AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
9826
0,00
CORN
31 Mrt
-
4660
0,00
SOYA
31 Mrt
-
8175
0,00
SUNS
31 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
31 Mrt
-
6631
0,00
WMAZ
31 Mrt
-
3977
0,00
YMAZ
31 Mrt
-
4029
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Suikerbelasting kan bedryf nóg 16 000 werksgeleenthede kos

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Johan van der Merwe
Foto: Johan van der Merwe
Die nasionale raad van provinsies moet nie versuim om die verwoestende impak van die suikerbelasting te noem wanneer sy afvaardiging KwaZulu-Natal vandeesweek besoek om die plaaslike ekonomie te bespreek nie, sê SA Suikerrietkwekers.

Mnr. Andrew Russell, voorsitter van SA Suikerrietkwekers, sê dié vereniging en ander belanghebbendes in die bedryf sal die bespreking van KwaZulu-Natal se plaaslike ekonomie op Woensdag 16 November en pres. Cyril Ramaphosa se toespraak op Vrydag 18 November bywoon.

Daar word beoog om die geleentheid te gebruik om ’n beroep op die regering te doen om die suikerbelasting to beëindig ter wille van die meer as ’n miljoen mense wat van die suikerbedryf vir ’n inkomste afhanklik is.

“Met die kritieke kwessies met dienslewering wat die provinsie in die gesig staar, tesame met die onluste van Julie verlede jaar en die vloede in April vanjaar, is dit noodsaaklik dat die president en mnr. Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en mededinging, ingryp en help om werksgeleenthede in die beleërde provinsie te beskerm.”

Russell sê die raad besoek die provinsie op ’n onsekere tydstip, spesifiek aangesien Tongaat Hulett, wat drie suikermeule in die provinsie bestuur, se plaaslike ondernemings onlangs onder sakeredding geplaas is. “Die bedryf het herhaaldelik die ekonomiese impak van die suikerbelasting en die omvang van die risiko’s daarvan uitgelig. Dit het beslis ’n rol in die Tongaat Hulett-krisis gespeel.”

Bewyse oor impak op vetsugtigheid?

’n Verslag deur die Suid-Afrikaanse raad vir ekonomiese ontwikkeling en arbeid (Nedlac) het bevind dat die suikerbelasting die bedryf in slegs sy eerste jaar meer as 16 000 werksgeleenthede en R2 miljard gekos het. “Boonop het die regering tot dusver nog geen bewyse gelewer dat die belasting ’n gunstige impak op vetsugtigheid in Suid-Afrika gehad het nie.”

Russell vertel dat ’n modellering wat in opdrag van SA Suikerrietkwekers gedoen is, voorspel het dat die belasting die bedryf ’n verdere 16 000 werksgeleenthede kan kos. Mnr. Enoch Godongwana, minister van finansies, het egter in Februarie vanjaar aangedui dat hy van plan is om die suikerbelasting te verhoog, die drumpel vir die toepassing daarvan verlaag en dit ook op vrugtesappe van toepassing te maak.

“Terwyl hierdie beleidsbesluit met ’n jaar vertraag is, moet die krisis by Tongaat Hulett as ’n waarskuwing vir die nasionale regering dien oor die gevolge van die behoud daarvan – laat staan nog die verhoging daarvan.”

Volgens Russell is SA Suikerrietkwekers in noue samewerking met die regering en ander belanghebbendes in die bedryf om ’n meesterplan vir die suikerrietwaardeketting te ontwikkel en toe te pas ten einde die toekomstige volhoubaarheid en winsgewendheid van die bedryf te verseker. “Hierdie plan sal egter nie slaag indien die suikerbelasting in sy huidige vorm voortduur of, nog erger, volgende jaar verhoog word nie.

“Ten einde die oorlewing van die bedryf te verseker en die inkomste van die land se kwekers, meulenaars en waardekettingvennote te beskerm, moet die regering hierdie werkdodende belasting tersyde stel.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.79
+0.0%
Rand - Pond
21.97
-0.1%
Rand - Euro
19.34
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.90
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
991.31
0.0%
Palladium
1,460.24
0.0%
Goud
1,969.50
0.0%
Silwer
24.11
0.0%
Brent-ruolie
79.89
+1.6%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Go-getter
Ekstrovert Eerlik Opreg Lojaal Die Lewe is te kort Kommunikasie Oordink Alles Baie straight forward Vat nie nonsens nie Hou van Wyn en whiskey Hardwerkend
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot