Dít ondanks die droogte en groot probleme wat die tabakbedryf die afgelope paar jaar moes trotseer – soos die onwettige sigarethandel en die skielike 50%-daling in die wêreldvraag na pyptabak. Volgens mnr. Janno Koen, landboukundige vir die maatskappy Universal Leaf SA, het tabakverbouing in die Klein-Karoo die afgelope twee seisoene meer as verdubbel.
“Dit bied ’n uitkoms vir boere waar ander sukkelende bedrywe hulle in die steek gelaat het.” Tabakkopers is ook gretig om dié gewas te bevorder as ’n boerderyvertakking in dié gebied.
Mnr. Chris Botha, voorsitter van die Tabakklub van Suid-Afrika, sê daar is tans 26 tabakboere in die streek wat altesame 125 ha onder verbouing het en jaarliks sowat 400 ton tabak lewer. Die bedryf verskaf werk aan meer as 500 mense.