AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Tabak: Tito moet bedryf help herstel

akkreditasie
Mnr. Tito Mboweni, minister van finansies. Foto: GCIS
Mnr. Tito Mboweni, minister van finansies. Foto: GCIS
Die tabakbedryf pleit by die staat om die aksyns op tabakprodukte onveranderd te laat en dat ’n minimum kleinhandelprys vir sigarette ingestel word om onwettige sigarethandel te strem deur mense te keer om sigarette teen goedkoper as dié minimum prys te verkoop.

Tydens die vyf maande lange verbod op die verkoop van tabakprodukte het onwettige sigarethandel ’n sterk vastrapplek in Suid-Afrika gekry.

Belanghebbendes het voorstelle ingedien by die Parlement se portefeuljekomitee vir finansies, wat tans twee belastingwetsontwerpe oorweeg – die wetsontwerp op belastingwetgewing en die een op administrasiewette vir belasting.

In Februarie het mnr. Tito Mboweni, minister van finansies, aangekondig daar word beoog om in 2021 belasting in te stel op elektroniese sigarette wat nie tabak gebruik nie. ’n Nuwe heffingsafdeling in die skedule vir aksyns is ook beoog vir tabakprodukte wat verhit word, met aksyns van 75% van dié op sigarette wat dadelik daarop gehef sou word.

Bevries stygings

Mnr. Johnny Moloto, hoof vir regeringsake by British American Tobacco South Africa (Batsa), sê ’n doelgerigte aksynsraamwerk moet vir sigarette daargestel word om die skade te help herstel wat onwettige sigarethandel in die inperkingstyd meegebring het. Dit raamwerk moet van so ’n aard wees dat die wettige mark sy verlore volume kan herwin en die staat se inkomste uit aksyns kan laat groei.

Hy voer aan dat hoë sigaretpryse net die groei aanhelp van onwettige sigarethandel waarop daar nie aksyns betaal word nie.

Batsa stel voor dat aksyns in die komende boekjaar (2021-’22) gevries word teen R870 per duisend sigarette wat tabak bevat, en in 2022-’23 en 2023-’24 in ooreenstemming met inflasie moet styg. Só kan die staat aksyns op 5,8 miljard meer sigarette insamel en sy aksynsinkomste in die 2021-’22-boekjaar met R2,5 miljard laat styg. In daaropvolgende twee boekjare sal die volume belaste sigarette verder met onderskeidelik 12% en 6,4% herstel en die aksynsinkomste met onderskeidelik 14,2% en 10,9%. 

Help boere

Die Black Tobacco Farmers’ Association (BTFA), wat opkomende, swart tabakboere verteenwoordig, vra dat die staat tabakverbouing as ’n volhoubare boerderybedryf moet erken. 

“Tabak is ’n uitstekende beginnergewas vir nuwe boere omdat dit maklik is om te verbou en ’n bestendige wins bied,” sê mnr. Jabulani Tembe, sekretaris-generaal van BTFA. 

Volgens hom is tabakboerdery in Suid-Afrika is op die randjie van algehele uitwissing weens die groeiende verkope van onwettige tabak en die maande lange verbod op die verkoop van wettige tabakprodukte. BTFA wys uit dat die tabakblare wat in onwettige sigarette gebruik word, nie in Suid-Afrika verbou word nie, maar teen lae koste ingevoer word van onder meer Zimbabwe, Malawi en Zambië.

BTFA se lede verkoop hulle hele oes aan Limpopo Tabakprosesseerders (LTP) vir verwerking, wat dit dan aan Batsa verkoop. BTFA waarsku dat die volgehoue vermindering in die vraag na hul produk weens onwettige sigarethandel meebring dat sy lede se toekoms onseker is en hulle skaars wins maak. Die organisasie vra dat aksyns nie verhoog moet word nie, want dit is telkens bewys dat dit ’n ongeslaagde antirookstrategie is en net onwettige handel aanwakker.

LTP vra ook vir die bevriesing van aksynsverhogings om die oorlewing van sy maatskappy en boere te verseker. LTP se filiaal, Tobacco Producers Development (Edms.) Bpk., het 100 kommersiële en 150 opkomende boere. Die maatskappy tesame met die boere bied werk aan 8 000 mense.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.56
-0.0%
Rand - Pond
21.59
-0.4%
Rand - Euro
18.50
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.93
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Goud
1,797.91
0.0%
Silwer
23.15
0.0%
Palladium
1,900.00
0.0%
Platinum
1,020.00
0.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom leer my ken dan besluit jy self
Ek is n introvert maar sodra jy my leer ken maak ek oop. Is n natuurmens wat alles in buite lewe geniet. Eerlikheid is bitter belangrik daar sonder werk niks
Live life to the fullest every second
Yesterdays pain and heartache not gonna steal todays peace and happiness I want to be the best person I can be.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot