AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Tegnologie kan jonges na landbou lok

Betrek jong mense by die landbou deur middel van tegnologie, sê ’n kenner.

Die opbloei van tegnologiese oplossings vir boerdery en die landbou bied geleenthede om jong mense na die bedryf te lok, het dr. Ilse Trautmann, hoof van navorsing in die Wes-Kaapse departement van landbou, by die tweejaarlikse internasionale bioberokingsimposium buite Stellenbosch gesê.

“Ek glo die nuwe en opwindende tegnologie wat vir die landbou ontwikkel word, kan jong mense in die landbou laat belangstel. Maar onthou, tegnologie maak dinge moontlik, maar mense laat dinge gebeur. Ons moet aanhou om in jong mense te belê en hul vaardighede te ontwikkel sodat daar ’n volhoubare vloei van jong mense na die bedryf is.”

Trautmann beskou mense as een van die agt bene waarop volhoubare landbou rus. Dit sluit ook die bewaring van die produktiwiteit van landbougrond en die bevordering en verbetering van vennootskappe bo en onder die grond in. Die vierde been is om te verseker dat navorsingsinligting boere bereik. “Ons het beperkte geld en hulpbronne vir navorsing en moet dus verseker dat elke navorsingsrand in ’n inligtingsrand vir boere omskep word.”

Volgens haar is die proefbesoeke (“walk and talks”) en groen­ en bruintoere wat gereeld op die departement se navorsingsplase, proefpersele op private plase en boereproewe gedoen word, praktiese maniere om die navorsingsboodskap oor te dra.

Aangesien die Wes-­Kaap die uitwerking van klimaatsverandering gaan voel, het die Wes-Kaapse departement van landbou en hul vennote vroeër vanjaar “SmartAgri” ontwikkel. Dis ’n plan om die landbou in die Wes­-Kaap beter opgewasse te maak teen die aanslae van klimaatsverandering en te help met risikobestuur. “Omdat ons die plan in samewerking met boere ontwikkel het, neem dit ons na ’n hoër vlak van gereedheid.”

Volhoubaarheid word ook bevorder deur webgebaseerde hulpmiddels of toepassings wat boere kan gebruik om besluitneming te ondersteun ­ alles op die departement se webwerf, www.elsenburg.com.

Die bydrae van nuwe tegnologie en produksiepraktyke, soos bewaringsboerdery, om volhoubaarheid in die landbou te verseker, hou vir kleingraan-­, rooibos-­ en aartappelboere miljoene rande se voordele in terme van ’n meer stabiele inkomste en kostebesparing in.

Trautmann het aan die plaaslike en internasionale afgevaardigdes by die simposium gesê waterbestuur, veral om ’n balans tussen die behoeftes van landbou­ en stedelike gebruikers te kry, stel hoë eise aan besluitnemers. Haar departement het juis die Fruitlook-program ontwikkel om vrugteboere te help om besproeiing met die hulp van satelliettegnologie te doen.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.18
-0.5%
Rand - Pond
22.24
-0.1%
Rand - Euro
19.60
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.10
-0.1%
Rand - Jen
0.14
-0.2%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Ant
Oopkop en standvastig. Onafhaklikheid belangrik vir my. Doen nie drama nie. Lewe te kort om te mors op dinge en mense wat jou nie gelukkig maak nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot