AFGRI
BEAN
29 Nov
-
9295,8
143,80
CORN
29 Nov
-
4473
-5,00
SOYA
29 Nov
-
10265,4
160,40
SUNS
29 Nov
-
10905
51,00
WEAT
29 Nov
-
6795
-30,00
WMAZ
29 Nov
-
5271
-52,00
YMAZ
29 Nov
-
5103
-8,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Tafeldruifbedryf verloor ’n hoeksteen

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mnr. Aat Hoekstra. Foto: www.hoekstraexport.co.za
Mnr. Aat Hoekstra. Foto: www.hoekstraexport.co.za
Mnr. Aat Hoekstra was tot aan die einde van sy lewe steeds nou betrokke by sy omvattende landbou-onderneming.

Mnr. Aat Hoekstra (91), ’n man wat met £20 in sy jas versteek in 1950 vanuit Nederland na Suid-Afrika gekom en ’n onskatbare bydrae tot die Wes-Kaapse landbou gelewer het, is op Nancy, sy geliefde tafeldruifplaas in die Paarl, oorlede.

Hy was die stigter en eienaar van die Hoekstra Groep. Hy word as ’n ikoon in die tafeldruifbedryf beskou, veral vanweë sy baanbrekerswerk as produsente-uitvoerder en sy ewige strewe na kultivarverbetering.

Hy was enduit by die boerdery en ander ondernemings betrokke, hoewel hy die afgelope ses maande gesondheidsprobleme gehad het.

Volgens me. Maleen Hoekstra, sy dogter, het hy in Junie ’n hartomleiding en aneurisme gehad. ’n Paar maande later het hy covid-19 opgedoen.

“Hy is vannag rustig in sy slaap oorlede op Nancy, waar hy wou wees.”

Volgens Maleen was “elke nuwe plaas, nuwe wingerdblok of spanspekplant” vir Aat ’n mylpaal.

“Al die mense in die besigheid was vir hom soos sy familie. Hy het altyd gesê hy kon niks alleen regkry nie. My pa het gelewe vir die boerdery, dit was sy droom en sy liefde.”

Sy vertel sy het graag vir hom Landbouweekblad en ander landboutydskrifte gekoop.

“Dit lê hier agter sy stoel waar hy graag gesit het. Sy liefde en belangstelling vir die boerdery was nog altyd daar.”

‘SA het mans soos hy nodig’

Hy is in 1930 in Gravenzande in Nederland gebore, waar sy familie met druiwe en blomme geboer het. Luidens Hoekstra Fruit Exporters se webtuiste het hy in 1950 na Suid-Afrika gekom en hom in die Paarl gevestig.

“Hy as 20-jarige man hier aangekom met £20 wat in sy jas toegewerk was, want ’n mens mag nie ná die (Tweede Wêreld-) oorlog geld uit Europa gevat het nie. Hy het so verlief geraak op Suid-Afrika dat hy drie maande later, toe sy visum begin verstryk, van Johannesburg na die Uniegebou in Pretoria duimgegooi het. Daar het hy aan ’n minister se deur geklop, sy storie vertel en gesê hy wil in Suid-Afrika bly en kan hy asseblief die nodige papiere kry. Só het hy die vergunning gekry om te kon aanbly, want die minister het gesê Suid-Afrika het jong mans soos hy nodig,” vertel Maleen.

Aat het vir mnr. Jan Kirsten geboer voor hy in 1954 vir Nancy gekoop het, die plaas waarop hy en sy vrou, wyle Annaleen, hul twee dogters, Maleen en Annette, grootgemaak het. Aat het oor die jare nog grond bygekoop en teen 2016 altesaam 14 produksie-eenhede (sowat 300 ha) besit. Die onderneming pak jaarliks sowat 1,2 miljoen kartonhouers druiwe en neem meer as 600 mense heeltyds in diens.

“Hy het van 1953 tot hulle hom ’n rukkie gelede kom haal het, hier gewoon. Hy was so lief vir die plaas en die berge en die vallei,” vertel Maleen.

Aat het verlede jaar in ’n TV-onderhoud gesê die tydperk van 1950 tot 2020 was “die beste 70 jaar waarvoor ek kon wens”.

Eerste private uitvoerder

Aat was altyd gekant teen die enkelkanaalbemarkingstelsel. Toe hy besef spanspek word nie hierdeur beheer nie, het hy met spanspek begin boer, wat hy baie suksesvol onder die Hoekstra Super Melon-handelsmerk na Brittanje en Europa uitgevoer het. Maleen het later met die departement van landbou onderhandel sodat hulle die eerste private uitvoerder van tafeldruiwe kon word. In 1996 het pa en dogter Hoekstra Super Grapes begin uitvoer.

Aat se oë was ook altyd oop vir beter tafeldruifkultivars en hy het verskeie nuwe kultivars gevind, getoets en gekommersialiseer, onder meer Prime Seedless en Starlight.

Maleen sê sy is Vrydag (21 Januarie) aangestel as die nuwe voorsitter van die familie-onderneming se trusts en direksies.

“Ek sal aangaan met die besigheid op die manier wat my pa sou wou gehad het,” sê sy. “Die oes moet nou inkom en ons moet aangaan, want dis wat hy sou wou hê. Ek en my pa het baie baklei, maar ons was baie lief vir mekaar. Daar is te veel wat ek onthou, dis heeltemal te moeilik om iets uit te sonder.”

Die bedryf het met leedwese gereageer op Aat se heengaan. Talle huldeblyke het op sosiale media ingestroom.

“Dankie, oom Aat, vir al die baanbrekersure, sweet en toewyding aan die Suid-Afrikaanse tafeldruifbedryf. Rus in vrede,” het Schoonbee Landgoed getwiet.

Johann H. Claassen het gesê hy sal vir sy uitstaande entrepreneurskap, maar bowenal sy weldade aan mense onthou word.

Twee gedenkdienste word op Saterdag 29 Januarie om 15:30 en 17:00 in die Strooidakkerk in die Paarl gehou. Ingevolge covid-19-regulasies word 450 mense per diens toegelaat. Die dienste sal waarskynlik ook via sosiale media uitgesaai word.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.98
+1.1%
Rand - Pond
20.40
+0.6%
Rand - Euro
17.62
+0.8%
Rand - Aus dollar
11.43
-0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.6%
Goud
1,754.96
+0.8%
Silwer
21.30
+1.7%
Palladium
1,854.24
+0.3%
Platinum
1,004.30
+1.1%
Brent-ruolie
83.19
-0.5%
Top-40
67,057
+0.1%
Alle aandele
73,396
+0.0%
Hulpbronne 10
71,809
+1.4%
Industriële 25
88,318
-0.1%
Finansiële 15
16,157
-1.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wees net jouself
Wil graag die mooi in die lewe deel met iemand. Ek het n baie mooi hart so ontdek dit. Ek lewe voluit en maak die beste van die lewe.
Kom ons vat n kans
Ek is mense mens, my kind en familie en vriende is my alles, kwaliteit tyd saam n mens se geliefdes is kosbaar.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot