AFGRI
BEAN
07 Des
-
9509
80,00
CORN
07 Des
-
4370
-45,00
SOYA
07 Des
-
10460
-50,00
SUNS
07 Des
-
10350
-150,00
WEAT
07 Des
-
6653
-1,00
WMAZ
07 Des
-
4897,8
-26,20
YMAZ
07 Des
-
4715
-25,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Tabakboere verwelkom ferm greep op onwettige produkte

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Johan van der Merwe
Foto: Johan van der Merwe
Suid-Afrika se ongeveer 177 groot en 155 kleiner tabakboere verwelkom die feit dat wetstoepassers voortdurend toeslaan op die onwettige handel in tabakprodukte.

Suid-Afrika se ongeveer 177 groot en 155 kleiner tabakboere verwelkom die feit dat wetstoepassers voortdurend toeslaan op die onwettige handel in tabakprodukte wat floreer het sedert die vyf maande lange verbod op die wettige verkoop van tabakprodukte tydens die grendeltydperk net ná die covid-19-inperkings in Maart verlede jaar afgekondig is.

Mnr. Zacharia Motsumi, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Tabaktransformasie-alliansie, sê die wettige tabakbedryf in Suid-Afrika, veral nuwe swart tabakboere, is bemoedig deur die staat se onlangse optrede teen invoerders en vervaardigers van onwettige sigarette en ander tabakprodukte.

Volgens inligting van British American Tobacco SA is ongeveer 33% van die sigarette wat in Suid-Afrika verkoop word, onwettig. Dit lei tot ’n verlies van sowat R8 miljard per jaar vir die nasionale fiskus.

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het vroeër vandeesmaand in ’n verklaring gesê sy nasionale blitsreaksiespan en eenheid teen onwettige handel het saam met polisiebeamptes ’n ongeregistreerde tabakvervaardigingsaanleg in Gauteng geïdentifiseer en ’n klopjag is daar uitgevoer. Klopjagte is ook op drie winkels in Fordsburg, ’n voorstad van Johannesburg, uitgevoer en daar is beslag gelê op onwettige tabakprodukte en sigarette.

Die klopjagte het gevolg nadat die polisie in Julie en Augustus in Durban en Kaapstad op onwettige sigarette ter waarde van R16 miljoen beslag gelê het. Volgens Fin24 eis die SAID tans ook miljarde rande se onbetaalde belastings van Verbena Freight & Logistics CC nadat 30 ton tabak wat deur die Beitbrug-grenspos ingevoer is, na bewering in die ondergrondse ekonomie verdwyn het.

“Ons stem saam met die SAID-kommissaris, mnr. Edward Kieswetter, oor die impak van die onwettige sektor. Dit vernietig die ekonomie wat op sy beurt tot werksverliese, ongelykheid en armoede lei,” sê Motsumi.

Volgens AgriSeta se 2020-’21-tabaksubsektor-vaardigheidsplan het Suid-Afrika se primêre tabakbedryf in 2017 van 8 000 tot 10 000 plaaswerkers in diens gehad, 5 000 ha verbou en jaarliks 15 000 ton blaar geproduseer.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.33
+0.0%
Rand - Pond
21.03
+0.0%
Rand - Euro
18.15
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.60
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.4%
Goud
1,774.88
+0.2%
Silwer
22.38
+0.8%
Palladium
1,867.58
+0.9%
Platinum
986.50
-0.5%
Brent-ruolie
79.35
-4.2%
Top-40
68,002
-0.6%
Alle aandele
74,148
-0.6%
Hulpbronne 10
73,287
-0.9%
Industriële 25
90,864
-0.6%
Finansiële 15
15,696
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
N Lekker mens te wees
Rustige geaardheid en liefdevol Lief vir buitelewe en natuur en diere My motto is. Hoekom moet dit sleg wees as dit kan lekker wees? Haat konflik.
Flambojante Groen oog boerenooi
Ek is n passievolle optimis, romanties, n hart vir mense, weet wat ek wil he, ek is nie n opsie maar n prioriteit, goedversorg, hou van lag, soms n malkop maar kan ook ernstig...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot