AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9498,8
-161,20
CORN
24 Mrt
-
4060
45,00
SOYA
24 Mrt
-
8135
-88,00
SUNS
24 Mrt
-
8630
-225,00
WEAT
24 Mrt
-
6430
65,00
WMAZ
24 Mrt
-
3842
55,00
YMAZ
24 Mrt
-
4029
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Studente word deel van landbou-familie by UV

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Op die bekendstelling van Kovsies Agri aan die media was, van links, prof. Frikkie Maré, akademiese departementshoof van landbou-ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), mnr. Henco Strydom, ondervoorsitter van Kovsies Agri, me. Nicola Wiid, voorsitter van Kovsies Agri, en dr. Theo de Jager, voorsitter van Saai. Foto: Vida Booysen
Op die bekendstelling van Kovsies Agri aan die media was, van links, prof. Frikkie Maré, akademiese departementshoof van landbou-ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), mnr. Henco Strydom, ondervoorsitter van Kovsies Agri, me. Nicola Wiid, voorsitter van Kovsies Agri, en dr. Theo de Jager, voorsitter van Saai. Foto: Vida Booysen
Die landbou is deesdae ’n gesogte beroepskeuse wat al hoe meer jong mense lok. Maar hulle benodig praktiese ondervinding en netwerkgeleenthede terwyl hulle studeer.

Al hoe meer jong mense studeer landbou aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), maar al hoe minder van hulle kom van plase af, sê prof. Frikkie Maré, hoof van die departement landbou-ekonomie aan die UV. Hy sê die beroepsmoontlikhede is nou só wyd dat sekere landboupraktisyns dalk selde of ooit op ’n plaas sal kom en heeldag in ’n kantoor werk.

’n Nuwe studenteorganisasie, Kovsies Agri, wil dié gaping tussen die landbouwaardeketting en die toekomstige boere en ander landbouberoepslui kleiner maak. Die organisasie, waarvan lidmaatskap oop is vir alle studente aan die UV wat in die landbou belang stel, wil nie net studente se landboukennis en -ervaring verbreed nie, maar ook ’n familie-omgewing by die UV skep vir studente met dieselfde belangstellings in die landboubedryf.

“Kovsies Agri gaan ’n reeks sosiale geleenthede aanbied wat studente van alle fakulteite in staat stel om by mekaar te leer, want die landbou bestaan uit baie verskillende loopbane,” sê me. Nicola Wiid, voorsitter van die organisasie en ’n derdejaarstudent in landbou. “Ons wil studente Nampo toe neem, asook na boeredae en landbou-inligtingsdae waar hulle praktiese ervaring kan opdoen.”

Voorgenome projekte sluit ’n boeredag vir vroue in, waar die suksesverhale van vroue in die landbou uitgelig word. “Ons wil wys dat dit ook vir vroue moontlik is om in die landbou te floreer,” sê Wiid.

Die nuwe organisasie is in vennootskap met die familieboerenetwerk Saai op die been gebring en is ook ’n strategiese vennoot van Tuks Landbou, ’n soortgelyke studente-organisasie aan die Universiteit van Pretoria wat reeds 18 maande aan die gang is.

Dr. Theo de Jager, voorsitter van Saai, sê dié studente is die leiers van môre en Saai wil help met hul ontwikkeling en met die vorming van toekomstige landboubeleid. “My grootste vreugde is om met jong mense te werk, want dit gee my ’n blik op die toekoms as ek na hul drome en aspirasies luister.”

Nog inligting oor Kovsies Agri kan op sy Facebook-blad, https://www.facebook.com/kovsiesagri verkry word of stuur ’n e-pos aan info@kovsiesagri.co.za.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.18
-0.5%
Rand - Pond
22.21
+0.1%
Rand - Euro
19.55
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.08
+0.1%
Rand - Jen
0.14
-1.0%
Platinum
975.70
-0.9%
Palladium
1,428.85
+0.4%
Goud
1,997.90
+0.2%
Silwer
23.42
+1.3%
Brent-ruolie
75.91
-1.0%
Top-40
69,179
-1.3%
Alle aandele
74,698
-1.2%
Hulpbronne 10
64,279
-1.4%
Industriële 25
101,581
-1.0%
Finansiële 15
15,191
-1.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek weet wat ek uit die lewe wil he
Om my te leer ken vat soms langer omdat ek n redelike groot introvert is. Ek is n stil mens, maar saam met die regte persoon kan ek ure lank n intelligente gesprek voer. Ek is...
Nie net n goeie mamma,Kan n goeie vriendin ook wees
Want Ek is opregte mense. Het baie seer gekry. Ek is reguit mens. Ek is Altyd vriendelik en gee my Al's. Ek Hou daar van Om Saam mense te lag en sports te Kan hê. Ek Kyk...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot