Mnr. Wilco Fourie, voorsitter van die Oranjerivier-landbou-unie, sê dit is omdat die Gariepdam vóór die onlangse swaar reën in sy opvangsgebiede bufferkapasiteit gehad het.
Vergeleke met die spits van sowat 4 000 kumek (kubieke meter per sekonde) in die Benede-Oranjerivier in die tweede helfte van verlede maand word ’n spits van sowat 2 500 kumek nou rondom Kersdag verwag.
“Die departement van water en sanitasie het die Gariepdam se vlak ná die vorige hoë vlak in November laat daal tot 95%. Dit het ons ongelooflik baie gehelp. Dit het bufferkapasiteit in die dam geskep, sodat die invloei van die Bo-Oranjerivier in die dam geabsorbeer kon word,” het Fourie vroeër vandag (20 Desember) gesê.