AFGRI
BEAN
26 Nov
-
7600
0,00
CORN
26 Nov
-
3615
0,00
SOYA
26 Nov
-
7427
0,00
SUNS
26 Nov
-
11170
0,00
WEAT
26 Nov
-
6202
0,00
WMAZ
26 Nov
-
3420
0,00
YMAZ
26 Nov
-
3651
0,00
AMT
Beeste A2/3
12 Nov
-
53,56
-0,07
Beeste AB2/3
12 Nov
-
51,91
-0,45
Beeste B2/3
12 Nov
-
49,04
-0,89
Beeste C2/3
12 Nov
-
46,15
0,38
Bevrore Hoender
12 Nov
-
29,34
0,37
Bokkies (onder 30 kg)
12 Nov
-
66,06
-1,00
Bokooie
12 Nov
-
46,92
1,10
Groot (meer as 40 kg)
12 Nov
-
39,53
-1,69
Hoender (IQF)
12 Nov
-
27,78
1,63
Medium (30-40kg)
12 Nov
-
54,15
0,97
Pork Average
12 Nov
-
27,78
-0,41
Poultry Average
12 Nov
-
29,22
0,77
Skaap A2/3
12 Nov
-
84,63
-0,14
Skaap AB2/3
12 Nov
-
75,86
0,10
Skaap B2/3
12 Nov
-
72
0,11
Skaap C2/3
12 Nov
-
69,61
-0,41
Speenkalf
12 Nov
-
40,08
-1,39
Spekvarke
12 Nov
-
29,62
0,34
Stoorlammers
12 Nov
-
45,41
-0,52
Varkwors
12 Nov
-
22,96
-0,51
Vars Hoender
12 Nov
-
30,54
0,29
Vleisvarke
12 Nov
-
27,62
-0,45
Wol (skoon)
12 Nov
-
167,2
-2,88

Suksesvolle landbou-ontwikkeling verg eiendomsreg

akkreditasie
Foto: Vida Booysen
Foto: Vida Booysen
Verskeie kwessies wat die landbou raak is onlangs tydens Agri Noord-Kaap se kongres bespreek.

Eiendomsreg, beleidsekerheid, goeie finansiële modelle, betroubare vennote, volhoubare landbousakeplanne en opleiding is wat volgens landboukenners suksesvolle landbou-ontwikkeling kan meebring.

Deelnemers aan ’n paneelbespreking op die 42ste kongres van Agri Noord-Kaap het die woord landbou-ontwikkeling gebruik as plaasvervanger vir transformasie, swart bemagtiging en grondhervorming.

Chris Burgess, gespreksleier en redakteur van Landbouweekblad, het mnre. Willem de Chavonnes Vrugt, voorsitter van Agri Noordwes, Wiaan van Rensburg, dagbestuurslid van grond en transformasie by Agri Noord-Kaap, Dirk Louw, opkomende boer, en Piet Karsten, kommersiële boer, op dié virtuele kongres oor die onderwerp gepols.

Van Rensburg het gesê landbou-ontwikkeling kan nie slaag wanneer boere deur wetgewing gedwing word om onvolhoubare stappe te doen nie. “Goeie verhoudings speel ook ’n rol. Omdat ons verhouding met staatsdepartemente nie altyd na wens is nie, moet ons probeer om nader aan mekaar te groei. Die droogtegeteisterde Noord-Kaap het bykomende probleme. Verarmde boere kan nie sonder staatsgeld of ander aansporingspakkette grondhervorming aanpak nie. Indien ’n boer die regte bemagtigingsvennote kry, moet daar ook voortdurende opleiding wees om vaardighede op te skerp.”

’n Mens wat ’n boer in sy hart is, wil ’n plaas besit, het Karsten gesê. “Maar om suksesvol te wees, moet ’n boer sekere vaardighede en opleiding hê. Die risiko van grondhervorming is onrealistiese verwagtinge. Dit gebeur wanneer sommige opkomende boere dadelik dividende of kontant uit die boerdery wil ontvang. ’n Boer moet besef die landbou is ’n langtermynbelegging.”

Wanneer ’n bestaande boer die regte bemagtigingsvennoot kry, moet hulle saam die kapitaalstruktuur beplan. Grondhervorming kan net suksesvol wees indien die staat ook sy eie kapasiteit stu en boere ondersteun deur byvoorbeeld waterinfrastruktuur te bou en onderhou.

Verwagtinge moet goed bestuur word, het De Chavonnes Vrugt gesê. “Ons moet bewustheid van die werklikhede van grondhervorming verhoog. Die grondkwessie is ’n politieke speelbal en mense glo verkeerdelik grondbesit gee toegang tot die ekonomie of los werkloosheid en armoede op. Rolmodelle wat die regte boodskap verkondig, kan help.”

Hy is bemoedig deur die aantal private besighede wat finansiering vir grondhervormingsprojekte aanbied. “Die sukses daarvan hang egter van eiendomsreg en beleidsekerheid af.”

Louw, ’n opkomende boer wat ná vele terugslae byna moed opgegee het, het gesê sy vasbeslotenheid om te leer en raad te vra het vrugte afgewerp. “Dit is hoekom rolmodelle en mentors belangrik is. Hulle het my geleer om deur te druk, planne te maak en my visie uit te brei. Jou gesin en die gemeenskap se ondersteuning is net so belangrik, want jy belê eintlik in die gemeenskap. Jy speel ’n belangrike rol in die ekonomie.”

Hy wil verandering meebring. “Mense besef nie hoe moeilik dit is om te boer nie, dit verg aandag sewe dae van ’n week. Ek omring my met mense met dieselfde visie en geesdrif as ek, wat nie onnodige eise stel nie. Ek is nou nog in kontak met ’n amptenaar wat my sedert 2009 bygestaan en deure oopgemaak het.” Hy stel voor dat opkomende boere hulself organiseer en by organisasies aansluit wat hul vaardighede en kennis kan help opskerp.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.27
-1.9%
Rand - Pond
21.71
-0.0%
Rand - Euro
18.42
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.0%
Rand - Jen
0.14
+0.2%
Goud
1,792.60
0.0%
Silwer
23.13
0.0%
Palladium
1,751.49
0.0%
Platinum
955.50
0.0%
Brent-ruolie
72.72
-11.6%
Top-40
62,411
-2.6%
Alle aandele
68,615
-2.8%
Hulpbronne 10
64,074
-2.5%
Industriële 25
92,909
-1.3%
Finansiële 15
12,995
-6.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Pensionaris / Wewenaar soek gepaste pasmaat vir n langtermyn verhouding
Is n ekstrovert met redelike algemene kennis van sake van belang. Hou van persoonlike kontak - is n " aanraakmens" wat soms lighartig kan wees om spanning te verlig....
Opgewekte boskind!!
I am fun to be with and am full of joy! Painting is my favorite hobby and I also enjoy dancing!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot