AFGRI
BEAN
02 Jun
-
9580
0,00
CORN
02 Jun
-
4677
0,00
SOYA
02 Jun
-
7767
0,00
SUNS
02 Jun
-
8137
0,00
WEAT
02 Jun
-
6670
0,00
WMAZ
02 Jun
-
3681
0,00
YMAZ
02 Jun
-
3802
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Supreme Chicken skep 100 nuwe werkgeleenthede in NW

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Country Bird Holdings (CBH) se hoenderproduksie-aanleg by Tigane in Noordwes. Foto: Verskaf
Country Bird Holdings (CBH) se hoenderproduksie-aanleg by Tigane in Noordwes. Foto: Verskaf
Country Bird Holdings (CBH) se hoenderproduksie-aanleg by Tigane in Noordwes is nou die grootste werkgewer in dié gebied.

Produksie is met tot 35% verhoog en sowat 100 nuwe werkgeleenthede is geskep met die uitbreiding van Country Bird Holdings (CBH) se hoenderproduksie-aanleg by Tigane in Noordwes.

Die uitbreiding het ’n belegging van R180 miljoen geverg. Dit maak Supreme Chicken nou die grootste werkgewer in die gebied, wat ekonomiese aktiwiteite in meer as 2 000 huishoudings bevorder.

In sy toespraak het mnr. Kaobitsa Bushy Maape, premier van die Noordwes, CBH geloof vir sy toekomsgerigte besluite en dat die maatskappy midde-in die covid-19-pandemie hierdie projek aangepak het. Hy het gesê die regering sal alles in sy vermo? doen om ’n gesonde werksomgewing onder besighede te bevorder om meer werkgeleenthede te skep en om die stygende werkloosheid hok te slaan.

Mnr. Brendon de Boer, uitvoerende hoof van CBH, het gesê die uitbreiding by Tigane was die volgende stap in die maatskappy se strategie om Supreme Chicken se produksie in pas te kry met die aanvraag van die groeiende mark.

“Ons beweeg weg van 50% se produkte wat individueel gevries word tot net 15%. Ons het nou die vermoë om meer vars produkte te lewer aan klante en restaurante wat dit toenemend verkies.”

Gehaltebeheer en verhoogde produksie

Hy het verduidelik dat gehaltebeheer makliker is met vars hoender en dat dit onsekerheid of die korrekte protokol vir bevrore produkte gevolg is, uitskakel. Dít verseker meer voedselveiligheid.

“Heelwat tyd word bespaar wanneer die hoender nie eers ontdooi moet word voordat dit afgelewer word nie. Dít is baie belangrik in mededingende besighede.”

As deel van die uitbreiding is ’n nuwe, omgewingsvriendeliker verkoelingstelsel in die abattoir geinstalleer. Verbeterde tegnologie vir die hantering van hoenders dra ook by tot die algemene welstand van die pluimvee.

“Noudat ons vermoë groter is, is ons produksiekoste per eenheid laer. Gevolglik kan ons meer bekostigbare hoendervleis aan ’n wyer mark lewer.”

Die aanleg het die vermoë om sowat ’n miljoen hoenders per week te verwerk.

Mnr. Izaak Breitenbach, hoof van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging se braaihoenderorganisasie, het gesê die Tigane-uitbreiding en die verhoogde produksie is tekenend van die sektor se toegewydheid om werkgeleenthede te skep.

“Dit is opwindend om die passie en innovasie waarmee pluimveeprodusente soos CBH kwessies in die bedryf oorkom, te sien. Wanneer ons na die bedryf kyk is dit duidelik dat Suid-Afrika se voedselstelsel in goeie hande is.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.51
+0.6%
Rand - Pond
24.30
+0.0%
Rand - Euro
20.93
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.90
-0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Platinum
1,003.50
0.0%
Palladium
1,420.36
0.0%
Goud
1,948.15
0.0%
Silwer
23.63
0.0%
Brent-ruolie
76.13
+2.4%
Top-40
71,993
+1.9%
Alle aandele
77,126
+1.7%
Hulpbronne 10
70,299
+1.9%
Industriële 25
105,036
+2.0%
Finansiële 15
14,803
+1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wees not jou self
Down to earth. Very passionate and loving. Strait too the point, no nonsense person. Love Motorsport. Love animals. Braai and enjoy good friend's
Wonderwerke vir Liefde....
Leer my ken om uit te vind. daar is baie! Ek hou van te veel dinge, die natuur en nuwe uitdagings. Stap in die berge, kamp onder die sterre. n motorfiets - en laat slaap is ook...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot