
’n Rekordprys van R400 000 is die naweek op ’n veiling op Bela-Bela vir ’n dragtige swartwitpens betaal, sê Benchmark.
Luidens ’n berig in Beeld (11 Julie 2011) sê mnr. Willie Roux, ’n veteran-afslaer by Vleissentraal, die vorige rekordprys was R380 000.
Altesame 260 swartwitpense was te koop, waarvan 110 koeie en verse was en R150 bulle. Volgens Roux was dit die grootste swartwitpensveiling nóg in die land, en het 167 kopers vir die veiling geregistreer. Dié boksoort is glo veral gewild onder trofeejagters.
Lees ook: Rekordprys vir Koedoebul
R25,2 miljoen se omset
Volgens die berig was die totale omset van die veiling sowat R25,2 miljoen, met ’n rekordbedrag van R240 000 wat ook vir ’n swart rooibokooilam betaal is. ’n Renosterversie is vir R175 000 en renosterbulletjie vir R120 000 verkoop.
Mnr. Cyril Ramaphosa, oud-politikus en ’n sakeman, was ook by die veiling. Hy boer deesdae met buffels. Ramaphosa het verlede jaar 'n rekordprys vir 'n buffel betaal. Lees die storie hier.
Die meeste wat tot nog toe vir ’n swartwitpens betaal is, was R3 miljoen vir ’n bul.
Bron: Beeld
11 Julie 2011