AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9498,8
-161,20
CORN
24 Mrt
-
4060
45,00
SOYA
24 Mrt
-
8135
-88,00
SUNS
24 Mrt
-
8630
-225,00
WEAT
24 Mrt
-
6430
65,00
WMAZ
24 Mrt
-
3842
55,00
YMAZ
24 Mrt
-
4029
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Suikerbelasting bring groot inkomste vir staat

akkreditasie
Foto: Johan van der Merwe
Foto: Johan van der Merwe
Die gesondheidsheffing op suikerdrankies, algemeen bekend as suikerbelasting, het al vir die staatskas bykans R6 miljard ingebring.

Sedert die heffing in 2018 ingestel is, is R3,1 miljard in die 2018-’19-boekjaar en R2,6 miljard in die 2019-’20-boekjaar van plaaslik vervaardigde suikerdrankies ingesamel. Die inkomste uit ingevoerde suikerdrankies was vir hierdie twee boekjare onderskeidelik R53 miljoen en R54 miljoen.

Suikerbelasting is ingestel om koeldrankvervaardigers minder suiker te laat gebruik in ’n poging om vetsug weens die oormatige inname van suiker te verminder.

Vetsug het die afgelope drie dekades in Suid-Afrika dermate toegeneem dat die land nou die ergste in Afrika suid van die Sahara daardeur geraak word. Dit verhoog Suid-Afrikaners se kans om hartsiektes, diabetes en kanker op te doen. Die staat glo dat die gebruik van fiskale maatreëls kan help om gesondheid te bevorder en siektes te voorkom. Die departement van gesondheid se teiken was om vetsug met 10% teen 2020 te verminder.

Mnr. Dennis Ryder, DA-LP, het verskeie vrae in ’n parlementêre vraag aan mnr. Tito Mboweni, minister van finansies, gerig oor die inkomste wat uit die heffing gekry word, hoe bedrywe deur die heffing geraak is en of dit regtig enige impak gemaak het op vetsug.

Mboweni het gesê dat daar op hierdie stadium geen beoordeling gedoen is om die impak van die heffing te bepaal op die volume suikerdrankies wat gedrink word nie. Die afname in inkomste in die tweede jaar van die heffing is egter ’n goeie aanduiding dat drankies minder suiker bevat en/of dat die verbruik afneem.

Die gesondheidsheffing is van toepassing op alle suikerdrankies, buiten suiwer vrugte- en groentesap, en melkprodukte sonder bygevoegde suiker. Die heffing het ’n impak op veral die suikerbedryf en die bedryf vir nie-alkoholiese drankies. In die 2020-begroting het Mboweni, tot groot verligting van die suikerbedryf wat vroeër weens suikerstorting op sy knieë gedwing was, nie die heffing vir die 2020-’21-boekjaar verhoog nie.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.55
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.08
+0.1%
Rand - Jen
0.14
-0.5%
Platinum
979.10
-0.6%
Palladium
1,421.38
-0.1%
Goud
1,976.74
-0.9%
Silwer
23.15
+0.2%
Brent-ruolie
75.91
-1.0%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou lewe vereik
Ek stel belang in haar lewe. Ek het baie baie liefde Om te gee. Bereid Om by haar aan te pas en te leer
Lag n bietjie en kom geniet die lewe!
Ek is n spontane mens wat weet wat ek in die lewe wil he, en hou van lag en avonture.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot