AFGRI
BEAN
01 Des
-
9254
0,00
CORN
01 Des
-
4488,27
0,00
SOYA
01 Des
-
10408
0,00
SUNS
01 Des
-
11094
0,00
WEAT
01 Des
-
6646
0,00
WMAZ
01 Des
-
5183
0,00
YMAZ
01 Des
-
4995
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Suiwel: Wittebrood van sterk verkope dalk eers verby

akkreditasie
Die winkelverkope van vars en langlewemelk het aan die begin van die jaar gedaal. Foto: Jeanne van der Merwe
Die winkelverkope van vars en langlewemelk het aan die begin van die jaar gedaal. Foto: Jeanne van der Merwe
Suiwelprodukte het verlede jaar ’n skitterjaar in die kleinhandel beleef, maar in die eerste drie maande van vanjaar het die verkope van ’n hele paar produkte gedaal, insluitend dié van langlewemelk.

Dit kom teen die agtergrond van melkboere se stygende voerkoste nadat internasionale pryse van mielies en sojabone in Mei opnuut gestyg het, wat die voordele van die skerp stygings in boere se plaashekprys wegkalwe.

Sowat die helfte van Suid-Afrika se onverwerkte melk word vir die vervaardiging van vars en langlewemelk gebruik. Die Suid-Afrikaanse Melkprosesseerdersorganisasie (Sampro) sê in sy jongste verslag oor belangrike markaanduiders dat NielsenIQ, ’n onderneming wat verkope en pryse van suiwelprodukte in die kleinhandel monitor, se syfers toon dat die volume kleinhandelverkope van vars melk van Januarie tot Maart vanjaar 8,2% laer was as in die eerste kwartaal van verlede jaar en langlewemelk s’n 4,8% laer. Die kleinhandelprys van vars melk was in Maart 2021 4,6% hoër as ’n jaar gelede en langlewemelk s’n 4,8%. 

Ekonomie druk

In die eerste kwartaal van 2021 was die kleinhandelverkope van jogurt 0,9% laer teenoor die eerste kwartaal van 2020, voorafverpakte kaas 1% laer en roomkaas 1,3% laer. Die kleinhandelverkope van botter en room bly groei, met stygings van onderskeidelik 8,8% en 11,4 %, terwyl maas se verkope met 3,4% gestyg het en gegeurde melk s’n met 0,3%.

In die eerste kwartaal van 2021 het die kleinhandelpryse van vyf suiwelprodukte gedaal, naamlik langlewemelk (0,3%), gegeurde melk (1,5%), voorafverpakte kaas (1%), botter (3,2%) en room (1,7%).

Mnr. Alwyn Kraamwinkel, uitvoerende hoof van Sampro, sê die eerste kwartaal se daling in kleinhandelverkope van vyf van die nege suiwelprodukte wat NielsenIQ monitor, dui waarskynlik op laer ekonomiese bedrywighede. Verlede jaar se verkoopsyfers vir Maart sluit wel moontlike paniekaankope van langlewemelk kort voordat die streng grendeltyd in.

In die 12 maande tot einde Maart was die kleinhandelverkope van langlewemelk 5,5% hoër as in die vorige 12 maande, jogurt 7,2%, voorafverpakte kaas 9,9%, botter 10,2%, room 13,8% en maas 2,5%. Alle produkte, buiten botter, se pryse het in dieselfde tyd met van 1,2% (room) tot 12,5% (roomkaas) gestyg.

Vars melk se verkope, wat lank reeds in ’n dalende neiging is, het in dié 12 maande met 8,8% gedaal, terwyl gegeurde melk s’n met 8,6% gedaal het.

Voerprys knel

Mnr. Bertus van Heerden, hoofekonoom van die Melkprodusente-organisasie (MPO), skryf in die MPO se jongste verslag oor markaanduiders dat melkboere ’n melk-tot-voerprysverhouding van meer as 1,4:1 nodig het. Die verhouding was in Oktober 2020 1,04:1 en het danksy stygings in die plaashekprys en dalings in graanpryse in April vanjaar tot 1,33:1 verbeter. In Mei het dit egter weens stygings in graanpryse tot 1,29:1 teruggeval.

Internasionale pryse van sojabone en geelmielies het van Januarie tot April afwaarts geneig, maar in Mei weer gestyg.

“Die huidige vlak van graanpryse en toekomstige aanduidings van dié pryse regverdig ’n produksieprysstimulus van 48c vir onverwerkte melk om die huidige hoë graanprysregime teen te werk,” sê Van Heerden.

“Die stimulus kan wegval sodra graanpryse genoeg daal. Die stimulus sal slegs ’n poging wees om binnelandse produksie op dieselfde vlak as in 2020 te kry en om die nodigheid van invoer te verminder. Die MPO is terdeë bewus van die gevaar van oorstimulering, maar die produksie van onverwerkte melk was in die eerste vier maande van 2021, vergeleke met die ooreenstemmende tydperk in 2020, reeds 3,65% laer en die oordrag van suiwelvoorraad van 2020 na 2021 is laag.”

Die produksie van onverwerkte melk was verlede jaar 0,16% laer as in 2019.

Die gemiddelde nasionale plaashekprys vir onverwerkte melk was luidens die verslag vroeg in 2020 van R4/liter tot R4,50/liter, waarna dit tot bó R5/liter gestyg het. Vanjaar het dit verder gestyg tot R5,97/liter in April.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.09
+0.8%
Rand - Pond
20.69
+0.4%
Rand - Euro
17.85
+0.4%
Rand - Aus dollar
11.66
+0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Goud
1,783.32
+0.8%
Silwer
22.35
+0.7%
Palladium
1,917.01
+1.6%
Platinum
1,044.50
+0.7%
Brent-ruolie
86.97
+3.1%
Top-40
68,564
0.0%
Alle aandele
74,828
0.0%
Hulpbronne 10
73,434
0.0%
Industriële 25
90,489
0.0%
Finansiële 15
16,396
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Die lewe is so kosbaar dat jy dit moet deel met n lewensmaat
Ek het die lewens pad gestap en het nog net respek vir ander mense gehad. Ek soek geen issues in my lewe nie en wil dus nie n las op. my he nie. Nog 7 jaar dan tree ek af en wil...
Watter land volgende?
I am successful in business and love what I do. Looking for that special someone to share the sunsets with!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot