AFGRI
BEAN
23 Mrt
-
9660
-325,00
CORN
23 Mrt
-
4390
-69,00
SOYA
23 Mrt
-
8245
-213,00
SUNS
23 Mrt
-
8600
-500,00
WEAT
23 Mrt
-
6340
-126,00
WMAZ
23 Mrt
-
3870
-79,00
YMAZ
23 Mrt
-
3976
-143,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Suiker en hoender van oorsee pootjie RCL Foods

akkreditasie
3.	Werkers verpak RCL Foods se Bobtail. Dit is volgens die maatskappy se webwerf die voorste handelsmerk in die afdeling vir droë hondekos. Foto: Verskaf
3. Werkers verpak RCL Foods se Bobtail. Dit is volgens die maatskappy se webwerf die voorste handelsmerk in die afdeling vir droë hondekos. Foto: Verskaf
Die Suid-Afrikaanse landbou se stryd teen gesubsidieerde produkte van oorsee word al hoe feller, sê mnr. Miles Dally, uitvoerende hoof van die gediversifiseerde voedselmaatskappy RCL Foods.

Dié maatskappy, wat handelsname soos Selati, Epol, Rainbow Chicken en Bobtail insluit, se wesensverdienste het in die ses maande tot einde Desember met 26,3% tot R475 miljoen afgeneem. Hy skryf die skerp daling grootliks toe aan goedkoop ingevoerde suiker en hoendervleis wat in Suid-Afrika gestort word.

“In die algemeen geniet die internasionale landbou subsidies en ander ingrypings van regerings. Dis hoekom hulle produkte in Suid-Afrika stort. Want hulle kan. Selfs al verhoog die Suid-Afrikaanse regering die invoertariewe, wat nie dikwels gebeur nie, maak die oorsese produsente steeds ’n wins,” sê Dally.

Die Suid-Afrikaanse landbou word telkens op die agtervoer geplaas omdat dit lank neem voordat die Regering teen storting optree. RCL se suiker-en meulenaars-afdeling se verdienste voor rente, belasting, waardevermindering en afskrywing (ebitda) het in die ses maande tot Desember verlede jaar met R143 miljoen (28,5%) tot R358 miljoen gedaal, grootliks weens die uitwerking van goedkoop ingevoerde suiker.

Dally verwag dat die regering se tariewe op ingevoerde suiker wat verlede Augustus ingestel is, in die volgende ses maande sal begin om die verliese te stuit. “Weens die storting moet ons meer suiker uitvoer in ’n gedempte wêreldmark. Ek hoop die regering se maatreëls sal die vloei van goedkoop invoer stuit.”

Die verhoogde invoer van hoendervleis van veral Brasilië en Amerika bly ’n probleem vir die plaaslike hoenderbedryf. RCL Foods het sy hoenderbedrywighede die afgelope paar jaar aansienlik geherstruktureer om winsgewender te wees. Volgens Dally het sake verbeter en is die groep tevrede met die vordering.

“Ons is egter steeds weerloos in die mark vir kitsbevrore stukke, wat die meeste deur invoer benadeel word. Die marges is bitter klein. Wanneer voerkoste styg en jy het ’n surplus, soos nou, druk kleinhandelaars die prys af tot by die punt waar ons ’n verlies op die produk maak.” 

Listeriose

Die maatskappy se handelsmerk Rainbow Chicken het skade gely toe sy hoenderpolonie verkeerdelik by die listeriose-krisis betrek is en hy al sy verwerkte vleisprodukte aan die mark moes onttrek. Toetse kon agterna geen tekens van listeriose in sy aanlegte vind nie. Die polonieprodukte is van verlede Augustus weer op die winkelrakke. Volgens Dally is die verkoopsvolume nou sowat 80% van wat dit voor die krisis was.

Die maatskappy is goed gediversifiseer. Ondanks die terugslae in die hoender- en suikerafdelings het ander sake-eenhede, soos kruideniersware, goed presteer. Dally is veral ingenome met die markaandeel wat Nola (mayonnaise) en Yum-Yum (grondboonbotter) gewen het. “Ons Pieman’s-pasteie het nie net markaandeel gewen nie, maar verkope het ook gegroei, terwyl wins gestyg het.” Die maatskappy se nuwe troeteldierkos, Feline Cuisine en Canine Cuisine, is volgens Dally ook goed deur die mark ontvang. 

RCL Foods, grondboontjiebotter,
2. RCL Foods se Yum Yum-grondboonbotter het markaandeel gewen. Foto: Verskaf

Remgro en Vector Logistics

Tot 77,5% van RCL Foods se aandele word nou deur die beleggingsbeheermaatskappy Remgro besit. Verlede jaar het Remgro ook die Spreads-onderneming (met handelsmerke soos Rama, Flora en Stork) van Unilever verkry. Volgens Dally skep die transaksie goeie geleenthede vir RCL en vir Spreads, wat nou deur RCL se groter bemarkingsplatform toegang tot die kleinhandelmark kry. “Dit gee Spreads meer trefkrag as wanneer hy op sy eie gestaan het, terwyl ons vir die bestuursdienste wat ons lewer, bestuursgeld van Remgro ontvang, wat weer ons oorhoofste koste verwater.”

Vector Logistics, RCL se logistieke afdeling, se ebitda het met 16,5% tot R88,5 miljoen gedaal, hoofsaaklik weens hoër insetkoste. “Die kostestygings is nie net aan die hoër brandstofprys te wyte nie. Ons het verlede jaar die kontrak gekry om al Pick n Pay se bevrore voedsel te vervoer. Onlangs het hy ook sy roomysvervoer bygevoeg. Dit het heelwat belegging van ons geverg om in hierdie superbevrore-kategorie ook sake te doen,” sê Dally. 

Eskom

Soos ander maatskappye wat in Suid-Afrika sake doen, meld RCL Foods in sy jaarresultate hoe lustelose ekonomiese groei sy vooruitsigte belemmer. Dally sê dis nie net die gebrek aan groei wat die maatskappy terughou nie. “Daarmee saam kom infrastruktuur wat verkrummel weens korrupsie en onbevoegdheid, soos ons nou met Eskom sien.” Hy wil ook graag sien dat beleidsonsekerheid wat tot groot onvoorspelbaarheid in die waarde van die rand lei, daadwerklik verminder.

“Dis baie moeilik vir ’n sake-onderneming om in sulke omstandighede vooruit te beplan. Ons hoop met die hernude fokus van die Regering op werkskepping en groei, sal dinge verbeter.”

Die maatskappy se tussentydse dividend van 15c per aandeel is onveranderd teenoor die vorige ooreenstemmende tydperk. Sy aandeelprys het Maandag gunstig op die resultate gereageer en teen 13:00 met 7,5% tot R13,85 verhoog. Dis egter steeds 25% laer as ’n jaar gelede.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
+1.2%
Rand - Pond
22.23
+0.9%
Rand - Euro
19.60
+1.3%
Rand - Aus dollar
12.10
+1.1%
Rand - Jen
0.14
+0.7%
Platinum
984.71
-0.0%
Palladium
1,432.62
-0.7%
Goud
1,993.64
+1.2%
Silwer
23.07
+0.4%
Brent-ruolie
76.69
+1.8%
Top-40
70,066
+0.4%
Alle aandele
75,585
+0.5%
Hulpbronne 10
65,190
-0.9%
Industriële 25
102,646
+0.9%
Finansiële 15
15,424
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou lewe vereik
Ek stel belang in haar lewe. Ek het baie baie liefde Om te gee. Bereid Om by haar aan te pas en te leer
Nie net n goeie mamma,Kan n goeie vriendin ook wees
Want Ek is opregte mense. Het baie seer gekry. Ek is reguit mens. Ek is Altyd vriendelik en gee my Al's. Ek Hou daar van Om Saam mense te lag en sports te Kan hê. Ek Kyk...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot