AFGRI
BEAN
30 Nov
-
9211
0,00
CORN
30 Nov
-
4500
-20,00
SOYA
30 Nov
-
10330
-69,00
SUNS
30 Nov
-
9980
-58,00
WEAT
30 Nov
-
6658
-8,00
WMAZ
30 Nov
-
5314,8
-43,20
YMAZ
30 Nov
-
5062,2
-46,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Suid-Afrika by ’n kantelpunt ná onluste

akkreditasie
Verskeie beskadigde vragmotors en voertuie staan op die N3 naby Mooirivier Saterdagoggend. Foto: Lloyd Phillips
Verskeie beskadigde vragmotors en voertuie staan op die N3 naby Mooirivier Saterdagoggend. Foto: Lloyd Phillips
Organisasies wat by die ad hoc-groep vir die beskerming van eiendomsregte betrokke is, is dit eens dat die Julie-onluste Suid-Afrika by ’n kantelpunt gebring het waar gesien kan word hoe ver die staat reeds misluk het en hoe sterk paralelle strukture reeds in die land ontwikkel het, veral wat veilgheid betref.

Tydens ’n webinaar oor anargie en die grondwetlike bedeling het verskeie sprekers gesê die tyd vir praat is verby. Mense moet ter wille van hul eie veiligheid by plaaslike burgerlike organisasies betrokke raak.

Prof André Duvenhage, politieke ontleder van die Noordwes-Universiteit, het gesê daar is inmenging van veiligheidsinstellings omdat politieke instellings disfunksioneel raak. Daarby is daar groot vraagstukke binne die ekonomie en die leierskap van die president is ernstig onder verdenking.

“Dit skep die grootste politieke, ekonomiese en maatskaplike kwessies sedert 1994. Die staatsveiligheidsektor het heeltemal misluk en het die regering amper in ’n reusekrisis laat beland. Enige politiekte leier wat sy sout werd is, sal drasties handel en optree. Die vraag is of pres. Ramaphosa oor die magsbasis binne die ANC beskik om teen van sy ministers op te tree, want daar sal drasties huis skoongemaak moet word.”

Volgens Duvenhage wend die regering hom in ’n krisis hom al meer tot radikale en nie-haalbare wetgewing. “Dink maar net wat die gevolge sal wees as daar ’n verandering aan artikel 25 van die Grondwet kom, of die voorgestelde wysiging aan die wapenwet met die bittere ironie dat private wapeneienaars die polisie in KwaZulu-Natal te hulp moes snel. Die ANC as organisasie sal drasties hervorm moet word indien ons ’n toekoms in hierdie land wil bou.”

Duvenhage het gesê hy is oortuig daarvan dat wat in KwaZulu-Natal en Gauteng gebeur het, van binne die ANC kom en deur komponente van die ANC bestuur is.

Mnr. Dave Steward van die FW de Klerk-stigting het op sy beurt gesê meer as 300 mense is in die onluste dood, wat meer is as tydens die onrus van die 1980’s. Daar was ook ernstige skade aan meer as 180 winkelsentrums, meer as 100 apteke en meer as 160 drankwinkels. Die skade word op sowat R40 miljard geraam.

Hy sê wat uitgestaan het, was die samewerking deur die burgerlike samelewing teen die plunderaars. “Gewone burgers en gemeenskappe het uit verskille rassegroepe byeengekom om hulself en hul eiendom te beskerm. Ons het ook gesien hoe hulle ná die skade opgeruim het. Terwyl die staat misluk, is dit die private sektor en die burgerlike samelewing wat die land aan die gang hou.”

Gevaar

Steward meen egter daar is ’n groot gevaar van rassekonflik as die oproer voortduur sonder inmenging van die polisie, en veral as dit aangevuur word deur opstokers. ’n Ekonomiese krisis kan ook tot verdere onrus lei. Hy glo die burgerlike samelewing sal in ’n groter mate moet saamstaan en dalk iets soos ’n nasionale konvensie hou om oplossings te soek. “Daar moet dalk weer gekyk word na iets soos ’n nasionale vredesverdrag om mense se gedrag te reguleer en plaaslike komitees om orde te handhaaf.”

Prof. Jannie Rossouw van die Wits-sakeskool het gesê om die land te red, is iets soos ’n regering van nasionale genesing nodig waarin alle politieke partye ’n rol moet speel, soos in die geval van ’n regering van nasionale eenheid. Die oorsigfunsie sal dan op kabinetsvlak wees om beheer te verseker, aangesien die parlement dit nie meer kan regkry nie.

Skade

Oor die skade van die plundering het Rossouw gesê die Suid-Afrikaanse spesiale risiko-versekeringsagentskap (Sasria) sal R20 miljard kan betaal, maar dit sal al die reserwes wat oor vier dekades opgebou is, uitwis. “Nóg plundering van hierdie omvang, en die belastingbetalers sal moet betaal.”

Hy het beklemtoon dat die regering niks anders as staatskuld besit nie, en reeds 20c uit elke rand van belastingbetalers net aan rente bestee. “Daarby gaan die helfte van die bevolking (sowat 30 miljoen) nou toelaes kry, terwyl net 14 miljoen mense werk. Dit is ekonomies onhoudbaar. Daarby gaan die toelae van R350 waarskynlik nou permanent deel van die staatsuitgawes word, wat ons nóg vinniger by die fiskale afgrond sal bring.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.98
+0.1%
Rand - Pond
20.31
-0.0%
Rand - Euro
17.58
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.40
-0.3%
Rand - Jen
0.12
+0.1%
Goud
1,756.10
+0.4%
Silwer
21.37
+0.5%
Palladium
1,877.11
+2.0%
Platinum
1,014.52
+0.9%
Brent-ruolie
83.03
-0.2%
Top-40
67,359
+0.8%
Alle aandele
73,715
+0.8%
Hulpbronne 10
72,005
+0.9%
Industriële 25
88,977
+1.0%
Finansiële 15
16,158
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Buite persoon
Ek is ñ man met ñ sagte hart, buite persoon hou van die natuur. Romanties, sag van geaard. Leef vir Jesus. Hou van musiek luister en net rustig wees
Opsoek na nuwe avonture
Ek is spontaan en iemand wat nie bang is om die lewe ten volle te geniet nie. Is 'n verantwoordelike mens en stel ander se belange altyd op die hart. Is baie lief vir kos...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot