AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9498,8
-161,20
CORN
24 Mrt
-
4060
45,00
SOYA
24 Mrt
-
8135
-88,00
SUNS
24 Mrt
-
8630
-225,00
WEAT
24 Mrt
-
6430
65,00
WMAZ
24 Mrt
-
3842
55,00
YMAZ
24 Mrt
-
4029
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Suid-Afrikaners aangemoedig om plaaslike suiker te koop

akkreditasie
Foto: Johan van der Merwe
Foto: Johan van der Merwe
In ’n poging om ’n miljoen mense se bestaansmiddele te red, het SA Canegrowers ’n veldtog begin wat mense aanmoedig om plaaslike suikerprodukte te koop.

Die veldtog, wat Home Sweet Home genoem word, sal daarop konsentreer om verbruikers bewus te maak van hoe die plaaslike produkte lyk en hulle aanmoedig om die plaaslike bedryf te ondersteun. Plaaslike suikerprodukte kan uitgeken word aan die Trots Suid-Afrikaans-kenteken agterop die pak.

Die bedryf het in 2017 ’n groot terugslag beleef toe 500 000 ton suiker belastingvry ingevoer is en sy markaandeel weggekalwe het. In 2018 is die land se gesondheidsheffing op suiker ingestel wat koeldrankvervaardigers minder suiker laat gebruik het. Nagenoeg 400 000 ton suikerverkope het verlore gegaan. In die eerste seisoen ná die instelling van die heffing het die bedryf inkomste van R1,3 miljard verloor, wat 10 000 werksgeleenthede in die suikerrietkwekersektor bedreig het.

Plaaslike suiker beter

Mnr. Rex Talmage, voorsitter van die SA Canegrowers, sê vir elke ton ingevoerde suiker verloor die plaaslike bedryf R4 000.

“Hierdie goedkoop ingevoerde suiker van lae gehalte het meegebring dat die plaaslike bedryf meer as R2,2 miljard net in die afgelope jaar verloor het.”

Hy sê dat verwag word dat ’n rekordhoeveelheid suiker tariefvry uit Eswatini sal instroom. Die verwagting is dat hierdie buurland 715 000 ton suiker sal lewer. Meer as die helfte daarvan, plus die invoer van suiker van elders ter wêreld, sal op die Suid-Afrikaanse mark beland. Dit bring mee dat die Suid-Afrikaanse suikerbedryf gedwing word om sy suiker teen rekordlae pryse uit te voer na ’n reeds versadigde wêreldmark.

Die toekoms van nie net die bedryf in geheel nie, maar ook dié van 21 000 swart kleinskaalse kwekers, 65 000 plaaswerkers, die 270 000 indirekte werksgeleenthede en ’n miljoen mense se bestaansmiddele word bedreig.

Talmage sê ingevolge die meesterplan vir die suikerwaardeketting word daaraan gewerk om die vraag tot 150 000 ton suiker per jaar te laat herstel in die eerste twee jaar van toepassing, en dit te laat toeneem tot 300 000 ton in die derde jaar.

Om dit te vermag het klein- en groothandelaars hulle daartoe verbind om 80% van hul suiker plaaslik aan te skaf. Teen die derde jaar sal hulle 95% van hul suiker plaaslik aankoop.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.55
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.08
+0.1%
Rand - Jen
0.14
-0.5%
Platinum
979.10
-0.6%
Palladium
1,421.38
-0.1%
Goud
1,976.74
-0.9%
Silwer
23.15
+0.2%
Brent-ruolie
75.91
-1.0%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou lewe vereik
Ek stel belang in haar lewe. Ek het baie baie liefde Om te gee. Bereid Om by haar aan te pas en te leer
Lag n bietjie en kom geniet die lewe!
Ek is n spontane mens wat weet wat ek in die lewe wil he, en hou van lag en avonture.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot