Dit gaan sober denke en begrip van die regering én die private sektor verg om die suikerbedryf van ineenstorting te red, meen bedryfsleiers in die waardeketting.
Drie ernstige kwessies belemmer die bedryf se vooruitgang en kan die toepassing van die meesterplan waarop die staat en die sektor in 2020 ooreengekom het, kwaai in die wiele ry:
- Die voortdurende inkrimping van Suid-Afrika se kapasiteit om suikerriet te verwerk.