AFGRI
BEAN
01 Des
-
7443
0,00
CORN
01 Des
-
3693,68
0,00
SOYA
01 Des
-
7497
0,00
SUNS
01 Des
-
11232
0,00
WEAT
01 Des
-
6120
0,00
WMAZ
01 Des
-
3360
0,00
YMAZ
01 Des
-
3630
0,00
AMT
Beeste A2/3
19 Nov
-
53,63
-0,61
Beeste AB2/3
19 Nov
-
52,36
-0,27
Beeste B2/3
19 Nov
-
49,93
-0,39
Beeste C2/3
19 Nov
-
45,77
-1,34
Bevrore Hoender
19 Nov
-
28,97
0,09
Bokkies (onder 30 kg)
19 Nov
-
67,06
4,88
Bokooie
19 Nov
-
45,82
0,53
Groot (meer as 40 kg)
19 Nov
-
41,22
-4,20
Hoender (IQF)
19 Nov
-
26,15
-1,27
Medium (30-40kg)
19 Nov
-
53,18
-4,22
Pork Average
19 Nov
-
28,19
-0,22
Poultry Average
19 Nov
-
28,45
-0,37
Skaap A2/3
19 Nov
-
84,77
-0,53
Skaap AB2/3
19 Nov
-
75,76
-0,93
Skaap B2/3
19 Nov
-
71,89
-0,34
Skaap C2/3
19 Nov
-
70,02
0,06
Speenkalf
19 Nov
-
41,47
0,33
Spekvarke
19 Nov
-
29,28
-0,13
Stoorlammers
19 Nov
-
45,93
1,54
Varkwors
19 Nov
-
23,47
-0,03
Vars Hoender
19 Nov
-
30,25
0,07
Vleisvarke
19 Nov
-
28,07
-0,37
Wol (skoon)
19 Nov
-
170,08
-5,21

Suid-Afrika by ’n kruispad met onteiening sonder vergoeding

akkreditasie
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
As radikale groepe in Suid-Afrika besluit om reg in eie hande te neem omdat hulle glo die regering gaan nou voor die voet grond sonder vergoeding onteien, kan ’n ondenkbare chaos ontstaan, waarsku dr. Roelof Botha, ekonoom van die Optimum-beleggingsgroep.

Botha het op ’n Agri SA-nuuskonferensie oor die moontlike opsies met grondhervorming gesê Suid-Afrika is by ’n kruispad met onteiening sonder vergoeding. “Dit is ’n ongelooflike ernstige kwessie en as die verkeerde besluite nou geneem word, is Suid-Afrika in sy peetjie.”

Hy het die bevindinge van ’n onafhanklike verslag oor die ekonomiese gevolge van onteiening sonder vergoeding bespreek. In die ondersoek is gekyk die ekonomieë van lande soos Roemenië, Ethiopië, Venezuela, Zimbabwe, Portugal en Spanje wat die pad van onteiening sonder vergoeding gevolg het.

In Venezuela is die inflasiekoers 25 000% en sy geldeenheid is waardeloos. Hy sê private eiendomsreg is een van die pilare van ’n vryemarkstelsel en as mens die verskil wil sien tussen die vrye mark en kommunisme moet mens net kyk na die verskil in die satellietbeelde in die nag tussen Suid- en Noord-Korea. Noord-Korea is pikdonker en in Suid-Korea skitter die ligte.

Hy sê lande soos Spanje en Portugal het betyds hul fout besef en van rigting verander. Hulle het eiendomsregte herstel, dit binne hul grondwet beskerm en vandag is hulle deel van die Europese Unie en welaf. “Maar dit is steeds beter om nie die fout aanvanklik te begaan en dit dan te probeer regstel nie.”

Zimbabwe

Botha sê wat die situasie in Zimbabwe betref, hoef almal wat by die debat betrokke is, maar net vir hulleself te vra hoekom is daar 4 miljoen Zimbabwiërs in Suid-Afrika. “Dit was alles die gevolg van onteiening sonder vergoeding. Alles in Zimbawe het ten gronde gegaan en vandag probeer die regering om die fout reg te stel deur vergoeding aan te bied, maar die boere is nie meer daar nie. Hoekom sal ons hierdie fout wil herhaal? Ons het grondhervorming nodig, maar dan moet dit verstandig gedoen word.”

Hy stel ’n Kodesa-tipe oplossing voor waar almal sonder emosie aan die tafel sit en na realistiese oplossing soek en kyk na grond wat aan die staat behoort wat vir ontwikkeling gebruik kan word. “Daar is nie ’n enkele probleem wat nie opgelos kan word deur die regte beleid, samewerking met die regering en die regte planne nie.”

Hy sê 42% van ’n gemiddelde boer in Frankryk se inkomste bestaan uit staatshulp en ondanks hierdie situasie kan Suid-Afrikaanse boere steeds winsgewend daarheen uitvoer hoewel hulle geen staatsubsidies ontvang nie. “Dit is hoe goed hierdie sektor presteer en hoe hy deur die buiteland gesien word. Dit gaan my verstand te bowe dat ons regering iets kan doen om skade aan te rig aan hierdie sektor wat verreweg die mees diverse en stabiele landbou-sektor op die vasteland is.”

Hy waarsku as onteiening sonder vergoeding in Suid-Afrika skeefloop, kan dit rampspoedige gevolge inhou. Werkloosheid sal toeneem en die openbare skuldlas sal Suid-Afrika se inkomste begin oorskry. “Ons kan dan binne ’n jaar of drie ’n situasie bereik waar die regering nie meer in staat sal wees om welsynstoelaes te betaal nie. Daar is minstens 18 miljoen ontvangers van toelaes en jy kan jou net indink watter tipe maatskaplike onrus in die land sal losbars as dit moet gebeur. Die ekonomiese implikasies is net ondenkbaar.”

Oor beleggings sê Botha Suid-Afrika moet in gedagte hou dat daar meer as 200 lande is wat almal buitelandse beleggings probeer lok. “Dit is ’n hoogs mededingende ekonomiese omgewing en ons moet met die res van die wêreld meeding om beleggings te lok en ook ons beleggings te behou. As groot beleggers onttrek, het ons baie ernstige probleme.” 

Gebeurlikheidsplanne

Intussen het Agri SA en verskeie ander organisasies in Suid-Afrika gebeurlikheidplanne gereed as die regering se proses van onteiening sonder vergoeding skeefloop. Agri SA sê hy probeer deurentyd waarsku oor die moontlike verwagte en onvoorsiene implikasies, maar hy het ook ’n regstrategie gereed as dit nodig sou wees.

Me. Annelize Crosby, hoof van Agri SA se grond- en regsake, sê die organisasie probeer sy uiterste bes om besluitnemers te beïnvloed om verstandige besluite te neem, maar dit is alles een stap op ’n slag, want niemand weet wat volgende gebeur nie. As die parlement roekeloos optree, sal alle wetlike opsies oorweeg word.

“Agri SA is totaal en al gekant teen onteiening sonder vergoeding en wil dit baie duidelik stel: Ons is gekant daarteen,” het hy gesê. Agri SA is egter nie gekant teen grondhervorming nie.

Sy sê Agri SA ondersteun die internasionale beginsel dat as iets in die openbare belang vir die hele gemeenskap gedoen word, die hele gemeenskap daartoe moet bydra. Die koste kan nie van individue of ’n enkele groep, soos kommersiële boere, verhaal word nie. Daar kan nie van boere verwag word om die verantwoordelikheid te dra vir geskiedkundige gebeure in die land nie. Dit is die verantwoordelikheid van die gemeenskap in sy geheel.

Agri SA glo ook ten volle in die vrye mark en basiese ekonomiese beginsels. As onteiening wel as ’n laaste uitweg noodsaaklik is ná ’n proses van onderhandeling en omdat daar ’n goeie rede daarvoor is, moet die beginsels van administratiewe geregtigheid te alle tye geld. Die mense wat daardeur geraak word, mag nooit slegter daaraan toe wees as voor die onteiening nie.

“Daar is ’n algemene vrees by mense dat die regering kan kom en voor die voet onteien vir enige rede. Hy kan dit nie doen nie en hy behoort dit nie te doen nie. Dit moet vir ’n baie spesifieke rede wees wat aan wetgewing voldoen. Almal moet ook volle toegang tot die howe daaroor hê.”

Crosby sê onder geen omstandighede moet die vergoeding aan die grondeienaar onderhewig wees aan die staat se begroting en hoeveel hy kan bekostig om te betaal nie. “Daar word nou in hierdie rigting beweeg waarin die staat se geld opraak, maar dit mag nooit as regverdiging dien om eiendom te onteien sonder behoorlike vergoeding nie.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.04
-1.0%
Rand - Pond
21.28
-0.7%
Rand - Euro
18.15
-0.8%
Rand - Aus dollar
11.39
-0.6%
Rand - Jen
0.14
-1.3%
Goud
1,781.01
+0.3%
Silwer
22.26
-2.5%
Palladium
1,736.96
-0.3%
Platinum
935.00
-0.6%
Brent-ruolie
69.23
-5.5%
Top-40
64,786
+1.1%
Alle aandele
71,198
+1.0%
Hulpbronne 10
67,859
+0.9%
Industriële 25
93,997
+0.9%
Finansiële 15
13,880
+2.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vreugde, Lewe, Wyn en Dans
EK is ń man wat vol energie is. My drome is groot en my verwagtinge is hoog. Daar is soveel mooi in wêreld en elkeen het ook sy skop gehad maar ek verkies om na jou...
Die lewe is 'n avontuur. Kom ons geniet dit saam.
Ek is 'n positiewe mens, van nature. Erg oor my kinders, familie en vriende. Gek oor my honde. En diere, die natuur. Hou van reis, en sloertoere. Lief vir kos maak. En...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot