheid te beskerm nie.

“Voedselsekerheid hang in die weegskaal sonder onmiddellike optrede oor Eskom,” sê mnr. Christo van der Rheede, uitvoerende hoof van Agri SA. Suid-Afrika kort toegespitste verligting.

“Die enigste manier om voedselsekerheid in Suid-Afrika te waarborg, is die aankondiging van onmiddellike optrede wat die regering en Eskom gaan doen om die vernietigende las van beurtkrag op boere te verlig. Sonder dringende optrede kan Suid-Afrikaners in die nabye toekoms verwag daar gaan oeste wees wat nie realiseer nie, hoër kospryse en tekorte aan sekere produkte,” waarsku Van der Rheede.

“Beurtkrag het meer as verdubbel van September tot Januarie gemeet teenoor die vergelykbare tydperk in 2021. Weens hierdie katastrofe het die landbousektor al meer as R23 miljard gedurende die nege maande van die huidige oorsigtydperk verloor.”

Hy waarsku dié verlies kan in 2023 net vererger, sowat 800 000 werksgeleenthede in gedrang bring en die landbousektor se volhoubaarheid bedreig.

“Ons almal moet eet, maar sonder betroubare en volhoubare kragvoorsiening is dit problematies vir produsente om volhoubaar voedsel te produseer. Ons hoop die regering besef die erns van die saak en verwag dat die president dit in die staatsrede sal bespreek,” sê mnr. Jannie Strydom, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap. Hy sê alle sektore kry swaar, maar indien die kragkrisis nie dringend aandag geniet nie, sal Suid-Afrika se voedselsekerheid in gedrang wees.

“Gegewe die reusagtige ongunstige impak van beurtkrag op alle sektore, verwag ons dat dié kwessie dringend aangepak word. Hoewel die landbousektor nie ’n werkbare korttermynoplossing verwag nie, sal ons graag wil sien dat die sektor as noodsaaklike sektor verklaar word.”

Breekpunt al hoe nader

Mnr. Roelie van Reenen, uitvoerende beampte vir die voorsieningsketting by die Beefmaster-groep, waarsku terwyl die regering oorweeg om ’n nasionale ramptoestand weens die kragkrisis af te kondig, bring die situasie reeds boere en die landbousektor se waardeketting nader aan breekpunt.

“Voedseltekorte of duurder voedsel gaan van die gevolge wees van voortgesette beurtkrag,” waarsku hy.

Hy sê boere maak planne en span sekere hulpmiddele soos kragopwekkers in om hul gewasse te besproei, maar dat dit beteken koste om te produseer, verhoog ook. “Ongelukkig sal hierdie koste van die verbruikers verhaal word, wat beteken kospryse gaan moontlik verhoog.”

Agri SA se voorstelle aan Ramaphosa oor hoe die landbousektor en voedselsekerheid beskerm kan word midde die kragkrisis:
  1. Verklaar die landbousektor en sy waardeketting as noodsaaklike dienste.
  2. Stel die landbousektor gedeelte vry van beurtkragfases bo vlak 4.
  3. Laat hoë rabatte op diesel en petrol toe wat ingespan word vir kragopwekking.
  4. Pas die huidige tariefstruktuur aan sodat koste verminder word wanneer elektrisiteit in spitstye gebruik moet word.
  5. Identifiseer kritieke areas en pas beurtkragskedules aan om dit te akkommodeer.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Leweslustig ,Geniet die lewe
Lewenslustig. Hou van 4×4. Asook kamp. Dans graag. Baie vriendelik en spontaan. Diere tans friesperde asook miniatuurperde en 3 yorkies. Braai graag asook fliek en vertonings...
Fantastiese kok wil jou lewe bietjie geur
Free spiritual open minded romanticse liefde volle dame, wat soveel liefde het om te gee, het nie tyd vir games en man's wat nie weet wat hul wil he nie, soek n soul mate xxx
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot