AFGRI
BEAN
28 Okt
-
7205,4
112,40
CORN
28 Okt
-
3395,4
106,40
SOYA
28 Okt
-
7500
45,00
SUNS
28 Okt
-
10592
0,00
WEAT
28 Okt
-
5833
33,00
WMAZ
28 Okt
-
3325
72,00
YMAZ
28 Okt
-
3515,4
77,40
AMT
Beeste A2/3
22 Okt
-
53,12
-0,01
Beeste AB2/3
22 Okt
-
51,44
0,00
Beeste B2/3
22 Okt
-
49,2
0,00
Beeste C2/3
22 Okt
-
45,11
0,00
Bevrore Hoender
22 Okt
-
29,28
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
22 Okt
-
67,85
0,04
Bokooie
22 Okt
-
44,07
0,10
Groot (meer as 40 kg)
22 Okt
-
40,19
0,13
Hoender (IQF)
22 Okt
-
27,37
-0,01
Medium (30-40kg)
22 Okt
-
54,78
-0,01
Pork Average
22 Okt
-
27,29
-0,01
Poultry Average
22 Okt
-
29,26
0,00
Skaap A2/3
22 Okt
-
82,67
0,00
Skaap AB2/3
22 Okt
-
75,9
0,01
Skaap B2/3
22 Okt
-
70,32
0,01
Skaap C2/3
22 Okt
-
67,22
-0,02
Speenkalf
22 Okt
-
39,87
0,00
Spekvarke
22 Okt
-
27,23
-0,02
Stoorlammers
22 Okt
-
45,23
-0,03
Varkwors
22 Okt
-
22,33
-0,01
Vars Hoender
22 Okt
-
31,13
0,00
Vleisvarke
22 Okt
-
28,17
0,01
Wol (skoon)
22 Okt
-
166,76
-0,02

Swak vooruitsigte vir Tshwane-mark

akkreditasie
Nadat die Instituut vir Markagente van Suid-Afrika (Imasa) die Tshwane-munisipaliteit maande lank gesoebat het om die onderhoud van die mark reg te ruk, is daar uiteindelik beterskap op die Tshwane-varsproduktemark. Foto: Julian van der Nat
Nadat die Instituut vir Markagente van Suid-Afrika (Imasa) die Tshwane-munisipaliteit maande lank gesoebat het om die onderhoud van die mark reg te ruk, is daar uiteindelik beterskap op die Tshwane-varsproduktemark. Foto: Julian van der Nat
Ná ’n jare lange stryd met owerhede is daar net geringe beterskap in die haglike omstandighede op die tweede grootste varsproduktemark in Suid-Afrika.

Die Tshwane-varsproduktemark se infrastruktuur is daarmee heen en die higiëne is nie op peil nie. Agente en produsente pleit al jare vergeefs dat die rypmaakkamers, toilette en toegangspaaie herstel moet word. Dít maak mnr. Francois Knowles, registrateur van die landbouprodukte-agenteraad (Apac), bekommerd.

“Die mark vertoon baie sleg. Tog het dit ondanks al die kwessies steeds jaarliks ’n omset van meer as R3 miljard. Dit is dus die tweede grootste varsproduktemark in Suid-Afrika naas Johannesburg. Daar word dus steeds baie goeie sake daar gedoen en kopers ondersteun die mark ten spyte van die haglike omstandighede. Ek glo hierdie sake kan baie goed uitgebrei word as die infrastruktuur, netheid en higiëne op die mark op peil gebring word.”

Geen kontinuïteit

Apac, saam met die Instituut vir Markagente van Suid-Afrika (Imasa) en produsente-organisasies, onder meer Aartappels Suid-Afrika, het oor die afgelope vyf jaar baie tyd en hulpbronne bestee in verskillende taakspanne en samewerkingsooreenkomste met die markbestuur.

’n Jaar gelede het Landbouweekblad berig (https://cutt.ly/TRweY8O) dat daar beterskap op die mark was, maar dat vele aspekte steeds aandag kort. Voor hierdie aspekte getakel is, het die munisipale bestuur weer verander weens die magstryd nadat ’n hof in die guns van die DA beslis het in ’n geding tussen die DA en ANC.

“Al die werk en vordering wat met die markbestuur gedoen is, het tot niks daadwerkliks gekom nie. Daar is nou weer nuwe munisipale bestuur en die proses om die erns van die situasie van die mark tuis te bring en goeie stelsels gevestig te kry, begin van voor.”

Daar was sprake dat ’n private maatskappy aangestel sou word om die bestuur van die mark by die munisipaliteit oor te neem, terwyl die munisipaliteit steeds ’n inkomste van die mark ontvang. Dit sou die nodige kontinuïteit verseker, maar van hierdie plan het daar dadels gekom.

Daar is wel ’n ringmuur om die mark gebou om beter toegangsbeheer toe te pas en veiligheid op die mark te verbeter. “Daar is dus wel iets gedoen, maar om vullis op te tel en ’n plek netjies te hou, kos nie veel nie en is ’n begin om die regte kultuur te skep. Die werknemers wat reeds by die mark werk, moet bloot gemobiliseer word om dit te doen, maar dit gebeur nie behoorlik nie.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.06
-0.1%
Rand - Pond
20.68
-0.3%
Rand - Euro
17.47
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.30
-0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Goud
1,801.42
+0.3%
Silwer
24.05
-0.0%
Palladium
1,984.50
+1.0%
Platinum
1,018.00
+0.6%
Brent-ruolie
84.58
-2.1%
Top-40
60,874
+0.2%
Alle aandele
67,475
+0.2%
Hulpbronne 10
63,082
+0.6%
Industriële 25
87,253
+0.2%
Finansiële 15
14,054
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Net n bietjie liefde is al wat ek vra.
Enige iemand kan mooi woordjies skryf, maar dade spreek meer as woorde. Dit is nie maklik in ons huidige omstandighede om iemand te ontmoet nie. Die lewe is te kort en ek het...
Kom ons skryf ons eie romantiese roman
Ek hou van die buite lewe riverrafting Lees Dans kuier kamp en net rustig verkeer Vakansie by die see. Mooi aantrek stylvol netjies
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot