AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9498,8
-161,20
CORN
24 Mrt
-
4060
45,00
SOYA
24 Mrt
-
8135
-88,00
SUNS
24 Mrt
-
8630
-225,00
WEAT
24 Mrt
-
6430
65,00
WMAZ
24 Mrt
-
3842
55,00
YMAZ
24 Mrt
-
4029
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Steyn gaan aan met haar werk, ondanks optog teen haar

akkreditasie
Die South African Farmers Development Association (Safda) het in Durban ’n optog gehou om me. Annette Steyn, die DA se skaduminister vir landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, te kry om haar neus uit hulle sake hou. Foto: Verskaf
Die South African Farmers Development Association (Safda) het in Durban ’n optog gehou om me. Annette Steyn, die DA se skaduminister vir landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, te kry om haar neus uit hulle sake hou. Foto: Verskaf
Die South African Farmers Development Association (Safda) het in Durban ’n optog gehou om me. Annette Steyn, die DA se skaduminister vir landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, te kry om haar neus uit hul sake te hou.

Op Melmoth het ’n splintergoep van die Isizwe Sakwa Dludla-gemeenskap weer teen Safda betoog.

Die Durbanse Hooggeregshof het vroeër ’n dringende hofaansoek van Safda goedgekeur waarvolgens Steyn sekere uitsprake nie teen die organisasie mag maak nie. Die DA staan die dringende aansoek teen. In sy aansoek word uitgewys hoe Safda ’n haatveldtog op sosiale media teen Steyn van stapel gestuur het. Sy sê in ’n beëdigde verklaring sy is geïntimideer en met geweld gedreig, en word openlik swartgesmeer. “Ek gaan aan met my werk en gaan my nie steur aan mense wat sê ek moenie my werk doen nie,” sê Steyn aan Landbouweekblad.

Safda se aksie teen Steyn volg op ’n verklaring wat sy op 7 Mei uitgereik het waarin sy vra waarom me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, altesaam R158 miljoen in die 2018-’19- en 2019-’20-boekjaar aan die organisasie toegestaan het. Sy het ook uitgewys dat die departement ’n winsgewende spaarvarkie vir derdeparty-organisasies geword het wat toelaes van miljoene rande kry om as implementeringsagentskappe op te tree. Sy wil onder meer van Didiza weet waarom Safda vir hierdie ondersteuning uitgesonder word.

Steyn het voor die uitreiking van die verklaring besoek gebring aan ’n groep gemeenskapslede van die Isizwe Sakwa Dludla-gemeenskapstrust wat wil hê die Hooggeregshof in Durban se besluit dat Safda hul eisgrond mag bestuur, omgekeer moet word. Volgens hierdie groep, wat gelei word deur mnr. Alfred Thembinkosi Dludla, het die meerderheid begunstigdes nie ingestem tot die inbring van Safda nie.

Betoging

Safda, wat Woensdag, 28 April, die optog gehou het, sê in sy memorandum onder meer dat hy die steun van “progressiewe” DA-LPs waardeer wat hom ondersteun het in die vyfde parlement, maar dat wat Steyn nou doen onverantwoordelik is. “Sy misbruik haar posisie as ’n openbare verteenwoordiger om die verkeerde agendas te bevorder, en dit moet ontbloot word.” Daar word ook in die memorandum verwys na die verklaring wat sy uitgereik het. Safda vra dat Steyn nie die gemeenskap verdeel nie en dat sy afgedank word.

Safda beweer ook dat sy ’n rassistiese houding het, wat hy verwerp. Haar rassistiese houding is volgens Safda te bespeur in die feit dat sy beweer Safda is betrokke met onreëlmatige reëlings met die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling. Die organisasie beklemtoon dat hy nie die enigste een is wat finansiering van die departement kry nie.

Stop Annette Steyn Safda
Die South African Farmers Development Association (Safda) het in Durban ’n optog gehou om me. Annette Steyn, die DA se skaduminister vir landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, te kry om haar neus uit hulle sake hou. Foto: Verskaf
Stop Annette Steyn Safda
In Melmoth het ’n splintergoep van die Isizwe Sakwa Dludla-gemeenskap weer teen Safda betoog. Foto" Verskaf

Die Isizwe Sakwa Dludla-groep, gelei deur Dludla, het in ’n memorandum, wat aan onder andere Didiza gerig is, gevra dat die ooreenkomste wat die drie geskorste trusteelede met Safda aangegaan het om die eisgrond te bestuur, onmiddellik ter syde gestel word. Die plase moet dan teruggegee word aan die Dludla-eisgemeenskap sodat ’n demokraties verkose bestuurskomitee dit kan administreer.

Daar word ook gevra dat Safda onmiddellik van hul grond afgesit moet word en dat hy ten volle verslag doen van alle inkomste en uitgawes rakende die plase.

Steyn se kommentaar

Steyn het reeds parlementêre vrae aan Didiza gestel wat eers volgende week na haar sal gaan aangesien die Parlement nog in reses is.

Sy wil weet of die departement of enige entiteit onder Didiza sedert 2015 enige geld aan Safda betaal het, wat die bedrag jaarliks is, onder watter program, asook die volle besonderhede van die doel van die finansiering. Sy vra verder of die departement enige ooreenkomste met Safda geteken het om werk namens die departement te doen. Indien wel, wat die besonderhede van elke ooreenkoms is, wie verantwoordelik is vir die monitering en evaluering van die werk wat gedoen word en of kopieë van alle ooreenkomste verskaf kan word.

Sy vra ook of die departement betrokke is by enige hofsake teen die Mthonjaneni-gemeenskapstrust en wat die rede daarvoor is. Sy het vroeër ook besoek aan hierdie gemeenskap afgelê.

Aan mnr. Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en mededinging, vra sy of sy departement of enige entiteit enige geld sedert 2015 aan Safda betaal het en wat die volle besonderhede daarvan is. Sy wil ook weet of die departement enige ooreenkomste met die organisasie gesluit het en wat die volle detail daarvan is.

Steyn sê dit is vir haar vreemd dat Safda ’n dringende hofaansoek gebring het sodat sy haar verklaring kan terugtrek en niks meer vrae mag vra nie, terwyl hul optog nou soveel mediabelangstelling lok. “Almal skryf nou daaroor, dus dink ek hulle is besig om hulself in die voet te skiet. Die feit van die saak is hulle moet antwoorde verskaf oor wat hulle gedoen het.”

Safda het by sy optog plakkate gehad wat lui, “rassistiese Annette Steyn, hou jou hande af van ons swart boere” (racist Annette Steyn, hands-off black farmers). Vir Steyn is dit vreemd dat sy, noudat sy intensief na swart boere se situasie kyk – wat deel van haar werk as skaduminister van landbou is, as ’n rasis uitgekryt word.

In ’n onderhoud met RSG rakende vrae oor droogtehulp in KwaZulu-Natal, het Safda uitgewys hy het droogtehulp aan boere daar verskaf. Steyn sê toe die parlement se portefeuljekomitee vir landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling egter oorsigwerk gedoen het, kon geen bewyse gevind word dat die geld bestee is nie. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.20
-0.6%
Rand - Pond
22.23
+0.0%
Rand - Euro
19.56
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.08
+0.1%
Rand - Jen
0.14
-0.9%
Platinum
971.69
-1.3%
Palladium
1,406.16
-1.2%
Goud
1,994.44
+0.0%
Silwer
23.27
+0.7%
Brent-ruolie
75.91
-1.0%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Maatjie vir n praat Jim
Eks eerlik opreg en het baie liefde wat ek kan bied hou van Kamp buielewe en sommer net rustig te verkeer
Kom ons skryf ons eie roman
Wel ek hou van baie lag, dus vriendelik. Ek is energiek en wil nog die lewe geniet. Hou van stap en soms oefen as tyd dit toelaat. Hou van die buitelewe en natuur. Geniet dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot