AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
9826
0,00
CORN
31 Mrt
-
4660
0,00
SOYA
31 Mrt
-
8175
0,00
SUNS
31 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
31 Mrt
-
6631
0,00
WMAZ
31 Mrt
-
3977
0,00
YMAZ
31 Mrt
-
4029
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Suikertaks en ingevoerde hoender eis tol op RCL Foods

akkreditasie
Ter illustrasie. Foto: RCL Foods
Ter illustrasie. Foto: RCL Foods
Die suikerbelasting en groot hoeveelhede goedkoop, ingevoerde hoendervleis het RCL Foods se jongste finansiële syfers geknou.

Hoewel sy inkomste vir die jaar tot einde Junie met 5,5% gestyg het, het sy verdienste voor rente, belasting, waardevermindering en afskrywing (ebitda) met 25,4% gedaal en sy wesensverdienste met 60,7%.

In die suikerafdeling het produksie met 14,2% tot 679 000 ton gestyg, maar die ebitda was 129,7% laer. Die omstandighede het die waarde van RCL se bates in die suikerafdeling met R762 miljoen verminder.

Mnr. Rob Field, finansiële hoof, sê die suikerbelasting het ’n baie groot uitwerking op die hele bedryf omdat dit die plaaslike vraag na suiker na raming met 300 000 ton laat daal het. Dié suiker moet nou teen lae wêreldpryse uitgevoer word. Die belasting het die bedryf se struktuur vir altyd verander.

“As die regering die suikertarief onverantwoordelik uitbrei, kan dit die doodskoot vir die bedryf wees,” sê Field.

Volgens hom moedig die Suikerwet (Wet 9 van 1978), die laaste oorblywende wet in sy soort uit die tydperk voor 1994, plaaslike produsente aan om meer te produseer, selfs al is daar ’n ooraanbod.

Die bedryf gee volgens hom op ’n opbouende manier hieraan aandag, maar dit is ’n baie gevoelige kwessie omdat dit so ’n belangrike landboubedryf is en baie werkgeleenthede bied.

Field sê daar is beslis ander moontlike gebruike vir suiker, veral die produksie van etanol, maar dat die regering ver agter ander lande is met die skep van ’n instaatstellende omgewing. Wetgewing is nodig om ’n vraag na etanol te skep, wat dan belegging sal regverdig.

Keer die storting 

RCL se hoenderafdeling het weens die voortgesette invoer van goedkoop hoendervleis ook ’n slegte boekjaar agter die rug, met ebitda wat met 54,1% gedaal het. Goedkoop invoer het tot ’n plaaslike ooraanbod en laer pryse gelei, terwyl duurder voer ook ’n rol gespeel het.

Volgens Field is die oplossing eenvoudig: Die regering moet storting keer.

Dit is volgens hom dié belangrikste kwessie, terwyl die moontlikheid om uit te voer, wat die afgelope paar weke uit ander oorde geopper is, volgens hom baie laer op ’n lys van voorrangsake behoort te wees.

“Dit is eenvoudig: Storting moet aandag kry. Dit sal die plaaslike bedryf beveilig. Ons (die bedryf) kán voldoende in die plaaslike vraag voorsien.”

Field het gesê RCL het vroeër produksie onder sy Rainbow-handelsmerk verlaag omdat die regering nie ’n gelyke speelveld geskep het nie.

Hy sê hoewel dit moontlik is vir Suid-Afrikaanse produsente om uit te voer, veral omdat navorsing wys hulle is kostedoeltreffender as Europese lande, is dit nie realisties nie, omdat sanitêre en fitosanitêre versperrings dit verhinder.

Kruiderniersware

RCL Foods se kruideniersware-afdeling het wel ’n goeie jaar agter die rug, wat volgens Field in die lig van die moeilike verbruikersmark eintlik nóg beter is. Handelsmerke wat markleiers is, is Catmor, Canine Cuisine, Bobtail, Nola, Yum Yum, Ouma Rusks en Number 1 Mague.

Field sê die prestasies kom danksy ’n paar jaar se harde werk aan die bou van die handelsmerke en groei in volume en marges.

Millbake het ook goed presteer en goeie groei in bakvolume en verbeterde bedryfsdoeltreffendheid behaal. Sy bakvolume het met 4% gestyg en sy ebitda met 16%.

RCL het ’n finale dividend van 10c per aandeel verklaar, vergeleke met die 2018-boekjaar se finale dividend van 25c per aandeel.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op WhatsApp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.79
+0.0%
Rand - Pond
21.97
-0.1%
Rand - Euro
19.34
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.90
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
991.31
0.0%
Palladium
1,460.24
0.0%
Goud
1,969.50
0.0%
Silwer
24.11
0.0%
Brent-ruolie
79.89
+1.6%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Go-getter
Ekstrovert Eerlik Opreg Lojaal Die Lewe is te kort Kommunikasie Oordink Alles Baie straight forward Vat nie nonsens nie Hou van Wyn en whiskey Hardwerkend
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot