AFGRI
BEAN
30 Nov
-
9211
0,00
CORN
30 Nov
-
4484
0,00
SOYA
30 Nov
-
8990
89,00
SUNS
30 Nov
-
11285
0,00
WEAT
30 Nov
-
6666
0,00
WMAZ
30 Nov
-
5260
-21,00
YMAZ
30 Nov
-
5109
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Stygende insetkoste plaas boere in knyptang

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Lourens van der Linde
Foto: Lourens van der Linde
Stygende produksiekoste van noodsaaklike landboumiddels, arbeid en ander oorhoofse koste, veroorsaak ernstige probleme vir voedselproduksie in Suid-Afrika, sê mnr. Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van Agri SA.

Hy sê die koste van kunsmis, onkruiddoders, verpakking, diesel, elektrisiteit en arbeid styg só vinnig dat dit byna onmoontlik raak vir baie boere om voedsel volhoubaar te produseer.

Daarom doen Agri SA ’n beroep op alle belanghebbendes, onder meer die regering, om in te gryp sodat die koste van belangrike middels verminder kan word. “Dit is belangrik om produksiemiddels wat plaaslik beskikbaar is, te optimaliseer om ’n dreigende krisis ten opsigte van volhoubare voedselproduksie en dus voedselsekerheid, af te weer.”

Hy sê internasionale kunsmispryse het oor die afgelope jaar gestyg, maar Suid-Afrika het toegang tot ’n plaaslike kunsmisprodusent, naamlik Foskor. Tog word Suid-Afrika volgens ’n onlangse studie deur die buro vir voedsel- en landboubeleid (BFAP) gereken as die derde duurste land ten opsigte van kunsmiskoste wat graan- en oliesadeprodusente betref.

“Suid-Afrika het onlangs toenemend afhanklik geraak van ingevoerde kunsmis vanweë Foskor se onvermoë om bekostigbare fosfaat aan die Suid-Afrikaanse kunsmismark te verkoop. Suid-Afrika voer tans ongeveer 80% van fosfaat vir kunsmisvervaardigers in. Dit het ’n ongunstige impak op kunsmispryse, wat dan aanleiding gee tot aansienlike stygings in die veranderlike produksiekoste van boere.”

Van der Rheede sê Foskor het een van die beste gehalte fosfaat-hulpbronne ter wêreld, asook die vermoë om fosfaat aan Suider-Afrika te lewer, maar dat probleme met bestuur en voorraad die fosfaatprys verhoog en vertragings veroorsaak. Dit word vererger deur die herhaaldelike sluiting van vervaardigingsaanlegte op Richardsbaai, wat ontwrigting in die waardeketting veroorsaak.

“Die kombinasie van prysstygings vir boere en ontwrigting in die voorraad hou tans ’n risiko in vir voedselsekerheid en het ’n vernietigende uitwerking op die winsgewendheid en volhoubaarheid van boere.”

Agri SA doen ’n beroep op die nywerheidsontwikkelingskorporasie (IDC) en die departement van handel en nywerheid om met die landbousektor en ander belanghebbendes te skakel met die oog op optimalisering van Foskor se uitset en om te verseker dat die landboubedryf voordeel trek uit gereelde voorsiening en bekostigbare pryse. “Dit is noodsaaklik aangesien verskeie groot kunsmisvervaardigers in Europa gedwing is om produksie af te skaal weens hoër gaspryse.”

BRANDSTOFPRYSE

Volgens hom is nog ’n bron van kommer die feit dat jaarlikse brandstofinflasie sedert April 2021 hoër is as oorhoofse inflasie. Volgens Statistieke SA styg voedselinflasie aanhoudend, met tot 4,8% in Augustus vanjaar en tot 5% in September. “Die potensiële verandering in brandstofpryse is baie kommerwekkend, veral met aanplantings onderweg vir die someroesseisoen.”

Agri SA doen versoek dus dat die departement van minerale en energie die brandstofprys met onmiddellike effek moet dereguleer. “Ons kan nie langer gyselaar gehou word deur beleid en beleidmakers wat groter regeringsbeheer oor die ekonomie en kritieke kommoditeite soos brandstof, elektrisiteit, water en gas wil uitoefen nie.

“Ons word hierin ondersteun deur die tesourie, wat in 2019 ’n besprekingsdokument gepubliseer het waarin hulle reeds die deregulering van die land se brandstofprys aanbeveel as een van menige maatreëls om ekonomiese groei te stimuleer en die koste van diesel te verlaag.”

Hy sê die produksie van bekostigbare, goedkoop en gesonde voedsel moet Suid-Afrika se grootste voorrangsaak wees. “Dink aan die maatskaplike onrus wat sal volg indien voedsel te duur word of as ons ’n voedseltekort in die land sou ervaar.

“In die afwesigheid van produsente-ondersteuning, is dit uiters belangrik dat insetkoste in toom en op ’n bekostigbare vlak gehou word. In hierdie verband het die regering, in samewerking met alle belanghebbendes in die landbousektor, ’n belangrike rol te speel om die landbousektor winsgewend en mededingend te hou.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.97
+0.2%
Rand - Pond
20.31
-0.0%
Rand - Euro
17.55
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.36
-0.0%
Rand - Jen
0.12
+0.0%
Goud
1,753.01
+0.2%
Silwer
21.22
-0.2%
Palladium
1,877.07
+2.0%
Platinum
1,008.00
+0.2%
Brent-ruolie
83.03
-0.2%
Top-40
66,816
0.0%
Alle aandele
73,128
0.0%
Hulpbronne 10
71,369
0.0%
Industriële 25
88,068
0.0%
Finansiële 15
16,117
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Tyd om te Glo Liefde Bestaan
Ek is enkel lopend Vir 5 Jaar het te veel Seer gekry Al in my Lewe wil maar net weer n Vriendin ontmoet en Kyk of daar iets daar uit Kan ontwikkel of net vriende Kan Bly of wees...
Kom ons geniet die lewe
Ek is n baie liefdevolle vrou Hou van stap tennis speel. Bak en brou graag, verf doen allerhande kreatiewe goed Hou van uithaal. Mal oor die see Eenvrou man .
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot