AFGRI
BEAN
26 Nov
-
7600
0,00
CORN
26 Nov
-
3615
0,00
SOYA
26 Nov
-
7427
0,00
SUNS
26 Nov
-
11170
0,00
WEAT
26 Nov
-
6202
0,00
WMAZ
26 Nov
-
3420
0,00
YMAZ
26 Nov
-
3651
0,00
AMT
Beeste A2/3
12 Nov
-
53,56
-0,07
Beeste AB2/3
12 Nov
-
51,91
-0,45
Beeste B2/3
12 Nov
-
49,04
-0,89
Beeste C2/3
12 Nov
-
46,15
0,38
Bevrore Hoender
12 Nov
-
29,34
0,37
Bokkies (onder 30 kg)
12 Nov
-
66,06
-1,00
Bokooie
12 Nov
-
46,92
1,10
Groot (meer as 40 kg)
12 Nov
-
39,53
-1,69
Hoender (IQF)
12 Nov
-
27,78
1,63
Medium (30-40kg)
12 Nov
-
54,15
0,97
Pork Average
12 Nov
-
27,78
-0,41
Poultry Average
12 Nov
-
29,22
0,77
Skaap A2/3
12 Nov
-
84,63
-0,14
Skaap AB2/3
12 Nov
-
75,86
0,10
Skaap B2/3
12 Nov
-
72
0,11
Skaap C2/3
12 Nov
-
69,61
-0,41
Speenkalf
12 Nov
-
40,08
-1,39
Spekvarke
12 Nov
-
29,62
0,34
Stoorlammers
12 Nov
-
45,41
-0,52
Varkwors
12 Nov
-
22,96
-0,51
Vars Hoender
12 Nov
-
30,54
0,29
Vleisvarke
12 Nov
-
27,62
-0,45
Wol (skoon)
12 Nov
-
167,2
-2,88

Suid-Afrika se kosstelsels moet verbeter

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Gretchen Peiser
Foto: Gretchen Peiser
Die covid-19-pandemie het die broosheid van die land se kosstelsels, asook die noodsaaklikheid om ’n meer veerkragtige stelsel te bou, uitgewys, sê mnr. Mooketsa Ramasodi, waarnemende direkteur-generaal van die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling.

Die departement het sy 2020-’21-jaarverslag, wat ’n ongekwalifiseerde oudit-opinie van die ouditeur-generaal ontvang het, by die parlement ingedien. Hierdie verslag is ook die eerste gesamentlike verslag sedert die departement van landbou en die een vir landelike ontwikkeling en grondhervorming in 2019 saamgesmelt het.

Ramasodi sê kosstelsels wat vir die toekoms ontwikkel moet word, sal die struikelblokke moet vervat wat die landbousektor raak, insluitend klimaatsverandering, die migrasie van landelike na stedelike gebiede en grondhonger.

Hy wys uit met die aanvang van die pandemie het die staat beheermaatreëls ingestel wat die landbousektor gebuffer het om voedselsekerheid te verseker en ook dat landbou-kommoditeite uitgevoer kon word. Ondanks die pandemie, die droogte in sekere distrikte van die land, en plae en dieresiektes wat voorgekom het, het die landbousektor sterk gestaan en 13,1%-groei op ’n jaargrondslag aangeteken, met groot graanoeste en goeie uitvoer van vars vrugte as van die kerndryfvere.

Om hierdie groei vol te hou, sal tegnologie ’n hupstoot gegee moet word en die landbou aanloklik en markgesentreerd gemaak moet word. 

Programme geraak

Die pandemie het die departement se programme vir voedselsekerheid, landbou- en grondhervorming die hardste getref aangesien dienslewering hier tydsgebonde is en kontaksessies met belanghebbendes ’n integrale deel daarvan uitmaak. Ondanks hierdie kwessies is daar tog goeie vordering gemaak deurdat 314 grondeise afgehandel is, hoewel die begroting herprioritiseer moes word weens die pandemie. Altesaam 7 172 ha is ook beskikbaar gemaak vir plaasbewoners en huurarbeiders.

Met die vorige begrotingsaanpassings in Junie verlede jaar, wat weens die covid-19-pandemie gemaak moes word, het die nasionale tesourie die departement se programme vir voedselsekerheid, grondherverdeling, restitusie en landbou-ondersteuning met R1,89 miljard besnoei. Die departement se totale begroting vir die 2020-’21-boekjaar is toe met R2,39 miljard gesny, vanaf R16,8 miljard tot R14,4 miljard.

Met die Oktober 2020-begrotingsaanpassings het die program vir voedselsekerheid, grondhervorming en restitusie ’n bykomende R1 miljard gekry as deel van pres. Cyril Ramaphosa se werkskeppingsingrypingprogram, PESI.

Om volledige funksionele Agriparke te ontwikkel, is infrastruktuur by 15 produksie-ondersteuningseenhede vir boere (FPSU) opgerig wat daarop gemik is om marktoegang vir boere te verbeter. 

Swak besteding

Die departement het probleme ondervind om R757 miljoen van die PESI van R1 miljard te bestee en moes die nasionale tesourie vra om dit vir die 2021-’22-boekjaar weer uit te reik. Die geld sou aangewend word vir bestaansboere deurdat hulle insetkoopbewyse kry. Bestaansboere wat kos op huishoudelike vlak in semi-stedelike- en landelike gebiede op grond van ’n kwart tot een hektaar produseer, is geteiken. Volgens Ramasodi het Vodacom egter nie die koopbewyse teen die einde van 31 Maart 2021 uitgereik nie. Altesaam 53 286 aansoekers is goedgekeur om die koopbewyse te ontvang, waarvan 40 000 vroue is.

Van die geld sal ook gebruik word om ander aansoekers, soos mans, te akkommodeer wat weens die departement se verpligte vereistes laasjaar uitgesluit is. Hy wys verder uit dat enige orige PESI-geld gebruik sal word om nog huishoudings te ondersteun om hul eie kos te produseer en dus só “die huidige druk weens hoë werkloosheidsvlakke” op die staat sal verlig. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.27
-1.9%
Rand - Pond
21.71
-0.0%
Rand - Euro
18.42
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.0%
Rand - Jen
0.14
+0.2%
Goud
1,792.60
0.0%
Silwer
23.13
0.0%
Palladium
1,751.49
0.0%
Platinum
955.50
0.0%
Brent-ruolie
72.72
-11.6%
Top-40
62,411
-2.6%
Alle aandele
68,615
-2.8%
Hulpbronne 10
64,074
-2.5%
Industriële 25
92,909
-1.3%
Finansiële 15
12,995
-6.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Farmboy73
Plat op die aarde man. Ietwat introvert tot ek jou leer ken. God is vir my belangrik. Ek gee maklik terug wat ek ontvang. Hou van na die stilte van die plaas gaan waar ek...
Pêrel soek 'n Pasmaat
Ek waardeer die mooi dinge in die lewe - musiek, kuns, 'n goeie boek, heerlike kos. Ek is lief vir mense, diere en kinders. Ek hou van stilte en die natuur. Ek verf graag...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot