Mnr. Calvin Francois, eienaar van twee aangrensende
plase naby Matjiesfontein, sê hy vermoed dit het gistermiddag meer as 100 mm
binne 90 minute daar gereën. ’n Buurman het sowat 85 mm gemeet.
Francois boer met skape en lusern, en botteleer water. Op die plaas Doringkloof, op die pad tussen Sutherland en die N1, het daar so baie water van die pad af geloop dat dit gelyk het soos ’n rivier.
Op die plaas Bulhouer het die water bo-oor die N1 geloop. Francois sê ’n sytak van die Bulhouerrivier het sy walle oorstroom.
Omdat hy op dié plaas water botteleer, sê hy “ons kan nie nee sê vir enige water nie. Die boorgat is nou lekker vol”.
Die groot reën gaan wel met skade gepaard. Die kommunikasieverbindings in die omgewing was vroeër vandag onderbreek en Francois het nog gewag om by werkers te hoor watter skade hy gely het.
Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.