AFGRI
BEAN
01 Des
-
7443
0,00
CORN
01 Des
-
3693,68
0,00
SOYA
01 Des
-
7497
0,00
SUNS
01 Des
-
11232
0,00
WEAT
01 Des
-
6120
0,00
WMAZ
01 Des
-
3360
0,00
YMAZ
01 Des
-
3630
0,00
AMT
Beeste A2/3
19 Nov
-
53,63
-0,61
Beeste AB2/3
19 Nov
-
52,36
-0,27
Beeste B2/3
19 Nov
-
49,93
-0,39
Beeste C2/3
19 Nov
-
45,77
-1,34
Bevrore Hoender
19 Nov
-
28,97
0,09
Bokkies (onder 30 kg)
19 Nov
-
67,06
4,88
Bokooie
19 Nov
-
45,82
0,53
Groot (meer as 40 kg)
19 Nov
-
41,22
-4,20
Hoender (IQF)
19 Nov
-
26,15
-1,27
Medium (30-40kg)
19 Nov
-
53,18
-4,22
Pork Average
19 Nov
-
28,19
-0,22
Poultry Average
19 Nov
-
28,45
-0,37
Skaap A2/3
19 Nov
-
84,77
-0,53
Skaap AB2/3
19 Nov
-
75,76
-0,93
Skaap B2/3
19 Nov
-
71,89
-0,34
Skaap C2/3
19 Nov
-
70,02
0,06
Speenkalf
19 Nov
-
41,47
0,33
Spekvarke
19 Nov
-
29,28
-0,13
Stoorlammers
19 Nov
-
45,93
1,54
Varkwors
19 Nov
-
23,47
-0,03
Vars Hoender
19 Nov
-
30,25
0,07
Vleisvarke
19 Nov
-
28,07
-0,37
Wol (skoon)
19 Nov
-
170,08
-5,21

Swartland verloor boer, gemeenskapsman

akkreditasie
Mnr. Francois Eksteen en sy kleinseun Stegmann Bruwer. Foto: Verskaf
Mnr. Francois Eksteen en sy kleinseun Stegmann Bruwer. Foto: Verskaf
Met die onlangse afsterwe van mnr. Francois Eksteen van die plaas Witvlei, Piketberg, het die distrik ’n gemeenskapsman, die georganiseerde landbou ’n lojale lid en Landbouweekblad ’n vriend verloor.

Francois is op 2 Julie, enkele dae ná sy 60ste verjaardag, aan die koronavirussiekte oorlede.

Hy het in 1984 saam met sy pa, Bertie, een van die Wes-Kaap se bewaringslandboupioniers, begin boer en dié beginsels voortgesit en uitgebou. Sy broer, Pieter, het hom in 1990 by hulle aangesluit, en in 2015 het hy en Pieter die boerdery verdeel. (Volgens Landbouweekblad se argief).

Met sy afsterwe het hy en sy seun Bertus saam geboer. Bertus vertel hoe sy pa hom ná sy studie op die plaas verwelkom het, “met die wete dat ek nie vir hom boer nie, maar saam met hom. Hy het altyd van ‘ons’ gepraat, en dit is hoe ek ook met ons werksmag handel: Ons is ’n span.”

Bertus sê Francois was oop vir vernuwing, maar het sy (Bertus se) kennis en opinie ook gerespekteer en geag. “Sy waagmoed het my ’n rustigheid geleer om risiko’s te loop.” (Volgens Landbouweekblad se argief).

Francois is op Piketberg gebore en het op die familieplaas Witvlei grootgeword. Hy het ná skool op Piketberg en die destydse landbouskool Augsburg diensplig verrig, aan die landboukollege Elsenburg gestudeer en ook ’n meganiese kursus in Bloemfontein gevolg. 

‘Landbou in sy are’

Me. Nolie Eksteen, Francois se vrou, sê hy het “landbou in sy are” gehad.

“Die georganiseerde landbou was belangrik in sy oë, omdat dit struktuur gebied het en die moontlikheid vir onderhandeling en vooruitgang net soveel sterker gemaak het.”

Hy het jare lank in die bestuur van Graan SA en die Piketberg-landbouvereniging gedien.

Sy deelname was vanwe? die renons wat hy in passiwiteit gehad het, en omdat hy geglo het dat ’n ding reg of verkeerd is. “Waar dit tot nadeel van die landbou verkeerd is, moes dit reggemaak word,” sê Nolie. “Hy het dikwels die vuur aangedurf, sonder vrees vir wat wie mag sê. Ek dink hy het soms op tone getrap en mense kwaad gemaak, maar hy het geglo in wat hy doen. Hy sou ’n saak opper en deurtrap, tot voordeel van almal. Niemand sal kan sê hy was ’n bang man nie.”

Gemeenskapsman

Ook in sy gemeenskap sou hy, soos in die landbou, werk vir wat reg is vir almal. “Hy het dikwels voorgegaan in onderhandeling of organisering vir iets waarby die wye gemeenskap kon baat, maar hy was nooit ’n ‘koperplaatjie’-mens nie, met ander woorde, hy het dit nie gedoen om sy naam genoem te kry nie. Hy het dit gedoen om dit vir almal makliker of beter te maak.”

Sy sê ook ná sy dood het heelwat mense opgemerk hoe nederig hy was. “Francois het in mense belang gestel en hulle laat goed voel, sonder aansien des persoons.” 

‘Plesier om te boer’

Francois het media, en veral Landbouweekblad, ondersteun as kritiese leser, as iemand wat ’n joernalis in goeie en swaar tye om kommentaar kon nader, iemand wat die luim in ’n boerderygemeenskap goed kon opsom, en laastens iemand wat sou bel om te vertel van een of ander boerdery-innovasie of -neiging.

Hy kon ook maar moedeloos raak oor die droogtes wat die Swartland die afgelope 20 jaar getref het, maar sy vreugde oor beter omstandighede was aansteeklik. “Die koring het goed opgekom. Alles lyk baie mooi: die koring, die medics en die lammers. Dis ’n plesier om te boer. Ná die afgelope droë jare kan ’n mens weer besluite neem,” het hy in Julie 2020 vir Landbouweekblad gesê.

Nolie sê hulle sal Francois se glimlag en sy beskermende teenwoordigheid, “wat ons altyd rustig laat voel het”, mis.

“Hy het altyd ‘n praktiese, deurdagte plan gehad om iets te laat werk. Hy het net geweet hoe dinge werk. Hy het die vermoë gehad om mense altyd welkom en op hul gemak te laat voel. Die lekkerlag-oomblikke saam met hom. Dis baie moeilik om te sê wat ’n mens die meeste gaan mis – ons gaan hóm die meeste mis.”

Wat hulle ook van hom geleer het, is dat dit reg is om nederig te wees, om die regte ding op die regte tyd te doen (ook sy motto in die boerdery), om met ’n oop hand te gee. Hy het graag gegee, waar hy gesien het behoefte was. Hy was onbaatsugtig,en het altyd tyd gemaak vir sy gesin – selfs al was hy moeg. Hy sou trots en plesier put daaruit om iets met die hand te maak vir die kinders.

Eksteen laat sy vrou, ’n dogter, Annelie, twee seuns, Bertus en John, en twee kleinseuns en sy broer, Pieter, agter.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.04
-1.0%
Rand - Pond
21.28
-0.7%
Rand - Euro
18.15
-0.8%
Rand - Aus dollar
11.39
-0.6%
Rand - Jen
0.14
-1.3%
Goud
1,781.01
+0.3%
Silwer
22.26
-2.5%
Palladium
1,736.96
-0.3%
Platinum
935.00
-0.6%
Brent-ruolie
69.23
-5.5%
Top-40
64,786
+1.1%
Alle aandele
71,198
+1.0%
Hulpbronne 10
67,859
+0.9%
Industriële 25
93,997
+0.9%
Finansiële 15
13,880
+2.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vreugde, Lewe, Wyn en Dans
EK is ń man wat vol energie is. My drome is groot en my verwagtinge is hoog. Daar is soveel mooi in wêreld en elkeen het ook sy skop gehad maar ek verkies om na jou...
Die lewe is 'n avontuur. Kom ons geniet dit saam.
Ek is 'n positiewe mens, van nature. Erg oor my kinders, familie en vriende. Gek oor my honde. En diere, die natuur. Hou van reis, en sloertoere. Lief vir kos maak. En...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot